Skip to main content

Full text of "Tydskrif vir Letterkunde"

See other formats


IN HIERDIE UITGAWE 

• POËSIE: S. C. Hattingh, A. 
Alberts, .\ndré Koux, Soul E. 
Sniit, A. J. J. Visser, B. J. 
Toerien, .>1. .Steyn van Kooyen, 
A. Swart, Eng^emi Ferreira, 
A. A. Snynian, .Mefisto, L. F:k- 
steen, P. Bekker, J. P. .>Ialan, 
V. V. d. Westhui/.en, .A.hr. 
F’ouehé, K. J. J. \an K<‘nshur}í, 
.\. J. B. líawlins. 

• EEX.AKTEK: Jae J. Brits. 

• .\KTIKELS: .\. .\Iberts, P. J. 
Conradie, B. J. le Koux, S. C. 
IlattinKli, C. M. Hudson, .\ndré 
Demedts. 

• WOOKD f:.\ \vf:dekwookd: 

1). F\ >Ialherbe/.\. P. (írové, 
P. C. Coetzee/S. F:. Sniit. 

• BY dif: jo\(íf:kf:s; d..\.t., 

H. Prins, M. J. Prins, .'M. Kilian, 
C. T. Wrmaak. 

• KESENSIES. 



Letterkundel 


Digitized by the Internet Archive 
in 2017 with funding from 
University of Pretoria, Library Services 


https://archive.org/details/tydskrifvirlette00uns_u47 


TYDSKRIF VIR 
LETTERKUNDE 

Kwartaalblad vir die Afrikaanse Skrywerskring 


Redakteur: ABEJL COETTZEIE 

Letterkundige Adviseurs: 

D. F. Malherbe 
H. A. Fagan 
P. C. Schoonees 
W. A. de Klerk 
M. S. B. Kritzinger 
B. Kok 
P. J. Nienaber 
B. Conradie 
J. Kromhout 
André Demedta 


Maart 1961 

Jaargang 11 Nommer 1 


Intekengeld: R 2.0 per jaargang, posvrj’. 


Let voel: a. Alle kopie vir die Tydskrif word gerig aan die Redakteur, 
Escombelaan 51, Parktown, Johannesburg. 

b. Alle korrespondensle rakende admlnistrasle, sirkula-sle. 
intekening, advertensles word gerig aan mej. S. Victor, 
Posbus 57, Northcliff, by Johannesburg. 


Administrasie: Mej. S. Victor, Posbus 57, Northcliff, by Johannesburg. 


GEVRA: OU NOMMERS. 

Indien van ons lesers een van of almal die volgende 
ou afiewerings aan ons wil verkoop, sal ons dit besonder 
waardeer; biblioteke in Europa wil graag die tydskrif 
voliedig besit. Rig u antwoord asb. aan Mej. Victor, 
Posbus 57, Northcliff: 

Jaargang 3, aflewering 2 en 4; 

Jaargang 4 (al vier aflewerings, dubbeld). 


INHOUD 


BUidsy 

PASIÊNT NO. 1958 e.a. GEDIGTB, S. C. Hattingh 1 

DIE STERWENDE BOER, A. Alberts 3 

DIE ONDERWYS EN ONTVOLKING, A. Alberts 5 

SKEDBL e.a. GEDIGTE, André Roux 11 

KETRKHOFBLOMME, Soul Erasmus Smit 14 

SAUL, A. J. J. Visser 15 

/TWEE ASPEKTE VAN DIE GRIEKSE TRAGEDIE, P. J. 

Conradie 22 

DIE UITSPANSEL HOOG OOR MY, e.a. GEDIGTE, B. J. 

Toerien 31 

HOU VAS DIE BEKER, e.a. GBDIGTE, M. Steyn van Rooyen 34 

EN DIT WAS NAG, Jac. J. Brits 36 

DIE GROOT, GROOT ONBEKENDE, A. Swart 53 

GEDAGTES BY DIE HBRLEES VAN GROSSKOPF SE 

TONEELWERKE, B. J. le Roux 70 

DROME, e.a. GEDIGTE, Engemi Ferreira 79 

GEDIGTE, A. A. Snyman 82 

ONTWIKKELINGSGANG VAN ABEL COETZEE SE KUNS- 

TENAARSKAP, S. C. Hattingh 85 

GESPREK VAN DIE DOOIE DIGTERS, Mefisto 96 

KAROO, e.a. GEDIGTE, Louis Eksteen 101 

WAAIERSTERTE, e.a. GEDIGTE, Pirow Bekker 104 

ENGLISH WRITERS OF AFRIKAANS, C. W. Hudson 105 

SBDERT AUGUSTUS 1960 EEN OVERZICHT OVE31 DE 
NEDERLANDS - VLAAMSE LETTERKUNDE, André 
Demedts 119 

DIE LEGENDE-WONDER, e.a. GEDIGTE, J. P. Malan ( \ ) 125 

KERSNAG, e.a. GEDIGTE, V. van der Westhuizen 127 

D. F. MALHERBE AAN A. P. GROVÉ ^ 12^ 

OORWINNING, e.a. GEDIGTE, Abraham Fouché 131 

AAN DIE WIEG VAN DIE AFRIKANERVOLK, P. C. Coetzee 132 

SKRYWER, e.a. GEDIGTE, R. J. Jansen van Rensburg 139 

ONTNUGTERING, e.a. GEDIGTE, A. J. B. Rawlins 142 

BY DIE JONGERES 143 

BOEKBESPREKING EN AANKONDIGING 149 





S. C. HATTINGH: 


Pasiënt No. 1958 

Die pasiënt word stadig ingestoot 
en saggies op die tafel otngerol. 

Onder die lamp lê hy nou klaar ontbloot, 
die geur van eter laat die asem stol . . . 

Dan flits daar in die lig 'n silwer naald 

en sak diep weg in die gestrekte arm, 

die asemhaling word meteens egaal 

en op die wange gloei die bloed weer wartn . . 

Die groot Chirurg staan ook nou klaar gereed 
met vlymskerp mes in vingerpunt geklem — 
sy oog het reeds die regte plek gemeet, 
dan sny hy diep en seker met die lem . . . 

En met ontsetting dring dit tot my deur 
dat dit my liggaam is wat oopgevlek 
daar lê, waaruit die bloed se somber geur 
opwalm en tasbaar hang in die vertrek . . . 

Toe praat die groot Chirurg: „Dit is te laat, 
die wortels van die smet lê diep gestrek — 
tog jammer dat die tekens van die kwaad 
so moeilik is om vroeër te ontdek. 

Teenoor die kwaal staan ons nog magteloos, 
die hele operasie was verniet — 

Kyk net die hart, so erg vergroot en voos — 
Hier kan die wetenskap geen hulp meer bied . 

Dit is die einde van ’n huigelaar, 

’n lafaard wat deur skimme word geknel . . . 
gewetenswroeging martel jaar na jaar 
en skroei sy siel met vlamme uit die hel . . . 

Tussen gister en móre sit hy vasgevang 
en vrees vandag om dit wat gister was 
en móre weer dieselfde martelgang . . . 

So worstel hy steeds met sy sware las. 

En jaar na jaar bring hy ’n saldo oor 
om weer ’n nuwe kasboek te begin — 

Totdat hy so sy eie siel vermoor 

en slegs die dood vir al sy arbeid win ...” 

1 


Ek Wonder . . . 

Ek wonder of jy weet 
van al die leed 
die wrede pyn 
wat diep-in skryn 
die storms wat woed 
as druppels bloed 
gepers word uit my hart . . . 

Ek wonder of jy ooit verstaan 
wat ek hier stil 
om jou ontwil 

in eensaamheid moet ondergaan . . . 

Ek wonder — God! 
of jy besef 
hoe diep dit tref 
as liefde in spot 

en lewe verander in louter smart . . . 

Aan Judith . . . 

Sommer terloops het ek verneem: 

„Judith is dood." Daar was geen sweem 
van droefheid nie of meegevoel — 
net naakte woorde hard en koel . . . 

Maar iets het aan my hart geruk, 
herinnering aan vér geluk, 

’n droom wat yl in duie stort . . . 

Toe het dit in my stil geword, 
want op my, harteloos en snood 
voel ek die hande van die Dood . . . 

S o n n e t 

Bewus van eie krag en eie roem 
het ek die lewe daagliks aangedurf. 

My hart deur eieliefde onvermurf 
was steeds gereed om ander te verdoem. 

Selfs waar U keer op keer en onverbloem 
my hart se dorre selfsug openbaar 
het ek, verblind, by U verby gestaar . . . 
moedswillig my nie met U Wet versoen. 

Maar tog het U my nie alleen gelaat 
om op dié dwaalweg blindlings voort te skry, 
en in my oormoed eindelik te vergaan . . . 
Eerdat die angsroep kon weerklink: te laat! 
het U met my die harde stryd volstry, 
soos Jakob by die Jabbok, neergeslaan. 

2 


A. ALBERTS: 

Die Sterwende Boer 

1. DIE BLANKE HEER 
Hy was die blanke heer, 
so fris en op sy fleur, 

’n saamwerk-direkteur 
vir reddingsdaad geëer. 

Op stryd en sweet-genie 
fondeer dié Boereheld 
met armhlanke geld, 
sy volksekonomie. 

Sy vesting was die plaas 
wat, deur sy lot verraai, 
sy ondergang verhaas. 

Verneder en versmaai, 
moet hy, die blanke heer, 
op koeliewinkels teer. 

2. VERSWARTING VAN DIE LAND 
Die Boer het sedert sy geboortedag 

op eie, plattelandse grond gewoon. 

Hy sou van oudsher dit wat heg vertoon 
sy lewenswerk en -wandel waardig ag. 

Vir eeue het sy vadere aanvaar 
dat hulle vaste aarde en hulle son, 
as ewebeeld van God-die-lewenshron, 
vir altoos lewe, lig en vrugte baar. 
Ontnugterend omwentel die heelal, 
en voor die son sprei duister stof 
’n vuil gordyn; of uit die hemel plof 
onvastigheid oor mensheid, herg en dal. 

En in sy oog, die bloed ook in sy hart, 
word als vir tyd en ewigheid verswart. 

3. GOD PLEIT ONSKULDIG 

In my benoudheid vir die ondergang 
het nooit my trots of ooit my eiewaan 
my lot vir God verberg nie. W aarheidsdrang, 
van hygeloof en selfhedrog ontdaan, 
het smagtend rondgesoek na uitkomskanse, 
opreg en duidelik om hulp gebid; 
want waar ek vasklou aan die afgrondkranse, 
deurtrek die pyn my liggaam lid vir lid. 

Deur ahsolute swye het hy my 
vol middernagtelike angshenouing, 
ten volle in my nooddruf laat gedy 
en my hejeën met sy kil aanskouing. 

En word my hitter aandrang ongeduldig, 
soos Jesus pleit Sy .'iwye self onskuldig. 

3 


4. DIE HOOP BESKAAM 

Hoe sal my siel, gedrenk in skaamte, 
tog wegkruip vir sy nederlae; 
met sy onteerde, naak geraamte 
dit ooit weer in die daglig wae? 

Die ewigheid se donker nagte 
hedek my vir die spotters nie. 

Deur duister dring die hoongedagte: 
„Dit is die man wat ryk was dié! 

Hy was die Boer, die grondbesitter, 
en lewenslank was hy getrou. 

Verydel, sterwend, ween hy bitter, 
want vals verraad dit smaak hy nou. 
Hy het op sy Party gehoop, 
en dié het hom tot slaaf verkoop!” 

5. STERWENDE BOORDE 
Daar ’s bome op verlate werwe 

aan droogte en veldbrand blootgestel. 
Hul bas is halfpad afgenerwe, 
wyl potklei om die wortels knel. 

Hul takke dra verrotte reste 
van skerpioene, muise en slange 
se pes- en parasieteneste. 

Die blare in spinnerak gevange, 
versmag in hitte, sonder luggie. 

Een loot wat beurend reik na lig, 
hou bo die dooie kroon ’n vruggie, 
al biddend hemelwaarts gerig. 

En gretig word die vrug se sap, 
die laaste lewensbloed getap. 

6. GENADE VAN DIE WOLWE 
Die wolwe van beskikking 
verskeur my lyf en siel, 

berowe en verniel 

my in my lotsverskrikking. 

Hul terg my om die erwe, 
die waardevolle skat 
van voorgeslagte, wat 
ontvolking laat bederwe. 

In kommerswanger nagte 
klaag ek teen God wat weet 
hoe dreig die donker magte 
om onreg uit te meet. 

En smeek ek om genade, 
dan triomfeer die kwade. 


4 


ANDRIES ALBERTS: 


Die Onderwys en Ontvolking 

Die Verslag van die Kommissie van Ondersoek na Blanke 
Bewoning van die Platteland het bevind dat blanke boere 
die platteland ontruim, en dat daar omtrent tien bantoe- 
bewoners in die plek van een blanke plaasverlater inskuif. 
Vir hierdie proses het die Kommissie die term verswarting 
geskep. Die troos wat dit aanbied is dat alle geïndustriali- 
seerde lande ’n volksverhuising van die land na die stad 
ondervind. Die angel van die troos is egter dat daar in 
ander lande geen verswarting voorkom nie. Waar verswar- 
ting en nie net ontvolking nie, ons probleem vorm, is 
verwysings na ander lande nie veel werd nie. 

Die verskil tussen S.A. en die V.S.A. byv. is dit: Eerstens 
het ons van ses tot vyftien persent minder mense op die 
platteland oor, en tweedens is die stede van die V.S.A. 
veilig, terwyl óns stede se voortbestaan van die plattelandse 
vesting afhang. Vir óns stede is die platteland nie alleen 
’n bron van goedkoop produkte wat weergalose gesondheid, 
geluk, gemak en weelde aan die stedeling verskaf nie, maar 
méér: sekuriteit! Strategies het die platteland vir ons 
blanke stede ’n soortgelyke waarde as die mure vir Troje, 
die Kanaal vir Engeland, die waterstofbom vir Amerika 
en die vuurpyl vir Rusland. 

Die blanke platteland is essensieel vir die Westerse 
beskawing en vir die Christelike lewenswyse in S.A. Op- 
voedkundig is dit dus ’n kwessie van lewe of dood vir elke 
skolier, insluitende die stedelike kinders van albei landstale. 
Tereg dring die Verslag dus daarop aan dat die onderwys- 
stelsel moet help om die bedreiging te stuit. Verder as ’n 
vae beroep kom die aandrang egter nie. Daar het reeds 
direkteure van onderwys en administrateurs van provinsies 
op die oproep gereageer. Hulle het te kenne gegee dat hulle 
reeds hulle plig doen, en nie juis begryp wát die Verslag 
verder verlang nie. 

Blykbaar bedoel die Verslag dat die onderwystelsel as 
propagandamasjien moet dien om plattelandse kinders te 
oorreed om winslose boerdery as beroep te kies. ’n Ware 
onderwysstelsel is egter nie ’n slawehandelaarsbesigheid 
nie. Dit sou uiters onpedagogies wees om kinders in die 
strikval van die landbou in te lok, waar sewe uit tien van 
hulle voorbestem is om te verarmblank. As ’n departement 

5 


sulke propaganda maak, sou dit die juridiese situasie skep 
dat ouers ’n eis vir skadevergoeding by die hof kan instel. 

Die onderwysdepartemente hét in die verlede onskatbare 
diens gelewer deur die kinders wat op die plaas verarm 
vir betrekkings in die stede op te lei. Hiermee moet hulle 
voortgaan. As ’n drenkeling uitgeput teen die wal uitsukkel, 
wie stamp hom in die water terug? 

Die onderwys kan weliswaar help om elke aspirant-boer 
met ’n staatsbeurs ’n diploma of graad in die landbou- 
ingenieiu'swese te laat behaal, maar: selfs ’n doktorsgraad 
plus ’n erfporsie van vyftigduisend pond is geen waarborg 
dat die aspirantboer ’n nettowins sal kan toon, as alle 
pryse styg, terwyl dié van sý produkte vasgepen word nie. 
Boerdery het ’n wiskundige onmoontlikheid geword. Tensy 
die regering dus onderneem om alle pryse eweredig te laat 
styg, en om opgehoopte diskriminasie uit te wis, het die 
Onderwys nie die minste reg om boerdery by skoliere aan 
te beveel nie. 

Daar is natuurlik uitsonderinge : Dit is waar skoliere 
alreeds plase geërf hét, of sekerlik góu sal erf, waarop 
hulle ’n uitvoerproduk kan kweek. Aan boere wat uitvoer- 
produkte kweek, lewer die staat wonderbaarlike dienste, 
en die onderwys kan daarby aansluit; maar met dien 
verstande dat dit nie die probleem van verswarting kan 
oplos nie, omdat verswarting die streke bedreig wat ons 
binnelandse markte voorsien. Wat die onderwys sonder 
uitsondering vir alle aspirantboere kan doen is om hulle 
’n graad in die natuurwetenskappe of die meganiese 
ingenieurswese te laat behaal wat kan dien as ’n handperd, 
’n ekstra beroep, waarop hulle kan terugval wanneer die 
boerdery misluk. Misluk dit dan nie, kan daardie kennis in 
die boerdery gebruik word. 

Tipies van die Verslag is dat dit die stadskind totaal 
ignoreer. Waar sy lewe of dood, sy demokratiese staats- 
vorm van die plattelandse vesting afhang, is so ’n houding 
uiters onwetenskaplik. Dit is die rede waarom die Kom- 
missie self nie weet wát dit nou eintlik van die onderwys 
verwag nie. 

Die stadskind, elke skolier, is as verbruiker by die 
ontvolkingsvraagstuk betrokke. Van die prys wat hy, as 
verbruiker, gewillig is om vir voedsel te betaal, hang dit 
af of die voedselskuur van sy vaderland in swart hande 
sal verval. Dit is die kern van die saak, en enige poging 
moet soos ’n wiel om hierdie as draai. 


6 


SOLIDARITEITSBESEF 

Onderwys se taak is om by alle skoliere ’n besef van soli- 
dariteit met die platteland te kweek; want altwee vorm 
integraal deel van ’n nasionale heelheid. Gestel dat twintig 
persent van alle skoliere boere sal word, dan bly daar 
tagtig persent wat verbruikers sal word. As die skool dus 
een kind oplei om ’n goeie boer te word, moet dit viér oplei 
om goeie verbruikers te word. 

Tagtig persent van alle skoliere is toekomstige verbrui- 
kers, en as sodanig vriende van die boer; maar ongelukkig 
is hulle ook toekomstige kiesers, en as sodanig vyande, 
tensy die onderwys dit verhoed. Die gemiddelde verbruiker 
het sy vyandige houding oorgeërf van die neëntiende eeu 
se individualisme, ’n ekonomiese ideologie wat nie eens 
geaarsel het om die Britse kinderarbeid vir woekerwinste 
te misbruik nie. Die arbeidersklas het homself teen hierdie 
wolwe-etiek beveilig deur vakbonde te stig wat stakings 
reël. Die boerdery leen hom egter nie tot stakings nie, 
maar ontvolking moet beslis as ’n besondere soort staking 
vertolk word. 

Die Afrikaners wat stedelinge geword het, het by gebrek 
aan solidariteitsopvoeding, onwillekeurig die geestelike erf- 
gename van die verdraaide eeue geword. Die geveinsde of 
reële vrees wat politici vir hulle as kiesers koester, onder- 
myn nie net die platteland nie, maar indirek ook hulle éie 
toekoms in die stede. Persoonlik glo ek nie dat hierdie 
kiesers volgehoue beswaar sou opper as voedselprodusente 
bestaanbare pryse sou kry nie, want hulle eis vir hulleself 
ook menswaardige lone. Daar is egter parasiete en uit- 
buiters wat nie omgee of die blanke ras ten gronde gaan 
solank hulle maar net groot fortuine kan insamel nie, en 
hierdie ekonomiese verraaiers gebruik die kieser as ’n 
voorwendsel om hul sak te vul. Dat sulke voorwendsels, 
verdraaiings en ekonomiese verraad in Suid-Afrika moont- 
lik is, word veroorsaak deur ’n gebrek aan kritiese 
opvoeding. 

Dis opmerklik hoe trots elke Suid-Afrikaner op die 
manne van ons Suidpool-ekspedisie is. Hulle is óns manne! 
En die boere, is hulle nie óns manne nie? As twintig 
persent van ons burgers aan die front moes bly om ons 
vaderlandse grense in ’n oorlog te verdedig, sou iemand 
hulle dan ’n menswaardige soldy misgun? 

Ewe opmerklik is die partydige hand wat die staat oor 
ons nywerhede hou. Fabrieksgoedere waarvan daar oor- 


7 


produksie in die buiteland is, is peperduur by ons; want 
ons eie fabrieke word met hoë tariefmure beskerm. Geen 
verbruiker maak beswaar daarteen nie, want dis nie alleen 
patrioties nie, maar ook ekonomies om duur vir jou eie 
land se artikels te betaal. Die kiesers word — dink maar 
self die rede uit — ook nie as hefboom of argument gebruik 
om fabriekspryse of handelswinste af te druk nie. Die 
staat, wat die grootste skepping van ons onderwysstelsel 
is, is dus nie eerlik, opreg en konsekwent nie. 

Onlangs het ’n firma boutjies ingevoer, waarvan daar 
oorproduksie in die buiteland is. Onder die ingevoerde 
boutjies was daar een waarmee ’n ploegskaar vasgetrek 
word, en uit ons eie fabrieke twaalf sjielings kos. Die 
ingevoerde ekwivalent het twee sjielings gekos. Dieselfde 
politici wat steeds die kiesers as ’n hefboom teen die boer 
gebruik, het toe in die Volksraad beswaar gemaak, en die 
boer moet maar weer twaalf sjielings betaal vir ’n stukkie 
yster wat kwalik twee sjielings werd is. Dis reg; maar: 
dan moet die onderliggende beginsel sonder diskriminasie 
toegepas word. 

Wanneer boere egter meer vir húlle produkte vra, word 
hulle met ’n ander soort logika begroet. Daar sou konsuis 
oorproduksie in die wêreld wees, en produkte sou goedkoop 
ingevoer kan word! Dus moet hulle maar teen ’n verlies 
boer. Die Bybel verbied die aanhou van twee mate. Hier 
word twee logikas beoefen. 

RESPEK VIR DIE GAWES VAN GOD 
Omdat S.A. ’n jong land was, waarin die Skepper miljoene 
jare se vrugbaarheid weggelê gehad het, was produkte 
volop. Daarvan het onopgevoede mense afgelei dat wat 
volop is goedkoop moet wees. Dit het ’n lewensbeskouing 
opgelewer wat die gawes van God minag. Juis omdat die 
Skepper sy onskatbare seëninge in oorvloed oor ons land 
uitgestort het, is hulle misbruik. Hierdie minagting van 
seëninge wat vir ander nasies kosbaar en heilig is, en wat 
deur ons heidense voorgeslagte toe hulle nog barbare was, 
nie alleen geëerbiedig is nie, maar soms aanbid is, het ’n 
kettingreaksie van minagting ontketen. 

Dis maklik om te verklaar hoe hierdie gebrek aan eerbied 
vir heilige dinge in ons land posgevat het. Die ekonomiese 
geskiedenis van S.A. is ’n ope boek. Die gruwel van 
sataniese uitbuiting van die mens se sweet en die aarde 
se skatte staan met rooi letters daaroor geskryf. Ons 


landbouprysbeleid is die triomf van die eeu van onreg. 
Die politieke aspek van daardie onreg, word sedert jare 
deur ons nasie bestry, en is nou aan ’t verdwyn, maar die 
ekonomiese aspek daarvan seëvier nog elke oomblik, en 
as dit nie uitgewis word nie, het die blanke ras geen hoop 
op voortbestaan nie. Die vraag ontstaan hieruit of die 
onderwys by die nasie se stryd om die voortbestaan 
betrokke is, of nie? Die antwoord is natuurlik ja. 

Miskien kan die onderwys die hulp van die kerke inroep. 
Die amptelike standpunt van die Calvinisme ten opsigte 
van die universele gebrek aan waardering is nie bekend 
nie; maar uit wat ons onthou van ons grootouers, was dit 
nie ’n fout van die Voortrekkers nie. As ’n kind byv., in 
hulle teenwoordigheid op ’n stukkie brood durf trap het, 
het hulle dit as ’n afskuwelike sonde gestraf of bestraf. 

Miskien kan die onderwys die hulp van filosowe soos 
Schweitzer inroep. Sy denke is vol eerbied vir die lewe, die 
lewe wat hy tot God herlei. Waar die hele gp'ondslag van 
’n landsekonomie op roekelose uitbuiting van mens en 
grond gebou is, is daar tog seker nie respek vir lewe nie. 
Daar is beslis nie respek vir ’n boer nie. ’n Nasie wat 
surplus-melk in rioolpype weggooi, het geen respek vir die 
mens wat dit produseer nie, en ook nie vir die Skepper nie. 

Nou mag ’n leser wat meer spitsvondig as intelligent is, 
miskien vra of geskoolde ekonome dan nie die staat adviseer 
nie. Die antwoord is dat hierdie adviseurs nie heeltemal 
vry is nie : tot ’n mate is hulle die slawe van ’n oorgelewerde 
sisteem, van ’n ingekankerde tradisie. En daardie tradisie, 
wat eintlik deur ons vyande hier geplant is, maar vandag 
deur ons as heilig beskou word, lui dat die waarde van 
’n produk deur die wet van vraag en aanbod bepaal word: 
die waarde in terme van geld, want geld beteken vir hierdie 
teoretici wat die Godheid of die Goedheid vir u en vir my 
beteken. Die wet van vraag en aanbod geld egter in werk- 
likheid net vir ’n gegewe oomblik, en kan dus nie op ’n 
staat van toepassing wees wat ewig is, of, minstens darem 
duisend jaar wil voortbestaan nie. 

’n Nasie, veral ons nasie, kan sy pryse nie op grond 
van vraag en aanbod vasstel nie, want dit kom outomaties, 
onvermydelik, wiskundig onfeilbaar, op nasionale self- 
moord neer. Óor twintig jaar sal daar ’n wêreldtekort aan 
voedsel wees. Hongersnood wag om die draai. Tog volg 
die staat, op grond van sogenaamde wetenskaplike 
advies, ’n beleid wat die lewe vir baie boere ’n hel maak; 


9 


sodat hulle noodwendig móet ontvolk. Kan Suid-Afrika nie 
sy voedselskuur twintig jaar lank dra nie? Skuld die staat 
dit nie aan die platteland wat die m^me, die nywerhede, 
die beroepe, die handel en die staatsdienste nou al drie 
eeue lank dra nie? Skuld die blanke ras dit nie miskien 
aan sy eie toekoms nie? 

Laat ons die vraag aan die onderwys so stel: Is dit 
objektiewe wetenskap wat jou oud-skoliere beoefen as hulle 
alles net in terme van geld op die verbyvlietende oomblik 
waardeer? ’n Pertinente antwoord sou wees dat dit nie oud- 
skoliere van óns onderwysstelsel is nie, maar wel van die 
Britse, want die verbruikers was tot onlangs hoofsaaklik 
immigrante en ander fortuinsoekers wat met ’n home- 
kompleks behep, nie omgegee het of hierdie land vir God of 
mens bewaar bly nie. Dit verwyder egter nie die feit dat 
ons eie oudskoliere hierdie houding oorerf en verewig nie. 
Dit maak die probleem vir die opvoeding des te groter as 
kinders in sulke huise gebore word, en die slegte invloedi 
afgeleer moet word. Hulle moet dan ooropgevoed word, 
sedelik-nasionaal gemaak word, en dit bring ons maar weer 
terug by ’n eties-godsdienstige solidariteitsbesef. 


10 


ANDRÉ ROUX: 


S k e d e I 


Tyd, die graftegrawer, het die skedel aan my voet gelê, 
rnet sy vinger na die weggevrete grynslag gewys, gevra: 

„Is dit wat jy wou hê?” 

Tande klapper. Weg die waan. 

Ek skop die skedel weg maar ’n vraag bly pla: 

Is dit die werklikheid waarvoor ek staan? 

Of, leef daar nog iets na hierdie verstaan? 

Is daar klein spikkels skoonheid wat nie vergaan? 

Maar waar? Selfs die gekromde sekelmaan 
is deur vuurpylneus ontbloot 
as stof en as en dood. 

Die Hetnel het koud geword en nahy 
en sonder God — nie meer ’n drooin vir iny, 
ver, onbereikbaar, opsy — 

tnaar hier. En selfs die boktnakierie se vroeër lied 

is nou ’n skreeu, 

die gil van hierdie eeu. 

Eti as die bomtne oor die aarde bars 

en stede dooie kraters word waar selfs geen rawe kras, 

as die stuifmeel van die dood uit die wolke sif, 

sal dié wat oorhly glo dis nie die Oordeelsdag, niaar bloot, 

O, bloot! Atoomafval wat hul kotn dood? 

Gee tny iets aards om aan te klou, 
iets sondigs, ’n mens wat verbrou 
en val, nie soos Lucifer na ’n Inferno 
tnaar op die grond. Gee my ’n tnens wat glo! 

Maar ek weet ek kati dit nooit weer hê. 

Tyd het ’n skedel met ’n weggevrete grynslag aan my voet gelê. 


van Arimathea 



Ek het U spoor gevolg van Génesis 
tot hier: Ahrahatn, Isak, Jakob, 

Moses en die laaste profeet, vroom wit ihis 

wat troosteloos langs die Oewer van die Onbekende staan. 

ÍMngs dié pad het ek gegaan. 

Ek het U gevolg tot hier, voor hierdie rots, 
die klipgraf, vir my alleen gemaak, 
geen praalgraf, maar tog my trots. 

Ek het U liggaam in skoon linnedoek toegedraai 
en U weggelê tot die Oordeelsdag. 

Móre en oormóre sal dit soos maar altyd wees 
en deur die strate sal die lag 


Letterkunde2 


11 


van kinders vrolik rank na God. 

Só het ek gedink. U het plotseling 

die masker van selfgenoegsaamheid 

voor my weggeruk. ’n Hemeling 

straal voor die le'é graf. Nie meer ’n mens 

maar lemand wat geloop het deur die Vallei 

waar ruwe waters die grens 

is van wat lewe en van wat was. 

U was daardeur en het teruggedraai, 
skitterende Hemeling, en weer eens teruggegaan. 

In ’n wolk waarin die sonlig helder suile draai 
het U gegaan, terug na God. 

Tog het iets van U gebly. 

Dis anders nou. 

Ek voel soos ’n profeet wat bely 

oor raaisels van die toekoms wat sy oog aanskou. 

Die leë graf is die poort 
deur U oopgekap van ’n pad 
wat slinger deur die angste van die dood 
en dan terugtol na die lewe toe. 

En met dié daad 

is die beste uit die Ooste en die Weste 
saamgegroei in die vesel van ’n saad 
wat sal ryp word, oop sal bars, 
en fyn en bros 

voedsel word en talisman ook teen die dors 
van God-wil-wees-in-mens. 

En telkens as die sandkors 

van versoeking soos die geur van soet geregte 

langs my priesterskleed opstyg 

en my herinner aan ou fetes, gevegte, 

en die vroom stiltes van die tempel, 

ook van dade van ’n skyngeloof , ’n blote hersenskim, 

dan sal ek na die graf kan wyí en vra: 

„Hoekom het ons tot hier geklim 
en toe omgedraai om verstrooi te word 
onder baie nasies?” ’n Lang ry martelare 
het prooi geword 

van ’n weiering om die oopgeklokte 
vrug te eet, en deur die jare 
groei die ry steéds langer aan. 


Victor Noctis Aeternae 

Uit die warm aarde het die drang 
tot motwees in die eennagblom se stam 
gestu tot wagting en verlang. 


12 


Op die hlomlip sit die mot, 

roer proboskis, draer van die kruit van lot, 

wagtend op die vlam, verdelg van vlerk en hlaar. 

Die blomlip roer en toe sy oopgaan 
het sy gedink dat sy verstaan: 

Móre, niks, net ’n bondel papgeskroeide vrees. 

Fn hy? „My lewe is kort. Daar is min 
hehalwe hierdie nag en die hemin. 

Tog glo ek, iets .sal hly. 

Die nag van trillinde vlerk en skuwe blaar 
sal die ander, die nog, nóg ander lewe haar." 

Mot en blom, alhei sterf. 

Was die prys te hoog? 

Uit die horison span reeds die boi>g 
van die proboskis van die nuwe mot 
en in die eennaghlom se stam 
groei ’n nuwe groot verlang. 

Mot en hlaar moet alhei weereens sterf. 

Die drang bring dood, verderf, 
tnaar ken self geen dood, verderf. 


13 


SOUL ERASMUS SMIT: 


Kerkhofblomme 

Piet Mens se maagskap lê bedek met sooie, 
aan elke koppenent ’n ysterblom 
met nommers, wat op hoê stingel stom 
oopkelk en star op wag staan oor ’n dooie. 

In stywe rye oor die vredehof 
en kleurloos langs viooltjie, bont papawer, 
filette, staan hul waar dit daglank dawer 
soos bye dreun om ingekelkte heuningstof. 

En dag na dag kom nuwe blomme blink 
op hopies grond Piet Mens se maagskap wink, 
maar uit dié kerkhofblom se syferkelk 
kom nooit ’n by gesellig nektar melk, 
en nimmer kiem deur skyngewaad 
geslagte wat oopgeur uit blommesaad. 


14 


A. J. J. VISSER: 


S a u I 

I. 

Sy lewe lê in as en sak, 

want onwil brand als tot wanhoop dor, 

en die hart se watervlak 

krimp daagliks nouer van die mor 

oor rondloop-esels wat hom verskeie dae 

deur Efrdim se berge, die land van Salisa 

en Sadlim vergeefs en doodmoeg laat strompel. 

Wie dink aan huis toe draai? het hy eenkant gemompel. 

„Hy’t bang geword, na sy mamma verlang,” 
sal hul hom terg en hy het bitter gedink aan sy jeug: 
Van kleindag het hy hom nooit in hul spele verheug; 
was groter as maats, vol lompheid en bang. 

„Hy’s mos mooi soos ’n meisie, sy ouers se roksband,” 
het hul tussen omkyk en aanspeel nydig, astrant 
sy kindwees tot repe van skaamte en hartseer verflenter. 
Hy het eenkant gaan staan, later ver weg geslenter. 

Sonder die esels nie huis toe! Met ’n kwart sikkel 
silwer sal hy hul agting uitkoop. Toe het Samuel 
se reputasie as siener sy lewe oornag, 
soos stormwaters klip en bos, losgewikkel 
en oor vreemde oewers laat hel: 

Het hy uit Benjamin, die kleinste geslag, 

vreemd en vuil in die stad 

die eer aan die hoof van dertig gaste gehad? 

Toe die skemer oor sy verwondering sak 
en hy vol drome lê by Sarnuel op die dak, 
begin hy lig in die donkerte sien: 
waarom sal hy nie met die krag 
wat in sy bo-arms knop 
hul skud, slaan met ’n strop 
tot hul weet dat sy swyg en sy lag 
geeneen se spotlag verdien? 

Die roosknop van ’n ander dag 

het soos ’n wonder in hom oopgegaan. 

’n Kunstenaar het met een hamerslag 
’n beitel in die ruwe steen geslaan, 
gekloof, laat oopval in sy skurwe hand 
en in sy dink tot nuwe wêrelde poleer. 

Op sy bre'é voorhoof het die salf gebrand; 

’n nuwe lig het deur sy oog geskeur. 

15 


By die graf van Ragel praat iemand uitasem en skor: 
„Toe die alwyn gister oor die hoogtes brand, 
het Kis se esels tuis geland.” 

Maar by die eik van Tabor 

waar manne met padkos (drie broodjies en wyn) 

hom inwag, haas hy blindelings verby 

na die heuwel van God naby die Filistyne 

om tussen profete met harpe, tamboeryne 

en siters te bid, ou dade oop te sny 

en die toekoms te sien deur vlamtonnels van pyn. 

Oral die bitsige praat met handgebare 

op straat, in die poort: Waarom het Moab en Edom 

’n leier in vrede, ’n skild in gevare? 

Teenoor hom uit die kleinste stam en geslag 

geen woord; word net spottend gelag 

as hul skimp van hom en die half-mal profete. 

Hoe moes hy weet dat die hart 

van die volk moeg was van vra; 

dat Samuel eindelik beloof het 

dat die hoogste gesag op aarde by Mispa 

deur die lot wetlik bepaal sal moet word? 

Nouer kring die sirkels om wat hul middelpunt is. 
Stam: Benjamin. Geslag: Matri. Gesin: Kis. 

Skielik het hy, van die skouers af groter as hul 
die spotters se harte met skrik vervul. 

II. 

Terug in Gibea het hy heeldag alleen 

die wonderlike reg van die koning gegooi 

in sy denke: ’n dobbelsteen 

wat hy skommel en gooi, oorgretig tuur 

tot swart gaatjies uit wit sy geluksdrome skreeu. 

Skommel en gooi, skommel en gooi: 

„Jul seuns sal hy neem by sy perde en wa; 
om sy lande te ploeg; sy rysstoel te dra.” 

„Jul dogters as salfmengers, as koks en bywywe.” 
Skommel en gooi: „Die beste wyne, 
slavinne, saailande, olywe 
en tiendes van kleinvee is syne. 

En julself sal sy slawe wees.” 

Skommel en gooi, skommel en gooi. 

Trots laat hy sy oë gly 

oor die koepel van sy heelal: Daar is sy, 

die mooi Ahinoam wat die kamers van sy hart 

16 


met kinders vul: gespierde kêrels 
Jiswi, Malkisua en sy oog se pêrel, 

Kroonprins Jonathan, die held van Migmas en Ajalon, 
en twee dogters Merab en Migal. En almal saam: maan, son 
en vyf planete aan die donker hemel van ’n volk. 

Hy moet vergeet van die jare van wegvlug en vrede-bewaar 
as hy Israel langs Egipte en Tirus wil skaar. 

Die reg van ’n koning lê in die kragtige daad; 
in dié hand wat bloedgrafieke trek met die swaard. 

Abner, die leërowerste 

moet sy vuis en spiere bulte laat staan 

om teen die sterkste vyand hard te slaan. 

Want Israel sonder swaarde en spiese kruip weg in doringbos, 
kuile, grotte — elkeen loop los 

van die ander as ’n vyand op hul grense kom staan. 
Proklamasie: Voortaan kry boere byle, ploegskare, 
osprikkels en pikke by plaaslike smede 
te koop en geslyp en soldate spiese en swaarde 
om te veg vir die koning se roem en die vrede. 

Toe Nahas sy knor in Jabes laat hoor, 
weet hy dat hy alle swakheid moes smoor 
by hom en die volk: beeste word stukkend gekap, 
gestuur deur die land — die koning sê: 

Wie nie uittrek teen Nahas, so sal sy beeste rondlê. 

Dié aand toe die stiltes oor die hoogtes lê, 
het die oudstes in die poorte geknik en gesê: 

In hom die vuishou waarna die volk al eeue streef, 
soos ná die skande in ’n woestyn van vas, 
hul die goue kalf wat aan hul kleef 
met oorlog in die belofteland van hul wou was. 

Soos een man het die volk agter sy koning kom staan 
en die hond tot hy wegvlug verwond en geslaan. 

Die daad het alle verset soos water laat vloei 

en voor die aandson die wolke van Gilgal laat bloei 

en hul een-een huis toe vertrek met buit, 

het die volk as beloning 

onder die spel van tamboeryne en fluit 

hulde gebring en dieper gebuig voor sy koning. 

Nou spreek hy uit Gibea — ’n donderwolk, 
wat kraak en blits oor elke volk 
en vreemde land: Sy ramshorings, fluite tamboeryne 
speel oor Moab, Ammon, Edom en die Filistyne. 

m. 

’n Perd kap klip, kou sy stang; 
steier-runnik toe die ander hingste bang: 

17 


fVie’s baas, ek of hy? Op wie’t die lot 
geval en wie’s uitverkies deur God? 

Die dag sal kom en binnekort 

dat die gespuis van dodebesweerders en waarsêers 

in hierdie land van belofte 

nie meer geken en van gehoor sal word. 

Ek het my kwansuis dan besoedel 
met die haastige offer by Gilgal! 

Dis speel met die aas op ’n muisval 

want in my herleef die spier en wonderdaad 

van Simson, Ehud en die ander; 

die hoëpriester wat ’n volk se swart verraad 

met bloed voor God in heldedade laat verander. 

En wie besef die reg van die koning 
in hierdie landstreek beter as ek? 

Wat Israel verower, is Israel s’n, 

het sy kleinvee van Edom, Moab of Amelek. 

Skommel en gooi, skommel en gooi: 

„Die beste van saailande, olywe en wyne, 
slawe, slavinne en tiendes van kleinvee is syne.” 
Dit is die reg en enkel die reg van die koning. 

Dan die oorbodig en astrante gepraat: 

{Hoe sal ek voortaan die hele keboedel 
verfoei en bly haat?) 

,God wil dan gehoorsaamheid en jou offers nie hê 
en ag jou te min om koning te wees.’ 

Wie durf dit so aan die Roem van Israel sê? 

Die mostertsaad van hierdie land 
sal swart tak teen elke horison se helder brand 
tot Saul deur ’n skeur in die gordyntjie sien 
die ou stelsels van rigter en profeet is uitgedien. 
Dan word die vo'éls en hul flenter neste 
uitgeskud in die Grootsee van die weste. 

O, die dag sal kom, sal kom en binnekort, 
die vonnis is te veel al opgeskortl! 

IV. 

Saul sy duisende, Dawid sy tien duisende . . . 

Saul sy duisend, Dawid sy tien. 

Saul . . . Dawid . . . Saul . . . Dawid . . . 

Hoe het die mal profeet gesê? 

Aan een wat beter is as jy! 


18 


Saul sy duisend, Dawid sy tien . . . 

My dreunings en weerligte 

sal ’n haelstorm uit die berge laat kom 

om die oorsprong van sulke gerugte 

soos bome te knou en verpletter voor horn. 

Saul duisende, Dawid tien . . . 

Mannetjie, jy speel mooi, maar jy sal sien, 
niemand is beter as die Leeu van Israel 
en elkeen sterf wat dié onsin loop vertel. 

Saul en Dawid; Saul en Dawid . . . 

Hy kan siter speel, maar nie rnet tny: 

Stel hom aan as owerste oor duisend. 

Daar sal hy sy moses kry. 

Saul en Dawid; Saul en Dawid . . . 

Praat hom om: syne is joue en joue is syne. 

Wat wil jy meer? Die mooi jong Migal 

vir honderd voorhuide van honderd Filistyne . . . 

Saul en Dawid; Saul en Dawid . . . 

Oorrompel die verraaier iri sy woning 
en brirtg hom dood of lewendig 
voor die honger o'é van jul koning. 

Dawid en Saul; Dawid en Saul . . . 

Na Najot, Gat en Nob? Sy eie le'ér? 

Bring berig van elk wat kos eri water aan horn gee. 

Ek sal hul wegsny soos ’n etterende sweer. 

Nob? Van die priester tot die laagste vlooi 
sal dadelik sterf vir dié verraad teen rny. 

Roei uit as voorbeeld . . . vir die aasvo'éls, gooi! 

Dawid . . . Dawid ! . . . Dawid ! ! . . . Dawid !!!... 
Verwilderd het die Leeu van Israel uitgetrek 
orn ’ri patrys te soek in woestyn, wildernis, 
op berge, maar net daar en hier sy spoor ontdek. 

V. 

Sy denke is voëls se fladder, opstyg, duik 
langs hol o'é van ’n sifdraadfuik 
waar hy moeg in die kamp 
van Israel sit. Al wat seker is: 

Dawid en sy opstandelinge veg vir Agis, 
die vuil Filistyn. Vir jare al is hul ’n ramp 
wat met tussenposes soos ’n epidemie 
in die Suidland van Judea en Keniete kom. 

Nou eindelik, nie meer skelm-skelm, maar openlik téén hom. 

19 


Sal ooit my esels huis toe kom 
voor die alwyn oor die hoogtes blom? 

Samuel is dood. In Rama word gerouklaag nou oor hom. 

Was in elk geval niks werd — Gilgal, Amelek. 

Jonathan? Dapper, maar hy en Dawid is 
sedert jare, vermoedelik kop in een mus. 

Bid? Dit nie nou. Bid is die erken 

van swakheid en ek kan die muis nog self vaspen. 

Miskien. Die mens is vuil. Dit mag tog wees 
dat een van die vervloektes die hark van my haat 
êrens in ’n grot, ’n kraal tussen bees of skaap 
ontduik het en laag genoeg is om vir geld te praat. 

Kom my bloedhonde dat jul die vloek 
van ’n weglê-hen vir my kan soek. 

Wie ken nie my wet? Kry alle dodebesweerders, profete 

en waarsêers — swere in die volk se gewete — 

dat ek hul kan oopkap, die swelsel wegsny 

dat jul kan aas op die geld en geskenke 

wat hul bymekaar skrop uit vuilwerk, sogenaamde wenke 

en raad in tye van geestelike swakheid en swaarkry. 

Waarom slaap jul, word vet van die niksdoen? 

Vir weke doen jul kamma vergeefs julle bes. 

Ek het berig, maar nie van my bloedhonde, dat ’n paar 
hekse nog leef. ’n Dag, ’n heks, of een van julle sterf. 

Toe, met die neus teen die grond deur stede, plaashuis, oor werf. 

Mooi, dan het die broeisding in Endor haar nes. 

Nou sal ek ’n brug tussen dood en die lewe 
laat span — die gees van een van die profete 
sal moet sê, (want ek betaal) : 

,So en so sal jy die oorwinning behaal 

oor almal op aarde en die reg van die koning 

sal beier oor tempels, kastele en plaaswonings.’ 

Ék maak die wet en ék sal dit buig tot dit pas 
vir ’n koning wat die reg het oor slawe en here. 

Wie sal my ken in die toïingrige klere 

van ’n arm soldaat wat maande nie tuis was? 

„Jy kan maar kloek, ou hen, Saul is mal 
en móre sal ek nie meer weet van vannag.” 

Na al die veragting het hy net een naam geweet 
met die skielike vra: „En watter profeet?” 

„Tot jou kê-kê op die oor van Samuel val, 
sal ek duskant die gordyntjie bly wag.” 

Terwyl hy honger op die grondvloer lê, 
het Samuel soos ’n gewete oor en oor gesê: 

Onder die krygsrumoer van wakker Filistyne, 
waar is Saul se siters, fluite, tamboeryne . . .? 

En Goliat het weer soos elke nag 

20 


deur die grotte van sy drooni kotn lag en lag. 
„Ba. ’n Koning se tyd is onbeperk. 

Ek sal die lig wees wat in die donker brand 
solank daar lewe is, ’n swaard nog in tny hand. 
lets te ete. Miskien sal dit die twak teëwerk.” 

Die dag lê kleiti in kloof en skeur, 
tnaar oral styg klag en skreeue ten hemel. 
Swaard en spies word rooi in bloed gekleur 
waar Filistyne om groepies Israeliete wemel. 
Nouer kring die onheil om sy middelpunt — 
daar val eti sterf ’n vriend, familielid, sy kind. 
Hoe het die mal profeet nou weer gesê? 

Daar is na al die sterf van groot en klein 
eers genoeg bloed aati die volk se deurkosyn 
as een wat beter is as jy 
eindelik die oorhand oor jou kry. 

Maar die roem van Israel staan te hoog 

vir die vuilwerk van pyl en boog; 

ook vir dié van een van hul 

oor wie hy die reg van koning moet vervul. 

Nouer kring die sterfte otn sy middelpunt. 

„Die spotters uit my jeug sal my nie vind! 

Met ’n blink swaai van my regterhand, 
blus ek self die vlam se flikker-brand.” 

Toe die bloedrooi stiltes oor Gilboa val, 
was God se wegloop-esel weer op stal. 


21 


P. J. CONRADIE: 


Twee Aspekte van die 
Griekse Tragedie 

In die houding wat nie-klassici vandag teenoor die Griekse 
tragedie inneem, tref ons veral twee uiterstes aan. Aan die 
een kant is daar ’n groepie wat die Griekse tragedie as 
’t ware op ’n voetstuk plaas en met ’n eerbiedige ontsag 
daarna opkyk ; die gewaagde gedagte om dit te kritiseer en 
daarmee fout te vind, kom nooit by hulle op nie. Die gevolg 
is dikwels dat hulle dit nooit werklik waardeer en geniet 
nie. Aan die ander kant is daar weer ’n groot groep wat 
meen dat die Griekse tragedie verouderd en afgedaan is en 
vir die mense van vandag niks meer te sê het nie. Volgens 
hulle het die moderne drama daardie primitiewe begin al 
lankal ontgroei. 

Geeneen van hierdie twee uiterstes bevredig die verstan- 
dige klassikus nie. Hy wil hê dat die Griekse tragedie op 
gelyke voet met die moderne tragedie beskou en gekritiseer 
moet word. Want geen Griekse tragedie is absoluut vol- 
maak nie, en daar is baie opsigte waarin die Europese 
drama in vergelyking met die Griekse tragedie ver gevorder 
het. Maar aan die ander kant glo hy nie dat die Griekse 
tragedie net ’n voor-stadium was vir die Europese drama 
en vandag bloot kultuur-historiese betekenis het nie. Nee, 
dit is beslis nie waar nie, en die sterkste bewys hiervan 
is die blywende invloed wat die Griekse tragedie op die 
moderne drama het, soos veral te sien is in die talle 
verwerkings van Griekse tragedies wat deur die eeue die 
lig gesien het. En die verskynsel dat soveel dramaturge 
na die Griekse drama en mitologie teruggaan vir inspirasie, 
is veral in die afgelope dekades besonder opmerklik. 

In hierdie artikel wil ek twee kenmerkende aspekte van 
die Griekse tragedie bespreek en probeer nagaan in hoe 
verre die moderne dramaturg vandag nog op hierdie punte 
van sy Griekse voorganger kan leer. Hier kan die moderne 
dramaturge wat Griekse tragedies verwerk het, ons baie 
leer, as ons nagaan watter elemente van die Griekse tragedie 
hulle oorgeneem het en hoe hulle op die oorspronklike 
probeer verbeter het. 

Die eerste eienskap van die Griekse tragedie wat ek wil 
noem, is die feit dat die oorgrote meerderheid van die 

22 


Griekse tragedies op ’n mite gebaseer is. Ek wil hier nie 
ingaan op die ingewikkelde vrae na die ontstaan en die 
aard van die mite nie. Maar dis wel belangrik om daarop 
te let dat die mite ’n besondere uitdrukkingswyse is. Dit 
is die vorm waarin die primitiewe gesteldheid hom uitdruk. 
Die primitiewe mens kan nie abstrak, met redelike begrippe, 
dink nie, en dink daarom konkreet, in gestaltes. Dit wií 
dus sê dat die primitiewe mens, as hy ’n diep gedagte 
kry, nie ’n filosofiese stelsel opbou nie, maar ’n storie 
vertel. En hoewel die logies-metodiese denkwyse vandag 
by ons oorheers, leef daar nog soveel van die primitiewe 
mens in ons dat ons nog altyd daardie „storie” kan 
waardeer. 

Die mite is egter meer as net ’n uitdrukkingswyse. Ek 
dink dat ons oor die algemeen met Jung kan saamstem dat 
die mite ’n weerspieëling is van psigiese prosesse in die 
onbewuste, nie soseer van die individu nie, as van die hele 
mensheid. Soos G. M. Kirkwood dit stel: „The distinctive 
quality of myth, the aspect of it that gives it its peculiar 
value for literature, is its capacity to express in story form 
the primary emotional and imaginative workings of the 
human mind.”i U sien dus dat die mite meer is as net ’n 
storie wat die dramaturg as basis vir sy intrige gebruik. 

Die mite is vir die dramaturg ’n ryke bron van inspirasie. 
Maar as die dramaturg ’n mite dramatiseer, bind hy hom 
ook in ’n sekere mate. Hy kan sy intrige nie vry uitdink 
nie; die hooftrekke van sy storie is vir hom vasgelê en 
daaraan moet hy hom hou. ’n Mens moet egter nie dink 
dat die Griekse dramaturg hom deur die mitiese tradisie 
aan bande laat lê het nie. Nee, as hy dit nodig geag het, 
het hy radikaal aan die mite verander. Dit verskil natuurlik 
van geval tot geval: Sophokles het selde ingrypende veran- 
derings aangebring maar wel klein wysigings gemaak wat 
betekenisvolle aksentverskuiwings teweeggebring het; 
Aischulos en Euripides weer, het dikwels ingrypend aan die 
mite verander. 

Nou kan daar miskien gevra word watter regverdiging 
daar dan is vir veranderings in die mite en watter perke 
daar aan sulke veranderings gestel kan word. Daar moet 
in die eerste plek onthou word dat daar geen gesaghebbende 
versie van enige mite was nie en dat daar dikwels verskil- 
lende variante langs mekaar bestaan het. Daar was dus ’n 
gunstige klimaat vir verdere veranderings aan die mite. 
Ek reken dat ’n mens die volgende maatstaf kan toepas: 

23 


Is die verandering wat aangebring is, in die gees van die 
mite en lê dit eintlik latent in die mitiese verhaal? Hierdie 
formulering is miskien ’n bietjie vaag, maar miskien kan 
ek dit met ’n voorbeeld duideliker maak. 

U ken die mite van Jason en Medeia — hoe Jason deur 
sy oom beveel is om die Goue Vlies te gaan haal en deur 
Medeia gehelp is om die moeilike take uit te voer wat deur 
haar vader op hom gelê is voordat hy die Vlies kon kry. 
Die mite het vroeër geëindig met Jason se terugkeer na 
Griekeland, met Medeia as sy bruid. Euripides het egter 
die verhaal verder gevoer en in sy drama gewys hoe Jason 
Medeia vir ’n ander vrou verlaat het en sy uit weerwraak 
nie alleen Jason se nuwe bruid en skoonvader dood nie 
maar ook haar eie kinders vermoor. Sou ’n mens nou sê 
dat hierdie toevoeging tot die mite heeltemal vreemd aan 
die gees daarvan is ? Daar is kritici wat dit beweer — hulle 
bedoel dit as ’n kompliment vir Euripides se oorspronklik- 
heid — maar ek stem nie saam nie. Alreeds is die metodes 
wat Medeia gebruik het om Jason te help — sy het haar 
vader bedrieg en later haar broer gedood om hulle vlug te 
vergemaklik — sien ons tekens van die ander kant van 
haar karakter, nl. haar neiging tot gewelddadige en gewe- 
tenlose optrede, en dit is hierdie eienskappe wat deur 
Jason se ontrou die oorhand in haar gees kry en haar tot 
kindermoord dryf. 

Daar is ’n tweede opsig waarin die dramaturg homself 
aan bande lê as hy van ’n mite gebruik maak. Die element 
van spanning ontbreek dan grotendeels in sy drama omdat 
die gehoor die verhaal ken en weet wat uiteindelik gaan 
gebeur. Hier moet ons weer eens die saak in die regte 
perspektief sien. Die toeskouers het nou wel die uiteinde- 
like afloop geken — daaraan kon die dramaturg nie juis 
verander nie — maar hulle het nie geweet op watter wyse 
die dramaturg die handeling tot daardie eindpunt sou voer 
nie. Deur onverwagte verwikkelinge en ’n verrassende ont- 
knoping kan die dramaturg nog heelwat spanning verwek, 
soos Euripides ook dikwels gedoen het. Maar verder is dit 
beslis waar dat die Griekse dramatm-g meesal nie daarop 
uit was om spanning oor die uiteindelike afloop op te wek 
nie. Hy konsentreer meer op die wyse waarop die hande- 
ling lei tot die uiteindelike resultaat, hoe oortuigend dit 
gedoen kan word, en op die groot morele kwessies wat 
daarby betrokke is. Dit is veral die geval by Aischulos en 
Sophokles. Maar selfs Euripides, ook waar hy ingrypend 


24 


aan die mite verander, „bederf” dikwels vooraf sy kanse 
om die gehoor in spanning oor die uitslag te hou deur in 
die proloog te sinspeel op die uiteindelike afloop. Die 
element van spanning was dus, anders as in die moderne 
drama, in die Griekse tragedie van minder belang. 

Soos ek reeds aangedui het, is daar onder die modeme 
dramaturge ’n besondere oplewing van belangstelling in 
die Griekse tragedie, en dit geld nie alleen mites wat 
alreeds deur die Grieke gedramatiseer is nie, maar ook 
ongedramatiseerde mites. Waaraan sou hierdie belangstel- 
ling toe te skryf wees? Gilbert Highet stel dit vir my baie 
goed in sy boek The Classical Tradition^: „One of the 
greatest defects of modern drama is that it lacks imagina- 
tive power. It is quick, clever, sometimes thoughtful, always 
realistic. But the great dramas of the world do not stay 
on the ground. They leave it and become poetry. Because 
of the modern world’s emphasis on material power and 
possessions it is extremely difficult to write a contemporary 
play which will rise, at its noblest moments, into poetry. 
But contemporary problems, treated as versions of Greek 
myths, can be worked out to solutions which are poetic 
whether the poetry is that of fantasy or that of tragic 
heroism.” Die moderne drama dus, met al die vorderinge 
wat dit in tegniek gemaak het, veral in realistiese uitbeel- 
ding, kan nie meer daardie hoëre vlug neem nie; dit bly 
op die grond, soos Highet dit stel, en kort verbeeldingskrag. 
Die mite deur sy verband met die diepere grond van die 
mens se bestaan, is uitmuntend geskik om hierdie tekort 
aan te vul. ’n Mens kan sê dat die mite vir die moderne 
dramaturg ’n vorm bied binne die raamwerk waarvan hy 
sy ervarings en gevoelens kan organiseer. Hy gebruik dus 
die ou mite om uitdrukking te gee aan sy ondervindings in 
die moderne wêreld. Soos T. S. Eliot dit gestel het: „It is 
simply a way of controlling, of ordering, of giving a shape 
and a significance to the immense panorama of futility and 
anarchy which is contemporary history.’’^ 

In sy houding teenoor die mite staan die moderne drama- 
turg natuurlik veel vryer as sy Griekse voorganger vir wie 
die mite nog steeds ’n sakrale betekenis gehad het. Maar 
tog voel ek dat ons aan hom dieselfde eis kan stel 
as aan die Griekse dramaturg, nl. dat die veranderings wat 
hy aan die mite aanbring en die manier waarop hy die 
mite hanteer, moet aansluit by die gees van die mite, dat 
dit ’n uitbouing van die mite moet wees en dat daar geen 


25 


radikale breuk met die mitiese tradisie moet wees nie. 
Daarmee wil ek nie sê dat daar geen nuwe en verrassende 
interpretasies aangebied mag word nie — dit is juis in 
hierdie opsig dat moderne dramaturge die mees verbyste- 
rende skerpsinnigheid getoon het — maar ’n mens moet tog 
altyd kan voel dat die dramaturg geregverdig is om die 
mite met sy drama in verband te bring; anders kon hy net 
so wel sy eie storie uitgedink het en die karakters ander 
name gegee het. 

Laat ek weer ’n voorbeeld noem. U ken die mite van 
Orpheus en Eurudike — hoe Orpheus, die beroemde sanger, 
ná sy vrou Eurudike se dood, so verlang het dat hy selfs 
na die onderwêreld gegaan het en deur die bekoring van 
sy sang die heersers daar oorgehaal het om haar te laat 
gaan, maar slegs op voorwaarde dat hy nie na haar omkyk 
voordat hulle in die bo-wêreld kom nie, en hoe sy groot 
verlange hom net voor die eindpunt laat omkyk het, met 
die gevolg dat Eurudike weer moes teruggaan. Die moderne 
Franse dramaturg, Jean Anouilh, het hierdie mite in sy 
drama Eurydice verwerk. Kyk nou net wat van die oor- 
spronklike mite geword het. Orpheus is ’n straatmusikant 
wat saam met sy vader rondreis en Eurudike is lid van 
’n derderangse toneelgeselskap. Hulle ontmoet mekaar op 
’n stasie, raak verlief en besluit om saam weg te gaan. 
Hulle geluk is eers volkome, maar Eurudike het ’n verhou- 
ding gehad met die regisseur van die geselskap, en as hy 
in ’n brief dreig om haar te kom haal, vlug sy omdat sy 
nie wil hê dat Orpheus moet uitvind hoe ver sy te kort 
skiet by die ideale beeld van haar wat hy gevorm het nie. 
Sy word in ’n busongeluk gedood en Orpheus is so rasend 
van verdriet dat ’n geheimsinnige Monsieur Henri aan hom 
belowe dat hy haar weer op die stasie kan terugvind; hy 
mag net nie in haar oë kyk voor dagbreek nie. Omdat 
Orpheus egter die waarheid oor haar verhouding met die 
regisseur wil agterkom, kyk hy in haar oë om te sien of 
sy die waarheid praat en verloor haar weer. Eindelik pleeg 
hy selfmoord om weer by haar te wees. 

U mag hier met reg vra wat hierdie drama met die 
oorspronklike mite te doen het. A1 wat eintlik oorbly, is 
die een punt dat ’n minnaar sy geliefde uit die dood terug- 
kry op ’n bepaalde voorwaarde, wat hy dan oortree. Daar 
is al gesê dat dit beter sou gewees het as Anouilh die 
verband met die mite heeltemal laat vaar het en sy karak- 
ters liewers ander name gegee het. Maar ek stem nie met 

26 


hierdie uitspraak saam nie. Die een punt wat Anouilh 
behou het, is tog immers ook die kern van die ou mite. 
En as ’n mens die sentrale gedagte van die mite omskryf 
as die innige verstrengeling van Liefde en Dood — ’n liefde 
wat so groot is dat dit die geliefde uit die dood kan terug- 
bring, maar juis deur sy grootheid die geliefde weer verloor 
— dan moet ’n mens toegee dat Anouilh juis hierdie sentrale 
tema pragtig in sy drama weergegee het. 

’n Mens sou verwag dat die moderne dramaturg veel 
meer die gebrek aan spanning oor die afloop, wat die 
gebruik van die mite meebring, sou voel. Maar dit is blyk- 
baar nie die geval nie. Die moderne dramaturg lê soveel 
vindingrykheid aan die dag in die gee van interessante, 
nuwe en selfs paradoksale verklarings van die gebeurte- 
nisse van die mite dat die verwerkte drama nooit vervelig 
of eentonig word nie. Die mooiste voorbeeld hiervan is 
seker Jean Cocteau se verwerking van die Oidipoes-mite, 
La Machine Infernale. Hy maak nie eers gebruik van die 
waarskynlikheid dat ’n deel van sy gehoor nie die mite 
ken nie; nee, in die proloog vertel hy die hele verhaal en 
voor sommige van die bedrywe gee hy nogmaals ’n aan- 
duiding van wat gaan gebeur. Hy konsentreer heeltemal 
daarop om aan te toon hoe die gode Oidipoes stap vir stap 
in sy vreeslike lot verstrik het. 

Dit is dus my mening dat die moderne drama baie kan 
baat by hierdie belangstelling in die mite. In Afrikaans 
het ons nog nie juis tekens hiervan gesien nie, maar daar 
is wel ’n ander verskynsel wat nou hiermee saamhang, nl. 
dat die dramaturg die stof vir sy intrige nie uit die eie tyd 
haal nie maar uit die verlede. In hierdie soort historiese 
drama is die dramaturg se doel nie so seer om ’n realistiese 
voorstelling van die historiese gebeure te gee nie, d.w.s. 
hy dramatiseer gebeurtenisse nie alleen om hul eie ontwil 
nie. Hy gebruik eerder die gebeure van die verlede orn 
uitdrukking te gee aan sy eie ervarings en gevoelens, 
m.a.w. hy gebruik die historiese verhaal presies net soos 
ander dramaturge die mite gebruik. Die geskiedenis word 
vir hom tot mite. Die omstandighede waaronder die drama- 
turg dan werk is baie dieselfde as by die dramatisering 
van ’n mite. Hy behou homself die reg voor om aan die 
feitelike gegewe van die geskiedenis te verander om daar- 
mee ’n dieper waarheid tot uiting te bring. Ook hier is 
hy egter gebonde aan die hooftrekke van die verhaal en 
sy veranderings moet nie te ver afwyk van die feite soos 

27 


Letterkunde3 


dit in geskiedenisboeke staan nie. Ook hier moet die drama- 
turg die element van spanning oor die afloop ontbeer. Maar 
ook hier bied die historiese verhaal die dramaturg die 
geleentheid om groter afstand te neem tot sy eie gevoelens 
deur dit in ’n ander tyd te plaas. 

Die tweede aspek van die Griekse tragedie wat ek hier 
wil bespreek, is die karaktertekening. Maar voordat ek 
dieper hierop ingaan, wil ek eers iets sê oor die eise wat 
ons aan die karakteruitbeelding in ’n drama kan stel, na 
aanleiding van die opmerkings van Raymond WiUiams in 
sy baie prikkelende boek Drama from Ibsen to EliotA 
Nadat jare lank gemeen is dat die ideaal nagestreef moet 
word dat die karakters in die drama soveel moontlik soos 
mense uit die werklike lewe moet optree, d.w.s. so realis- 
ties moontlik geteken moet word, begin kritici nou neig 
na ’n ander opinie. As ’n dramaturg ’n drama skryf, is sy 
hoofdoel tog nie bloot om lewensware mense op die toneel 
te laat optree nie ; hy wil iets sê deur middel van die drama 
as geheel, uitdrukking gee aan ’n sekere lewenshouding, 
en vir die bereiking van hierdie doel is karaktertekening 
maar net een van die middele. Die ware toets vir karakter- 
uitbeelding is dus nie of die karakters met die werklikheid 
ooreenkom nie, maar of hulle dien tot uitdrukking van die 
dramaturg se lewenshouding. Soos Williams dit stel: „With 
characters, the important dramatist is concerned, not 
necessarily to simulate ‘real, live people’, but rather to 
embody in his personages certain aspects of experience. 
That this will frequently result in the creation of charac- 
ters whích we feel we can accept as ‘from the life’ is 
certain; but the result will not always be so, and we must 
be careful that our judgement depends not on whether the 
characters are lifelike, but on whether they serve to em- 
body experience which the author has shown to be true.”^ 
As ’n mens hierdie standpunt aanvaar, dan sal dit ook jou 
beoordeling van die karaktertekening affekteer. T. S. Eliot 
sê selfs: „It (the verse play) may allow the characters to 
behave inconsistently, but only with respect to a deeper 
consistency.”® 

Die karaktertekening in die Griekse tragedie is beslis vir 
die moderne leser enigsins vreemd. Ek dink dat hy voel 
dat dit karig, eenvoudig, ja selfs primitief is. Hierdie gevoel 
word veroorsaak deur die feit dat die Griekse dramaturg 
selde die kleiner, meer intieme, individuele trekke van ’n 
karakter aantoon, maar hom beperk tot enkele belangrike, 

28 


oorheersende eienskappe. ’n Mens sou hier die term ,,tipe” 
kan gebruik, maar dan moet dit nie misverstaan word nie. 
Met hierdie term bedoel ek nie die tipe wat ons in die 
Romeinse komedie kry, soos die suinige ou man, die ver- 
liefde jongman, die slim slaaf ens., wat heeltemal konven- 
sioneel is en volgens ’n vaste patroon reageer nie. Die 
karakters in die Griekse tragedie is wel deeglik persoon- 
likhede, maar die dramaturg konsentreer op die uitbeelding 
van die oorheersende karaktertrekke. Hy gee as ’t ware 
net die buitelyne van die karakter en laat, soos in ’n 
inkleurboek, dit aan die toeskouer oor om self die kleure 
in te vul. 

U sien hoe belangrik dit is om eers die maatstaf te 
bepaal waarvolgens jy die karaktertekening gaan beoordeel. 
As die toeskouer verlang om mense uit die werklike lewe 
op die toneel te sien, dan sal hy teleurgesteld wees en 
reken dat die ontwikkeling van karaktertekening in die 
modeme drama die Griekse tragedie heeltemal laat ver- 
ouder het. Maar as ’n mens eerder let op dit waaraan die 
dramaturg in sy drama uitdrukking wil gee, is die karak- 
tertekening in die Griekse tragedie vir hierdie doel baie 
geskik. 

Dit is duidelik dat die karaktertekening in die moderne 
drama baie verskil van dié in die Griekse tragedie. Die 
moderae dramaturg hou daarvan om al die klein individuele 
trekkies, al die hebbelikhede van ’n karakter uit te beeld. 
Om die vergelyking van hier bo weer te gebruik, sou ek sê 
dat hy daarvan hou om die prentjie in te kleim, en hoe 
meer kleure des te beter. Dink maar net aan die karakter 
uit een van Ibsen se dramas wat so onafhanklik is dat hy 
self die knope van sy klere aanwerk, maar dan vergeet 
om die gare behoorlik om die knoop vas te draai! Dit is 
ondenkbaar dat enige Griekse dramaturg vir ons so iets 
sou noem. Maar die moderne dramaturg gaan natuurlik 
ook verder; hy hou daarvan om al die kronkelweë van die 
menslike gemoed na te gaan en sy innerlike teenstrydighede 
en verborge motiewe uit te pluis, om maar te swyg oor die 
beklemtoning van die seksuele wat onder die invloed van 
die Freudiaanse sielkunde so kenmerkend van die moderne 
drama geword het. 

Hierdie neiging van die moderae dramaturg kan ’n mens 
baie mooi sien as jy nagaan hoe die karakters geteken 
word in moderne verwerkings van Griekse tragedies en 
dit dan met die oorspronklike vergelyk. Laat ek een voor- 

29 


beeld noem. In sy Antigone toon Sophokles hoe die heldin, 
ten spyte van ’n verbod, die liggaam van haar broer wat 
teen sy eie land opgetrek het, begrawe en daarvoor met 
die dood boet. Hy lê net klem op enkele karaktertrekke van 
Antigone — haar liefde vir haar broer, haar eerbied vir die 
instellings van die gode, haar hardheid teenoor haar suster 
wat nie saam met haar die gevaar wil trotseer nie, haar 
smart dat sy die lewe moet verlaat voordat sy haar roeping 
as vrou vervul het. Sophokles vertel wel vir ons dat sy 
aan Haimon verloof is maar laat Antigone niks sê van 
haar gevoelens teenoor hom nie — tot ontsteltenis van baie 
kritici! Let nou op hoe Anouilh in sy verwerking van hier- 
die drama die heldin se karakter teken. Ek noem net 
enkele punte. Die drama begin waar sy die oggend vroeg 
die paleis ingesluip kom, vol opgewondenheid dat sy die 
natuur betrap het voordat dit ontwaak het, ’n tuin wat 
nog nie aan mense dink nie. Sy stel haar kamervrou gerus 
en vra haar om, as sy weg is, goed vir haar hondjie te sorg 
en selfs met hom te praat! As Haimon dan op die toneel 
verskyn, volg daar ’n hartstogtelike liefdestoneel waarin 
Antigone haar eers van sy liefde verseker en dan beken 
dat sy hom die vorige aand wou verlei omdat sy nou weet 
dat hulle nooit sal kan trou nie. En so gaan dit voort. 

Verstaan my goed. Ek vind geen fout met die karakter- 
tekening in die moderne drama nie; inteendeel, sy subtiele 
uitbeelding verskaf my baie genot. Ek wil net wys op die 
fundamentele verskil met die karaktertekening in die 
Griekse tragedie en daarvoor pleit dat elkeen in sy eie reg 
waardeer word. Maar ek wil ook wys op die gevare wat 
kan skuil in ’n al te groot konsentrasie op karakter- 
tekening alleen. 

Ek het hier slegs twee aspekte van die Griekse tragedie 
behandel, en daar sou nog meer punte genoem kan word, 
maar ek hoop dat dit voldoende is om aan te toon dat die 
Griekse tragedie vandag nog van aktuele belang is en dat 
die moderne dramaturg nog steeds baie daarvan kan leer. 

1 A Study of Sophoclean Drama (Comell University Press, 1958), 

p. 22. 

2 (Oxford, 1949), p. 532. 

3 Aangehaal deur R. Williams Drania from Ibsen to Eliot (London, 

1954), p. 196. 

4 p. 13 - 21. 

5 a.w. p. 18. 

6 aangehaal deur Williams, a.w. p. 19. 


30 


BAREND J. TOERIEN: 


Die uitspansel hoog oor my 

Die uitspansel hoog oor my span 
sterwolk-sisteme oop vanwaar 
my ruig voorvaders iesegrim 
uit eie konstellasies staar 

en na my neerfrons want ek grief 
hul seker daagliks; my beleid 
is om te vvyí ek het hul lief 
(hul is tog in die meerderheid) . 

Ek knik my kop erkentlik dus 
al gee hul nóg glimlag nóg guns, 
en gaan my gang en slaap gerus, 
hoog dankbaar ek is minstens mens. 

Aspekte van liefde 

Hy hans, ’n maanduif, is gepaar met my hand, 

’n onvanpaste paramour. Dog hul bereik 
eenwording met hoog-seldsame volkomenheid. 

Hy hoef alleen hom uit te strek bo haar 
of sy buk honger voor haar heer, 
soek en soen sy vingers en plat 
gee haar geheelenal oor, word tot niet. 

My hand se hanswors dus? Inteendeel, 

soos hy haar streel, sy vyf vingers sluit 

om haar trots skoenlapper nek, en sy klein skreetjies stoot 

voel hy die fyn stuip-trekkinge, leer hy ’n hand se doel. 

Winter 

Ek lê my hand neer soos ’n handskoen op die vensterbank 
sodat die winterson ons warm maak, vir my en hom. 

Dis soos ’n slegte grap dat sonbesies ooit kon 

ravot het, geraas het, en kriekies snags. Nou is hul stom. 

So stil is dit dat ek die klop hoor in my pols 
en die verraaier, hand, hoor sê, „Kom in! Kom in!” 

Ek ruk hom regop, praat hom aan, „Moenie hom inlaat, 
die winter!” En besef dan dat kindsheid my oorwin. 

Om tot verhaal te kom spits ek my ore vir ander klanke 
en hoor dan die gehuil soos wind deur straat-spelonke suig; 
helder en skerp klink voetstappe op die sypad-grint, 
en teen die ruit hoor hy vibreer ’n spuitvliegtuig. 

31 


Oorkant die straat 


Uit die Pools van Kazimierz Wierzynski deur M. en B.J.T. 

Die blare vladder deur die skoorsteen 

— ’n jluistering in die vuurherd wat nie bedaar. 

Die son brand laag, niks gaan meer gebeur; 
die dag is klaar. 

Vergeelde hande op die leunings van ’n ou stoel 
streel die ou en gepoleerde hout. 

Sy sug: Hoe lieflik tog was alles! 

Hy antwoord: Dit is dood. 

Gebukkend skuif hul na die slaapkamer; 
onder ’n donskombers gekrul, lê hulle. 

Stadig sluit hul hul moe'é oë 

— vier opgeswelde aardbolle. 

Nog fluister en fluister die blare 
onnodige en onrusbarende nuus, ’n ruiseling. 

Sy fluister: Moenie bang wees nie, dis alles oor. 

Hy antwoord: Maar dit begin alleen van voor. 


B1 omme 


Die vraag in die gesig in die blom 
is wat my plaag. 

Daar’s ’n lang keel, ’n keelgat, ’n oop mond 

van ’n medium in beswyming, maar daarin is geen tong. 

Die hotnosvyblom hou miskien nog die fabel 
heel van Sy lot, 

van die heilige goudspeke wat wiel om Sy kroon 
soos geteken in kleur in my kinderbyhel. 



Donker 


Wat die see wil wil ook jy 
sy vingers in repe rotse-geslaan 
kom weer terug en klou weer 
in vloed geswel is jul albei 
en sal soos salm op teen ’n val 
slegs in stil poele voltooiing kry. 


Muurteks 


My grotes, my mitologie 
bly my voor oë, julle wie 
nooit duimgegee het, of geflikvlooi: 
Retief, De Wet, Hendrik Witbooi. 


32 


Seemeeue 

Seemeeue en riviere 
en skepe se skuimspore. 

Agter vlarde van wolke iewers bo die Teems 
kom die teemrige skreeue. 

Hier huiwer hul hoog, en swewe 

oor die eb en vloed van die ewige East River. 

Hoeveel wilder in Tafelbaai was hulle gille 
toe met wit sakdoeke hul vladder 
soos vlinders oor die verre kaai. 

Die hiëna in my hart 

Die hiëna in my hart ontdooi 

met uitdoof van rny lig; dan val hy aan. 

Hy hap lafhartig na sy prooi; 
hy is handlanger van die maan. 

D'ie terwyl rny lig nog brand 
was uit gesig. Nou's ek — hul buit — 
vasgekeer aari elke kant 
en vreet hul rny van binne-af uit. 


33 


M. STEYN VAN ROOYEN: 


Hou vas die Beker 

Hou vas die beker wat jy drink 
in die kroeg waar jy 
by drinkmaats staan, 
glimlag met hulle saam 
as die kroegman nog een skink. 

En as die lewe vir jou goed is 

en die drinkers om jou skaar — 

onthou, elke teug se lajenis 

ontbloot jou ware self 

vir die mense wat om jou is — 

hou dan ook jou beker vas 

as die mooi ou wêreld na jou staar. 

Maar as die teenslag slaan, 

die lewe nie meer glimlaggend wink — - 

as jy alleen moet staan 

om die bitter kelk te drink 

en jou siel versink in as — 

hou dan die beker vas. 


Begrafnis van ’n Soldaat 

Swaar sleep die dodemars oor die straat 
en hedroefdes in uniform stroom die kerkdeur uit 
die liggaam van die ontslape soldaat 
lê rustig op die kanonaffuit. 

Op maat van die blaasorkes se treurige weeklag 
en soldate wat in rou marsjeer, 
sink dieper die smart met elk tamboerslag — 
hewys sy makkers die laaste eer. 

As drie sarsies van die vuurafdeling oor die graf 

in die stil begraafplaas draal, 

en die gedrapeerde kis sink stadig af, 

klink die weemoedstoon van die beuelsinjaal. 

Hier rus hy nou, die getroue soldaat; 
hy wat in lewe nie veel gevra het, 
of wat sy medemens nie kon haat — 
hy wat sy uniform met eer gedra het. 

34 


Deur die Klankgrens 

In die beklemmende ruimte van die stuurkajuit 

sit hy, die vlieënier, met gasmasker en gesuis van suurstof 

in die omwêreld van luggewelf en kimtne 

wat teen ingeskakelde verstand en liggaam stuit. 

Hy draai die straalvegter op sy rug en beur 
met turbinestukrag die klankgrens deur 
waar supersonies-golwe se donderknal 
soos sidderende weerlig teen die aarde val. 

En soos die wonderwerk van meganiek die snelheid 

van klank in die ruimte stil laat staan, 

so breek die mens met roekelose felheid 

in teen die gees se grense — 

om aan die anderkant van ’n onbekende wêreld 

in ’n slykpoel van verwarring te vergaan. 


35 


JAC. J. BRITS: 


En dit was Nag 

DRAMATIS PERSONAE 


( 1 ) 

( 2 ) 

( 3 ) 

( 4 ) 

( 5 ) 

(6) 
( 7 ) 


Judas van Kariot. 
Magdalena . . . sy vrou. 
Hanna . . . haar moeder. 
Josef . . . Hanna se seun. 

Stephanus . . ) rr. t j 
Josua í Twee Jode. 

Romeinse soldaat. 


Die drama speel af in Jerusalem, gedurende die dag van 
die Kruisiging. 

PLEK: Die huis van Moeder Hanna aan die kant van die 
stad, baie naby die heuwel van Golgotha. 

Die decór is eenvoudig, en stel ’n kombuis voor. ’n Lae 
deur is aan die regterkant te sien, ’n venster in die middel 
en ’n afskorting met gordyne aan die linkerkant, wat na 
ander vertrekke van die huis lei. As die skerm opgaan, 
staan MAGDALENA in ’n knielende houding voor die 
oop venster, haar hande opgehef, en haar gesig gekeer 
na die stikdonker naghemel wat soos ’n oordeel oor die 
aarde hang. 

Vir ’n oomblik is dit stil. 


MAGD (Na ’n rukkie, biddend): Jehowa, hoor die smeking 
van U diensmaagd en oordeel U Volk nie na verdienste 
nie. Want ons is vreemdelinge in ons eie land . . . vertrap, 
verneder en gesmaad. Laat dan U oë met welgevalle 
neersien op ons smart en eensaamheid — en lei ons uit 
. . . O, lei ons uit. En wees U self ons Vader . . . ja, ook 
in hierdie duistemis . . . 

(Haar hoof sak op haar bors, haar hande hang wiïloos 
langs haar sye. HANNA kom binne.) 

HANNA (Sien haar, tree vinnig nader): Magdalena, ek 
hoor jou bid. 

MAGD (Kom orent, snel na haar): O Moeder, ek is bang. 
Dis so donker buite en alles is so stil. Dis of die dood 
oral is. Wat moet ons doen? 

HANNA (Vertroostend, druk MagdaUna teen haar aan): 
Toe maar my kind, netnou is alles verby. As die son 
weer skyn, sal jy die vrees vergeet . . . miskien selfs lag 
oor hierdie angs van jou. Ons moet net kalm bly en wag. 

36 


MAGD: Ek kan dit nie verstaan nie, Moeder. Van twaalf- 
uur af tot nou is hierdie duisternis oor ons. En dis reeds 
byna drie-uur. Waarom moet alles op hierdie dag gebeur? 
Eers gister, toe Judas vreemd en anders was, ’n vreem- 
deling selfs vir my. En toe vanmóre, die kruisiging van 
ons Profeet, na al die wag en hoop en bid. 

(Kyk hy die venster uit, vol tioyfel) Moeder, wat beteken 
hierdie duisternis? 

HANNA: Hoe sou ék weet, my kind? Ons moet dit liefs 
vergeet. 

MAGD (Huiwerig): Is dit oor ons Profeet wat aan die 
kruishout sterf? 

HANNA (Kyk vinnig na haar): Ek weet nie . . . ek glo dit 
nie. Wat praat jy tog? Daar moet ’n ander rede wees. 

MAGD: Ek glo dit is, Moeder, ek glo dit met my hele hart. 
Judas het gesê ons kan ’n wonderwerk verwag. En nou 
. . . dít! 

HANNA (Met ’n ondertoon van bitterheid): Judas met 
sy drome wat nêrens heen kan lei nie as na verydeling! 
Het dit ons al ooit iets gegee waaraan ons vas kan hou 
in ons vernedering? 

MAGD: U klink bitter, Moeder. U glo tog ook in die 
Profeet . . . 

HANNA (Kyk weg, skor): Ek hét geglo . . . 

MAGD : Maar noú . . . wat dan van noú ? 

HANNA (Asof tot haarself): Nou is hy dood . . . (Bitter) 
Soos al die ander vóór Hom wat leier van ons volk wou 
wees. 

MAGD (Hartstogtelik) : Nee, hy is nie dood nie, Moeder. 
Gespyker aan die kruishout, ja, maar Hy . . . Hy lewe 
nog. Josef het dit self gesien. 

HANNA: Josef is jonk, my kind. Hy praat maar na wat 
ander sê en dink. En hulle gedagtes dwing so maklik 
weg van die werklikheid. Dis so maklik om te wens en 
jou verbeelding met die hoop te voed. 

(Na ’n pouse, stil.) Ons hoop is doodgebore, kind. Die 
dae van ons glorie is lankal verby. 

MAGD (In vertwyfeling): Josef het gesien Hy leef. Hy het 
gehoor hoe Hy met sy dissipels praat. 

HANNA (Met afgryse): Hoe kan hy leef? Hoe is dit 
moontlik? Van nege-uur af tot nou met spykers deur 
sy hande en voete! Selfs ’n held en krygsman sou só ’n 
marteling nooit kon dra. En wat is Hy? ’n jongman, ja. 


37 


maar bleek en swak. O Jehowa, laat Hom sterf! Verlos 
hom van die hoon en pyn! 

MAGD (Staar hy die venster uit): Dis so ontsettend stil. 
As Judas maar hier was. Dis of Jehowa ons verlaat het. 

HANNA (O'pstandig, wrang): Dit het Hy lankal reeds 
gedoen. Toe stuur Hy hierdie man om Israel te kom 
verlos van die Romeinse juk. Só het ons almal vas geglo, 
soos kinders aan ’n sprokie. Dis nog ’n droom wat 
flenters is! 

MAGD (Innig): Tog was hy groot en sterk en manlik soos 
geen ander man ooit was. Onthou u nog die dag toe Hy 
en Judas hier verby is? Hy het ons nog gegroet en gevra 
of u ’n bietjie water het. En Judas het my voorgestel 
aan Hom. 

HANNA (Sag): Dit was ’n warm dag . . . 

MAGD (Lewe haar in): En later het Judas self gesê: Hy 
is ’n held, die Leier wat ons volk sal rig en lei op nuwe 
paaie. En toe daarna . . . Judas en Hy . . . Judas en die 
ander saam met Hom. 

HANNA: Dis drome, kind . . . en drome en verydeling is 
één. Die wêreld lag vir ons; Rome spu op ons. 

MAGD (Met hartstog): Vandag nog, ja, maar more sal dit 
anders wees. Die toekoms wag vir ons. O Moeder, ek 
dink so dikwels aan ons volk se smaad. En Judas ook, 
en duisend ander wat hierdie juk vir jare lank al dra. 
Ons kan nie altyd kruip nie. Ons móet opstaan uit die 
as van roubedryf. 

HANNA (Lag vreugdeloos) : Jy praat soos Judas praat, 
vol vuur en durf . 

MAGD: U glo tog net soos ek, ek voel dit aan. 

HANNA (Starend): Miskien, my kind. Miskien is daar in 
my hart nog hoop, hoe flou ook al. 

(POUSE. MAGDALENA het gaan sit en staar na die 
grond. HANNA kyk hy die venster uit.) 

HANNA (Na ’n rukkie): Waar is Judas? 

MAGD: Hy is gistermiddag vroeg al weg. Ek weet nie 
waarheen nie. Hy dwaal gedurig rond soos een wat rus 
nie ken nie. 

HANNA (Stil): Gisteraand was hy by die owerpriesters. 
Daar is vele wat hom wil vermoor, na gisteraand. Van- 
more vroeg was Petrus hier. 

MAGD: Petrus? 

HANNA: Vroeër was hy Simon — deur Jesus self tot 
Petrus herdoop. 


38 


MAGD: Wat wou hy hê? Hy is geen besondere vriend van 
Judas nie. 

HANNA: Hy wou net weet waar Judas is. (Stil) Weet jy 
wat hy hom genoem het? 

MAGD (Asemloos): Wat, Moeder? 

HANNA (Kyk na Magdalena, met klem): Verraaier! 

MAGD (Hartstogtelik): Nee, nie dít nie, Moeder. Hulle 
ken Judas nie soos ek nie. Judas is groot, hoor u my, 
groot en sterk. Israel is sy hartstog. (Intiem) U ken sy 
lewe, Moeder, die hel wat hy as kind moes dra. Hy weet 
nie wie sy moeder is nie. Die uur toe sy in minsaamheid 
die liefde van haar hart moes gee, toe word hy weg- 
gesm^d: soos vuilis op ’n vuilishoop. (Bitter) Was sy 
Hebreeus . . . ’n vrou uit Israel? Mag die vloek van 
Jehowa op haar rus! (Sagter) Net ék ken hom volkome, 
Moeder. Net ék weet van die drifte wat sy siel verteer. 
Selfs snags as ander slaap, hoor ek hom bid en smeek. 

HANNA: Kan jy sy woorde hoor? 

MAGD: Nee . . . ek weet net dat hy ly om hierdie volk 
ontwil, om u en my wat onder hierdie juk moet leef. 

HANNA: Hoe kan ’n enkeling ooit die juk van Israel dra? 
So vele het dit al probeer en aan die kruis gesterf. Ons 
volk het bloed genoeg gegee, my kind. Selfs die Profeet 
en Rigter van ons volk is besig om te sterf . . . miskien 
is Hy al dood. 

MAGD (Innig): Selfs al sou Jesus sterf, sou Judas voort- 
gaan op die weg. Daar is geen Romeinse swaard wat 
hom kan keer. 

HANNA (Starend): Glo jy wat jy sê, my kind? 

MAGD (Vroulik, innig): Ek glo, Moeder, ek glo dit met 
my hele hart. As Judas kon verstaan hoe diep my liefde 
en vertroue is . . . as hy maar kon verstaan. Soms word 
hy stil, só in homself gekeer, of sy gedagtes ver bo die 
hede sweef. Dan voel ek trots op hom . . . so anders 
trots as ander vroue. 

HANNA: Jehowa seën julle liefde, kind. Want seën . . . dis 
wat julle nodig het. Die toekoms lyk so donker . . . ons 
mara is aan kom. 

(POUSE) 

(JUDAS kom skielik binne. Hy is ’n breedgeskoucrde 
Jood, met wakker oë. Daar is iets angsvalligs in sy hou- 
ding, asof daar diep in sy siel ’n vrees verborge lê.) 

MAGD (Snel na hom): Judas! Waar was jy al die tyd? 
Kom sit; jy is seker moeg. 

39 


JUDAS (Druk haar teen hom aan): Moeg? My liewe 
Magdalena, lyk ek na iemand wat oor moegheid kla? 
(Merk skielïk vir Hanna op) Gegroet, moeder Hanna. 

HANNA: Gegroet, my seun. Ons het jou gistermiddag laas 
gesien. Verlede nag het ons gewonder waar jy is. ’n Man 
hoort by sy vrou, my seun. 

JUDAS: U was natuurlik weer bekommerd. 

HANNA: Magdalena was onrustig — soos altyd maar. 
Veral gisteraand nadat jy by die soldate gesien is. 

JUDAS ( Glimlag na Magdalena) : Dit sal nooit weer gebeur 
nie, dit beloof ek jou met hart en mond. Van nou af leef 
ons in ’n beter wêreld. (Staan luisterend) Hoor net hoe 
stil is dit daarbuite — ’n voorspel tot ons groot geluk. 

HANNA (Skamper): Ek sal my liewer uit die voete maak. 
Julle wil tog maar alleen wees. 

JUDAS : Kom nou, Moeder, daar’s plek vir u in ons gedagtes 
ook. Bly gerus. 

HANNA (Glimlag): Om stille verwensings op die lyf te 
loop? O nee, my seun, ek ken die selfsug waaraan die 
liefde ly. 

MAGD: Só praat Moeder altyd, net of Judas ’n huigelaar is. 

HANNA (Skertsend): Ons almal is, my kind; erken sal ons 
dit egter nooit. 

JUDAS (Lag): Dit baat nie om te stry nie, Magdalena. Jou 
moeder het die jare aan haar kant, en dit beteken groter 
wysheid. Toe maar, Moeder, as u só voel, sal ons u maar 
verskoon. 

(HANNA laggend uit.) 

JUDAS (Lig haar ken op): Jy is stil, Magdalena. 

MAGD (Met vroulike innigheid) : Dis blydskap oor jy weer 
hier is. 

JUDAS: Het ek dan só lank weggebly? Dis tog nie die 
eerste keer nie. 

MAGD (Draai weg): Nee . . . dit was nie, dis waar. Maar 
gisteraand was anders, dit weet jy tog. En nou . . . dit 
alles is so vreemd. 

JUDAS: Daar is niks om voor te vrees nie, Magdalena. Wat 
ek gedoen het, is gedoen. Dit kan in ewigheid nooit her- 
roep word nie. (Met vuur) En dit was reg, wat ander 
ook al sê. 

MAGD: Ek verstaan so min. Soms is ek bang . . . net soos 
’n kind. 

JUDAS: Jy bang? Hoe kan jý vrees, my vrou? Die krag 
wat daar in mý bestaan, kry ek van jou en jou alleen. 

40 


MAGD (Vol twyfel): As dit moes wees, dan was jy swak 
en hulpeloos. Want ék is swak. (Starend) Soggens as die 
oosterkim die boodskap dra van nog ’n nuwe dag, dan 
is dié een gedagte steeds by my; Sien Judas dit? Is sy 
gedagtes al te vol oorstroom van ydele hoop om onse 
God in alles raak te sien? Droom hy maar slegs omdat 
hy smag na eer en roem? Of is die weg waarop hy wan- 
del, die weg deur God self uitverkies? 

JUDAS (Hartstogtelïk) : Dit is . . . dit ís sy weg, my vrou. 
Ek sweer dit hier voor Hom. Hy het my uit die ashoop 
opgetel om hierdie volk te lei, om vir hiille wat, soos ek, 
die liefde moes ontbeer, ’n broer te wees. 

MAGD: Probeer vergeet, my man. Wat baat herinneringe 
as dit die siel verbitter? 

(Vroulik innig): As jy herinnerings moét hê, dink dan 
aan my en jou, die dae heilig en volledig wat ons twee 
saam beleef het. Onthou jy nog? (Hy kyk onseker na 
haar) Soms as alles donker is, dink ek dat ons liefde 
stukkend is. Maar nou, op hierdie oomblik, ken my hart 
geen twyfel nie. 

JUDAS ( Oorweldig ) : Slegs maar die liefde bring vergetel- 
heid van alles wat die siel verteer en swak en willoos 
maak. O Magdalena, jy is ’n vrou uit tienduisend, die 
room van Israel! 

MAGD: Jy vlei nou soos ’n kind, ’n seun in oorgangsjare, 
sonder te wik of weeg. 

JUDAS: Juis daarom is dit waardevol — omdat dit eerlik 
is. Die hart spreek tog nie met verstand nie, maar met 
gevoel. 

MAGD (Glimlag teer): Jy sal ’n vleier bly solank jy asem- 
haal. Soms glo ek jou, weet jy? Ek weet dis dom van my, 
maar ek is net ’n vrou. 

JUDAS: Die beste vrou in Israel! (Skielik geheimsinnig ) 
Ek het ’n groot present vir jou. Maar móre eers, as jy 
kan wag tot dan. 

MAGD (Opgewonde): Jy maak my altyd bly lank voor die 
tyd. Vannag lê ek en droom daarvan. Is dit handelaars 
uit die Ooste? 

JUDAS: Natuurlik, dit weet jy mos. Hulle eie voorraad is 
glo maar skraal, maar móre kom hulle vriende aan met 
skatte uit die Ooste. En ek sal self daar wees en slegs 
die beste koop. Raai wat gaan dit wees? 

MAGD: Hoe moet ek weet? Jy koop altyd iets waaraan ek 
nooit kon dink nie. 


41 


JUDAS: Só hoort dit ook. ’n Vrou moet steeds verras word, 
anders word sy rusteloos. Ek sê altyd: sorg vir verras- 
sings, en jou vrou bly jou getrou. Dit is ’n wyse woord, 
die wagwoord van die liefde. Maar more eers, my 
koningin, eers more . . . (Staar voor hom uit) Eers dán, 
wanneer die vreugdevure brand en ek en jy daar aan 
die voorpunt staan en juig saam met die volk. A, Mag- 
dalena, ek sou graag self by die kruis wou staan en wag 
dat Hy die wagwoord uit moet spreek en afkom van 
die vuil Romeinse kruis. (Onrustig, hitter) Maar ek is 
uitgewerp, ’n vuil misdadiger in elke gek se oë. Ek het 
Hom mos verraai en oorgegee aan hulle wat Sy lewe 
soek! Verraad! Dis hulle wat Hom verraai deur sag en 
swak te wees en bang vir die Romeinse swaard. Nie ék 
nie, Magdalena. Ek wou Hom slegs maar dwing om groot 
te wees, Sy mag en heerskappy te toon. Die vuil Romeinse 
honde moet kom kruip voor Hom en ons regering. Ha ha, 
hoe sal ek lag vir Goewerneur Pilatus! Ek wonder wat 
hy alles sal sê ? Dis of ek hom al hoor. 

(Kom skielik tot homself, in twyfel) Maar Hy moet 
afkom van die kruis. Hy sal dit móét . . . Hy sal dit nou 
móét doen! 

MAGD: Maar hierdie duisternis waardeur geen oog kan 
sien? Is dit Sy mag wat Hy vertoon? 

JUDAS: Om hulle te verblind en lam te maak. (Met verag- 
ting) Ek wens jy kon die honde sien toe alles skielik 
donker word. Dit was waaragtig ’n gesig om ewig te 
onthou. Hulle kon dit nie verstaan, kon net maar smeek 
en roep na een of ander god wat net so bang soos hulle 
was. Toe eers het ek besef hoe groot Jehowa werklik is, 
hoe groot ons volk kán wees. 

MAGD (Vertwyfelend): O Judas, ek voel so bang. Dis of 
die toekoms leeg en donker is. Vir Moeder hou ek alles 
dig en maak of ek in alles glo, aan jou en my, ons toe- 
koms saam. Maar diep in my is steeds die angs dat alles 
sal verander. 

JUDAS (Teer): Sulke gedagtes pas nie by jou nie, Mag- 
dalena. Jy weet hoe groot my liefde is. Jy gee my krag 
om aan te hou en sterk te wees. 

MAGD: En tog is ons geskei. Ons leef apart, soos vreem- 
delinge. (Na 'n oomblik ) Ek soek slegs klein geluk, van 
lief te hê, ’n kind te hê om aan my hart te druk. 

JUDAS (Bitter, hard): Om op te groei in hierdie hel van 
vrees en diep verlange? Hier in Jerusalem waar die liefde 


42 


bleek en vormloos is en haat die harte voed? 

MAGD (Ontroerd): Só leef jy weg van my en hierdie 
kind van jou wat in my lende is. 

JUDAS: Hoe sal ek anders word, my vrou? Ek soek maar 
slegs die heil van Israel, dít weet jy tog. Hoe kan ek jou 
oortuig? 

MAGD (Vroulik): Só glo ek ook, my man, en daarom is 
ek trots op jou. My hoogmoed sien so baie dinge oor. 
Maar baat dit iets? Sal Israel ooit weer vry kan wees 
en groot kan word? 

JUDAS (Mct vuur): Ons sal ’n nuwe volk bou, Magdalena. 
A, die tyd sal kom dat Jehowa weer trots en jaloers op 
hierdie volk sal wees. Ons sal die wêreld onderkry, ons 
knieë op die vuil Romeinse strotte plaas. Vervloek is 
elkeen wat anders dink, sy bleek lafhartigheid agter sy 
kalmte wil verberg! Mag sy bene verrot, sy buik deur 
Mammon self geskeur word! 

MAGD: Jou stem is soms onwerklik, Judas, só of jy deur 
die werklikheid wil dring en in die toekoms van ons 
volk wil kyk. 

JUDAS: Ja, Magdalena, elkeen moet kyk wat in die toc- 
koms lê. Slegs daarin lê ons krag. Verlede is ’n dooie 
las ; wat gee ons daarvoor om ? 

(POUSE. Hy staan voor dic venster, met sy handc aan 
weerskante van die koesyn. Draai na ’n oomblik om.) 
(Vervolg) Israel is groot, Magdalena. Meer nog, dis 
verhewe ver bo die taal van hierdie skepsels wat hulleself 
Romeine noem. Wat plaas ’n volk ver bo sy tydgenote? 
Is dit hulle roem as krygsmanne, hulle geld en handel 
met die wêreld? Nee, Magdalena, duisendmaal nee! Mag 
die God van ons voorvadere my tref as dit die waarheid 
is! (Strompel weg) Israel het behoefte aan ’n leier, 
Magdalena, aan iemand wat die siel van hierdie volk 
verstaan. Maar waar is hy, waar is hy? 

MAGD (Sag): Maar Jesus dan? Hy is tog nog daar . . . 

JUDAS: Ja, Jesus kan ’n leier wecs vir hierdie volk wat 
op die ashoop sit. Hy móét dit wees. Dit is ons laaste 
hoop. Maar waarom wag Hy dan so lank, so bitter lank ? 
(In vertwyfeling) O Jehowa, straf my nie met magte- 
loosheid en vrees. Gee my oorwinning oor myself. 

MAGD (Teer): Ek is maar net ’n vrou, my man. My hart 
verstaan so min. Wat kan ek doen as net maar hoop en 
bid dat jy vir ewig moed sal hou, selfs tot die bitter 
einde toe. 


LQtterkundc4 


43 


(Buig haar hoof; na ’n oomblik) Ek ken die wanhoop 
wat daar soms diep in jou hart ontstaan . . . want ook 
my siel ken twyfel. 

JUDAS: By die hemel, Magdalena, ek twyfel nie! My siel 
dien nie in tweespalt my eie God en ook nog vreemde 
gode nie! 

(Hoogmoedig) As almal maar, soos ek, die vreugde van 
die sekerheid kon smaak. Hoe groot sou Israel dan nie 
wees nie? Maar nou is almal pap, en bewe voor ons 
vreemde heersers. 

MAGD (Innig): Wanneer die uur van vergelding kom, sal 
almal soos ’n leër jou volg. 

JUDAS (Kyk diep in haar oë): En elk en ieder sal dit 
weet dat jy die inspirasie was en ek maar slegs die 
werktuig. 

(Sy glimlag teer na hom, leun teen hom aan.) 

(^n Paar vinnige kloppe word skielik aan die deur gehoor. 
JUDAS en MAGDALENA verstyf.) 

JUDAS: (Na ’n oomblik): Wie is dit? Praat! 

STEM: Josua en Stephanus. 

JUDAS (Tree verras vorentoe en maak die deur oop.) 
(JOSUA en STEPHANUS kom binne. Hulle houding 
spreek van opgewondenheid en verwagting.) 

JUDAS: Wat soek julle hier? Julle plek is by die kruis. 
Is dít soos julle Hom dien? 

JOSUA (Kyk na Stephanus): Ons was wel daar, maar 
het gedink om jou eers te kom vertel hoe sake staan. 

STEPH: Sake lyk sleg. 

MAGD (Tree nader): Waarvan praat hulle, Judas? 

JUDAS (Hoor haar nie, staan verstyf): Is . . . is alles dan 
verby? 

STEPH: Nee, Hy lewe nog, maar gee geen teken dat Hy 
af sal kom nie. Ons voel onrustig nou. 

JUDAS (Triomfantlïk) : Maar Hy lewe nog, waaragtig, Hy 
lewe nog! Hoor jy, Magdalena? (Aan die twee) Julle is 
te haastig en wil Sy plan vooruitloop. ( Onrustig ) As Hy 
die magwoord spreek en afkom van die kruis, moet julle 
by Hom wees. 

MAGD: Judas, wie is hulle? 

JUDAS: Ons vriende en vegters vir ons ideaal. Josua en 
Stephanus. Ek het hulle gister eers ontmoet. Ek ken ’n 
man as ek hom sien. 

JOSUA en STEPH: Gegroet! 

MAGD: Vrede vir julle. 


44 


JUDAS (Aan Magdalena) : Ek het hulle uitgekies om Hom 
as l^rfwag te dien. 

MAGD: Lyfwag? Vir Jesus? 

JUDAS: Natuurlik, Magdalena. Dit gee gesag en dwing 
respek van almal af. Ons het ’n lyfwag nodig, veral in 
hierdie stad waar vyande van ons Volk regeer. 

STEPH: Ons het ons wapens goed versteek. 

JOSUA (Spytig): Ek is nog altyd jammer oor die swaard. 
Dit was vir jou skerp! 

JUDAS (Lag, dan ernstig): ’n Swaard is veels te groot om 
te verberg, Josua. ’n Jood wat ooit ’n swaard durf dra, 
se kruis is klaar gemaak. (Veragtend) Dis mos verset 
waarvoor hulle tog so bang is. 

STEPH (Sug hehauglik) : O wel, die messe is skerp genoeg; 
ek het dit self geslyp. Hoe jammer sal dit wees as ons 
dit nooit gebruik nie. Net een Romein se bloed vir my, en 
ek sal rustig sterwe. Hulle sê Romeinse vleis is ekstra 
sag. Die vet was mos aan die lekkerleef en voorspoed. 
Maar alles het ’n einde, nê Judas? 

JUDAS (Verlustigend) : Ja, alles het ’n einde. Niks bly vir 
ewig staan nie. Die mag van Rome is aan breek. Hulle 
magsvertoon is net die bolaag, maar binnekant is alles 
verrot tot op die bodem toe. Hoe skreeu Pilatus gister 
saam en gee maar toe — sonder om te weet dat dit sy 
ondergang beteken. 

MAGD (Skielïk): Wag, ek hoor voetstappe in die gruis, 
hier voor die deur. ( Almal verstyf en wag gespanne.) 

JOSUA (Opgewonde) Ek hoor dit ook. Dis ’n soldaat. Ek 
ken die voetstappe goed genoeg. (Spoeg veragtend op die 
vloer.) 

JUDAS (Wys na die gordyne, saaklik): Gaan agter uit; dis 
veilig daar. En gaan onmiddellik na die kruis. (Ironies) 
Bewaar die vrede lank en gee die haat ’n kans om nog 
te groei. God sy met julle. 

JOSUA en STEPH: Vrede! 

(Hulle uit. JUDAS en MAGDALENA bly roerloos staan.) 
(’n Harde stamp word skielik aan die deur gehoor. Hulle 
verstyf. Magdcdena klem aan Judas vas.) 

RUWE STEM: In die naam van die Keiser, maak oop! 
(Die deur word geskop.) 

JUDAS: (Tree nader en maak die deur oop.) 

(’n ROMEINSE SOLDAAT tree binne. Sy houding spreek 
van eiewaan en selfversekerdheid. Hy stamp JÚDAS 
veragtend opsy.) 


45 


SOLD (Kortaf): Ek het bevel om elke huis te ondersoek 
vir oproere. Daar was genoeg kranksinnigheid vandag. 
Die duisternis is ’n bondgenoot van hulle wat die gesag 
van Rome wil ondermyn. (Roep) Alle Joodse papbroeke 
wat wegkruip, kom uit! 

(Gespanne stïlte.) 

HANNA (Verskyn van agter die gordyne, stil en waardig): 
Het iemand my geroep? 

SOLD: Was jy alleen? 

HANNA (Kalm): Ek was alleen. 

SOLD: En as ek iemand anders kry? 

JUDAS: Ons Joodse vroue lieg nie, Romein. 

SOLD (Ironies): Voorwaar ’n onderskeiding ! (Veragtend) 
Vroue is almal eners, Jood — so geslepe soos ’n tier. 

(Hy verdwyn agter die gordyn, hou sy svxmrd gereed. 
Gespanne stilte. Na ’n oomblik keer hy terug.) 

JUDAS: Wel, sien jy ’n oproer? 

SOLD (Spottend): Nee, Jood, maar bang gesigte wel. Dis 
soos julle almal is. Grootpraat, ja, maar manlikheid? 
Dis te veel gevra. 

JUDAS (Met ingehoue woede): Jy praat te veel, Romein. 
Jy kry nie jou soldy vir slimpraatjies nie. Doen jou werk; 
ons hinder nie. 

SOLD: Jy moet jou woorde beter tel, Jood. Die tronke is 
juis te leeg. Een meer van julle daarin sal dit nie óórvol 
maak nie. 

(Staan luisterend.) 

JUDAS (Honend): Die Jode is te veel vir jou, Romein. 
Hulle is gewoond om weg te kruip. Soek maar gerus; 
miskien is dit die laaste keer dat jy dié voorreg sal 
geniet. 

SOLD (Lag, slaan op sy hors): Aha, nog ’n profeet waar- 
mee die Joodse volk so ryítlik bedeeld is! Vertel gerus 
nog meer, vriend Jood. Pilatus stel belang in toekoms- 
blikke en luister graag daarna. Miskien moet ek jou 
neem na sy paleis. Dit sal hom bietjie pret verskaf, ’n 
afleiding in hierdie saaie stad. Veral na vanoggend se 
oproere. 

MAGD (Beangs): Nee, nee, moenie! Hulle sal jou martel, 
Judas. 

SOLD (Verras, tree nader na haar): So, sy kan praat? Sy 
het waaragtig ook ’n tong. Ek het gedink ons Joodse 
duif is stom en doof . ( Steek sy hand uit na haar; sy deins 
terug; hy lag ) Hoe koketterig lyk sy nie ! Sê my, vriend 

46 


Jood, hulle sê julle vroue is so warm. Steek daar waar- 
heid in? 

JUDAS (Tree woedend vorentoe): Jou hond! 

SOLD (Keer hom met die swaard, dreigend): Oppas, Jood! 
Ek is nou wel nie in ’n luim om dood te maak nie, maar 
ek kan versoekings nooit weerstaan nie. ( Lag veragtend ) 
Julle Jode vergeet so gou. Julle Groot Profeet is maar 
so pas gekruisig, en tog het julle reeds vergeet wat Hy 
met soveel vuur verkondig het. (Boots minagtend na) 
Bemin jou naaste net soos jouself, en bid vir hom wat 
jou beledig en vervolg. Foeitog, Jood, wat sou Hy sê as 
hy jou nou moes hoor? Sy hart sou breek . . , 

JUDAS: Bly stil! 

SOLD ( Ongesteurd ) : O, miskien, het ek jou vals beskuldig, 
Jood. Miskien glo jy nie eers in Hom nie. Dan is ek 
werklik jammer, hoor. 

JUDAS: (Staar strak voor hom uit. Sy houding is gespanne, 
soos dié van ’n vasgekeerde dier wat wïl spring.) 

SOLD: Luister, Jood, ’n leier word gebore — nie gemaak 
deur sieklike verbeeldings nie. 

JUDAS (Skor): Hy was ’n leier! En Hy leef! Gaan kyk 
maar self daar waar Hy aan julle vuil kruis hang. 

SOLD: Hy sal sterf, Jood, dit kan jy glo. Ek het meer as 
een aan die kruis sien sterf. Sy asem is ’n bietjie lank, 
dit gee ek toe. Maar alles het ’n einde. Jy dink Hy was 
’n leier? Ba! Gaan vertel dit vir die olywe wat op die 
Olyfberg staan. Die Man kon praat, orasies hou oor liefde 
en verdraagsaamheid ; ja, dít kon Hy doen. Maar veg 
soos dit ’n man betaam? Daarvoor was hy waaragtiglik 
te pap. Maar so is julle almal maar, 

JUDAS (Hees): Praat maar solank jy nog die kans het, 
Romein. Want lank sal dit nie meer kan duur nie, Hoor 
hier, Romein, ’n week of twee, en julle is nie meer hier 
nie. (HANNA tree onwïllekeurig vorentoe.) 

MAGD (Met angs): Judas, nee, jy weet nie wat jy sê nie! 
Meneer, vergeet sy woorde asseblief. Dit was in drif gesê 
en drif en redelikheid gaan nooit saam nie. 

JUDAS (Stoot haar weg): Staan tru, Magdalena. Geen 
Israeliet kniel ooit voor Romeine nie. Ons het ons trots! 

SOLD (Druk die swaard teen Judas se bors): Jou humeur 
het ’n temmer nodig, Jood. Was jy gewapen, sou ek jou 
tong met vreugde uitgesny het. (Kortaf) Maar ek het 
werk om te doen. (Buig spottend na elkeen afsonderlïk) 
Tot siens, my Joodse vriende; miskien sien ek julle een- 

47 


dag weer. Die wêreld is kleiner as wat ons soms besef. 
(Suggestief aan Judas) Moontlik by jou eie kruisiging. 
(Stap vinnig, militêr na die deur. Hálfpad egter gaan hy 
stïlstaan, want J OSEF, ’n seun van ongeveer llf jaar, het 
binnegestorm. Hy is duidelïk opgewonde. As hy die sol- 
daat sien, deins hy versJcrik terug.) 

JUDAS (Wat verras nadergestaan het): Kom binne, Josef. 
Wat is dit? 

JOSEF; ^Kyk bang na die soldaat.) 

JUDAS (Veragtend) : Toe maar, Josef, praat maar. Sy 
soort sal jy oral kry. 

JOSEF (Nog aarselend, maar opgewonde): Judas, Judas, 
Hy lewe nog. Ek het Hom self gehoor. 

(Die SOLDAAT tree oorbluf nader, duidelïk deur iets 
verras.) 

JUDAS (Met triomf): Hoor jy, Romein, Hy lewe nog! 
Hierdie duisternis is ’n vingerwysing na julle ondergang. 
Ha . . . ha . . . die groot Romeinse Ryk! Die magtige Ryk 
wat onbeweeglik is! Hoe gaan dit nog verpletter word! 
(Die SOLDAAT antwoord egter nie, staar aanhoudend, 
asof gehipnotiseerd, na Judas. Judas voel dit aan. Vir ’n 
oomblïk staar hulle mekaar vas in die oë. Daar is ’n 
voelbare stUte.) 

SOLD (Met ongeloof): Judas? Is jy Judas? Die . . . die 
een wat . . . ? 

JUDAS (Met vrees): Bly stil, jou hond! 

SOLD (Lag lelik): Ha . . . ha . . . ha, Judas, die verraaier 
. . . het skielik . . . ’n kampvegter geword . . . Ha 
. . . ha . . . ha! By al die heilige gode van ons Keiser! 
Dit moet ek waaragtig aan Pilatus gaan vertel . . . 

( Gaan uit, terwyl sy lag nog klink soos ’n bespotting. Die 
lag klink verder en verder.) 

(POUSE. Judas staar vnld na die deur, struikel ’n tree 
vorentoe.) 

JUDAS (Skor): Die vloek! Mag sy siel vervloek wees! 
MAGD: Judas, Judas, dis alles verby. Vergeet dit liewer . . . 
JUDAS (Onrustig): Ja, ek sal vergeet. Maar net tot móre 
. . . oormóre, wanneer ons baas in hierdie land sal wees. 
Dán sal ek onthou. Dan sal ek hom dwing om elke woord 
en daad terug te trek. Hy sal dubbel boet, Magdalena. 
Jehowa is getuie! 

HANNA (Wat al die tyd eenkant, stil op ’n bankie gesit 
het): As Hy ons volk regeer, sal alles eners wees. Jy 
ken sy leer van liefde en verdraagsaamheid. Dit sal Hy 

48 


altyd handhaaf. (Bitter) As Hy nie reeds dood is nie. 

JUDAS: Hy sal nie ’n despoot wees nie, Moeder. Streng, 
ja, maar geen Romeinse Keiser nie. Ons sal ons vryheid 
om te handel soos ons goeddink tog binne Sy regering 
hê. En dié Romein sal boet; ek self sal daarvoor sorg. 
(Na ’n rukkie starend) En Hy . . . eers dán sal Hy my 
ken, waaragtig ken. Nie Judas die verraaier nie, nie 
Judas wat maar aldeur jabroer speel as ander hulle 
menings lug. Maar Judas, die sterke, die sekere, die wils- 
kragtige ! 

(Merk skielik vir JOSEF wat stom eenkant staan. Hy 
plaas sy hand op die seun se hoof.) 

(Sagter) En jý sal word, soldaat van Israel, met pyl en 
boog en swaard kompleet. 

JOSEF (Opgewonde): Ek wil ’n perd ook hê — ’n witte 
met die maanhaar van ’n leeu. 

HANNA (Ongeduldig, staan op): Jy praat die kind se kop 
vol dinge, Judas. Móre-oormóre leef hy in die werklikheid 
en jy sal moet verklaar waarom die lewe nog dieselfde 
bly. 

JUDAS ( Lewe hom in ) : En ek en jy ry oor die dale, op teen 
die steil Olyfberg en anderkant af. Dan soek ons manne, 
sterk en fris soos ek en jy om leërs vir Israel op te bou. 
En aan die voorpunt ry ons Leier, en ek, die owerste oor 
duisende, ry neffens Hom . . . 

JOSEF: En ek weer langsaan jóú. 

JUDAS (Glimlag): Ja, jy ry langsaan my. (Soos in ’n 
droom ) : Ons hele volk ry langs mekaar, soos ware helde 
wat onoorwinlik is. 

(POUSE) 

HANNA (Wat hy die deur gaan staan het, plotseling): Kyk, 
kyk, dit word lig, dit word lig! 

(Almal snel na die deur. Dit word állengs ligter totdat die 
helder daglig oor die drumpel vál.) 

JUDAS (Skielïk bitter): Ja, dis lig, en Rome hou nog wag 
oor ons — sy dom en swak ou kuddetjie. 

MAGD (Leun teen hom aan): Daar is nog tyd, Judas. 
Wie weet, miskien is Hy reeds besig met Sy optog. 

JUDAS: Wag . . . wag! O, Jehowa, hoe lank sal hierdie 
wag nog duur? (Struikel weg tot in die middel van die 
vertrek, waar hy ■’n oomblik geboë staan.) 

(Na ^n rukkie) Josef! 

JOSEF (Kom skugter nader): Ja, Judas? 


49 


JUDAS (Plaas sy hand oor die seun se skouer): Josef, het 
Hy iets gesê? 

JOSEF: Ja, Hy het. Ek het naby die kruis gestaan. Sy stem 
was soms so dof . 

JUDAS (Hees): Sê my, wat . . . wat hy Hy gesê? 

JOSEF (Dink na): Ek kan nie mooi onthou nie. lets van, 
ja . . . nou onthou ek goed: ,Vader, vergeef hulle, want 
hulle weet nie wat hulle doen nie.’ Toe het ek gekom om 
jou te kom vertel. 

JUDAS (Moeg): Was . . . was dit al? 

JOSEF: Ek kan die ander nie onthou nie. Hy het daarna 
nog gepraat. 

JUDAS: Maar jy moét onthou, Josef. Ek moét dit weet. 
O God, die onsekerheid ! Het Hy gesê dat ons moet klaar- 
maak vir die slag, dat Hy sal afkom as ons roep? 

JOSEF: Nee, ek weet nie meer nie, Judas. Ek het net 
gehoor: „Vader, vergeef hulle ...” 

JUDAS (Peinsend): Dit klink wel na ’n God, ’n Vors vir 
Israel. (Vertwyfelend ) O Jehowa, as my volk maar groot 
kon wees, waaragtig groot, soos ons eenmaal was! Maar 
ons is klein soos wurms in die stof. 

MAGD (Gaan by hom staan): Dit moet jy nooit weer sê 
nie, Judas. Waar is die hoop en moed van netnou dan? 
Die durf en krag van ouds? 

JUDAS (Sug): Jy maak my skaam . . . en bitter, Magda- 
lena. (Starend) Ons volk is groot, ja selfs wanneer hulle 
kruip voor Rome en sy mag. (Vol twyfel) Dit sê ek 
telkens vir myself, herhaalde kere, totdat refreine krank- 
sinnig in my hoof bly maal. (Struikel weg) O God van 
ons voorvadere, hoe kan ek glo dat Jerusalem nog in my 
volk se harte woon? 

MAGD (Teer): Jy moenie tw^rfel nie, my man. Want twyfel 
is die wortel van die vrees. ( Sluit haar oë vir ’n oomblik; 
dan stïl, hees). Dit was Sy woorde eenmaal ook, onthou 
jy nog ? , As julle dan glo en in julle harte nie twyfel nie, 
weet dan dat alles moontlik is.’ 

JUDAS (Oorweldig): Só wil ek jou hoor praat, my vrou. 
O Magdalena, jy gee my telkens krag, ’n nuutherbore 
krag. Hoe kan ek twyfel solank jy by my is? 

MAGD (Eenvoudig): Ek is maar net ’n vrou. 

JUDAS: Tog is jy sterk, en daarom sal ek sterk wees . . . 
om Hom, my Meester en ons Leier, te behaag. 

(Staar na buite) Ek sal hier wag totdat Sy koninkryk 
gestig en vas gegrondves is. Eers dán sal ek na Hom toe 

50 


gaan. (Fluisterend) En Hy sal hierdie brandende siel 
verstaan . . . 

(POUSE. Almal staan gehoë, verslae deur die oomblik.) 
(Dan plotseling bars JOSUA en STEPHANUS na binne. 
Hulle is moeg en uitgeput.) 

JUDAS: Wat is dit? Wat is dit? (Slinger nader.) 

(JOSUA en STEPHANUS staar gebroke na die grond, 
hulle gesigte hedek met hulle hande.) 

JUDAS (Met angs): Josua, wat is dit? Antwoord my, ek 
wil weet! Is dit . . . ? 

STEPH ( Gebroke ) : Hy , . . Hy is dood . . . 

(HANNA en MAGDALENA ween op mekaar se skouers. 
JOSEF staar na JUDAS, sy oë groot en magteloos.) 
JUDAS ( Slinger nader soos in ’n droom ) : Dood ? Dood ? 
JOSUA (Ontroerd, stotterend): Ons het dit self gesien. 
Selfs hoe ’n swaard gesteek word in sy sy. Toe het ons 
gevlug. O Jehowa, wees ons genadig! 

JUDAS (Skor): Dit lieg jy! Ek glo dit nie. Julle moet 
kranksinnig wees. 

STEPH: Tog is dit so. Ons het dit self gesien. Sou ons 
dan lieg? 

HANNA (Wenend): O God van ons voorvadere, wees ons 
genadig . . . wees ons volk genadig! 

JUDAS: Nee . . . nee . . . Jehowa, dit kan nie, dit mag nie 
wees nie! 

(Snïk onbeheers, sy gesig verwring in sy hande. Swaai 
plotseling om na hulle) Gaan weg van my. Laat my 
alleen . . . laat my alleen! 

(JOSUA en STEPHANUS met geboë hoofde uit.) 
MAGD (Snel nader, ontroerd): Judas . . . Judas, my man, 
my arme man . . . 

JUDAS (Magteloos): Laat my alleen! Ek smeek jou, Mag- 
dalena, laat my alleen! 

(HANNA, MAGDALEN A en JOSEF wenende uit.) 
(POUSE) 

JUDAS (Noudat hy alleen is, voel hy die naaktheid van sy 
siel; met sielswroeging ) : Jesus, Jesus, Seun van Jehowa, 
hoe het U my verneder tot die diepste dieptes toe. Ek wat 
U groot wou sien, die Vors van Israel wat Rome sou 
oorwin. Ek wou U net maar dwing om in ons volk te 
glo soos ek. En U wou nie ! , , . En U wou nie ! 

(Struikel vorentoe, starend) O God, hoe leeg hoe ver- 
skriklik leeg is die mens se siel wanneer hy te staan kom 
voor verydeling , . . en self veragting ! 

51 


(Uy strompel vnld na die deur. Sy hande klem vir ’n 
oomblik aan die kosyn. Dan verdwyn sy gebroke figuur 
na buite. 

Die ligte het intussen allengs verdof, die skerm het stadig 
grondwaarts beweeg. As dit die verhoog raak, is dit stik- 
donker . . . 


52 


A. SWART: 


Die Groot, Groot Onbekende 

O Grote Mag wat ons as mense Goclheid noem, 
verhewe, onaantasbaar , in onsighare verborgenheid, 

Mag wat onmeetbaar uitkring, onontkombaar opdoem 
uit newels van ’n ewige bestaan, Tydlose Tyd, 

U, Mag, het uit die duisternis en wêreldvloed 
veroorsaak hierdie groot oneindige heelal! 

U het gewoeker, uitgebars in kragte wat moet 

skeiding maak dat lig en duisternis opvolgend val 

oor woeste leë watervloed waaruit die land en see moes groei 

deur werking van U onbekende, onheteuelbare krag, 

sodat die waters van die uitspansel tot een versameling vloei 

met tussenin die kontinente wat U wisselbaar vermag. 

En uit die kernbron waar U alom bestaan 
het gloeiend in ’n vuurbal uitgevlam die son, 
met hemelliggame op wydgekringde sirkelbaan 
al draaiend ook om eie as, al om die moederbron: 
ontelbare planete, sterre, mane, kleiner sonne uitgestrooi 
asof met reusehand oor uitspanseloneindigheid, 
maar tog met doelgerigtheid elkeen op sy baan gegooi 
as vaste aanduiding van perke, afstand, ruimte en tyd. 

So het U uitgehars, in talloos vele rigtings voorthestaan; 

So het U krag vertak, gestrek oor eind’loosheid 
van hemelliggame ontelbaar, elkeen op sy baan, 

U , Mag, se voortsetting van ewigheid tot ewigheid. 

Ook op ons enkele stippel van dié eind’loosheid 

was daar nog steeds die woekerwerking van U , Mag, 

en met die gang van eeue, onberekenbare tyd, 

gaan U vertakkinge in duisend sfere steeds van krag tot krag. 

In elke sel en samestelling van selle-duisendvoud 

skuil immer onvoorspelbaar nuwe vorm en groter groei; 

in daardie krag wat elke wese vul tot selfbehoud 

en steeds teenwoordig, immer-sluimerend hroei. 

Daar was die tyd van eerste lewe in die oseane, 
wurmagtig, pap, maar in gedurige verandering 
wat lei tot nuwe tydperke en in die hand werk die spontane 
teenwoordigheid van stewigheid, ruggraatontwikkeling. 

En op die oewers kom die wonder van geil plantelewe 
sodat dit lewe uit die waters landwaarts verlei 
wat nou tot aanpassing verander en ’n meer verhewe 
hestaan moet voer en aanduidings van ledemate kry. 

Daar was die tyd van vlieënde gevlerkte monsters, 

voorlopers van die hedendaagse voëlskaar; 

en reptiele verander in viervoetige veelsoortig’ monsters, 

53 


die voorouers van elke latere soogdierpaar. 

Op land en in die see vind elke vorm sy tuiste, 

uiteindelik ook die species wat in bome slaap 

waaruit ontwikkel die ratsklouterende juiste 

vorm van die mensvoorloper, verskeie soorte van die aap. 

En ons as mense wat die wêreldtydperke klassifiseer 

en met die opgewonde drang na meer ontdekkings steeds hesiel 

die lankvergane dierelewe vasstel en indentifiseer 

met die behulp van opgrawings en samestellings van fossiel, 

ons staan verwonderd voor die onomstootlike bewyse 

van reusedier, reptiel, fantasties in vorm en bou 

bewoners van die wêreld in die ver verlede, gryse 

getuienis wat die aardeskoot in stom bewaring hou 

totdat die mens, tot hiertoe hoogste vorm van aardse lewe, 

dit opdiep en rekonstrueer in fyn volledigheid 

sodat hy in bewo'é eerbied in die wete bewe: 

voor so 'n magtige bewys van U staan hy ’n nietigheid. 

Uiteind’lik dan, op één klein stippel van die groot heelal 

het daar ontstaan die weergalose mens, 

hetsy uit stof van hierdie aardse dal 

en God se asemgewende skeppingstendens, 

hetsy uit oor en oorverdeling van eenselligheid 

en eeue-oue krag van eie groeipotensiaal 

totdat die vorm deur ewolusionêre drang en stryd 

die hoë peil van hierdie rasionele mens behaal. 

Na liggaamskrag en weerstand bly die mens ’n swakkeling, 
immer die prooi, die slagoffer uiteind’lik van die Dood 
wat soms so onverwags, nêrens vandaan en sonder waarskuwing 
die draad afknip en ons geweldig oor die skeiding stoot; 
of andersins met skuifelgang en stadig stap vir stap 
al nader sluip met pyn en lyding as sy boodskapper, 
wat met verwoesting liggaamskragte opvreet, hap vir hap 
meedoënloos afbreek elke middel wat die mens gebruik as 

teenvoeter; 

of derdens saggies en genadig in die uur van sluimering 
sy mantel om die mens geluidloos en in stille deernis vou, 
sodat die slaap verdiep, die gees tot in die verre ewigheid weg- 

kring, 

al verder swewend soos ’n vo'él wat sirkel teen die blou. 

Dié liggaamswakke mens se krag lê in sy ratio opgesluit, 
in die ontwikkeling deur die eeue van sy sluimerende brein 
in sy vermoé om te worstel met probleme wat hom stuit 
en oplossings te vind, selfs hoe onmoontlik dit ook skyn. 

So het die mens gegroei van ruwe grotbewoner wat slegs poog 
om te bevredig elke drang wat basies in sy wese lê, 

54 


wat slegs gemoeid was rnet sy voorthestaan en nooit gedoog 
dat ander sy gedragslyne en wette vir hom voor tnoes sê. 

So het die mens gegroei tot hoogs verfynde wese wat heska- 
wings hou 

gegrond op goeddeurdenkte wet en ord’likheid 

waar mense saamgesnoer is op sosiale struktuur waarhy hul hou 

met trapsgewyse onderhorigheid die raam van die heleid. 

Die vrou het uitgegroei tot fraaie wese soos ’n hlom 
wat in die helder lig haar kleurerykheid flitsend tart 
sodat die hye, immer soekend, orn en otn die kelkie drotn, 
maar immer soekend na die wondernektar in haar vrouehart. 

Die tnan, gallante heer eti ridder, eer die vrou 
in liefde en heskerming en erkentlikheid, 

sodat hul satnesyn die moontlikheid van soete hartnonie inhou 
wat hul verhef tot deug en skoonheid in ’n korte tnenselewens- 

tyd. 

So het die mens gegroei tot wese wat die skoonheid min 
— die uitverkorenes uit die tnassas oor die aarde heen — 
tot wese wat sy siel ontvanklik oopstel en ’n dieper sin 
hewaar in vorm en klank en lyn en ryk verheelditigseëti 
sodat hy juigend juhel, klinkend genotvol sing, 
of dof swaarmoedig weeklaag, wenend treur, 
of rustig kalm in stille vreugde hulde hring 
en so sy siel se ondervinding ryklik na huite heur 
in roUende tnusiekklank oor snaar en klawer uitgespeel, 
in heeldingryke woord van prosa, klankryke po'ésie, 
in allerfynste kleurspatsels met verfkwas uitgedeel 
in stil waardering, soet helewing, droewe voeling, harttionie. 

So is sy hron immer die wye wêreld, verre lande, 

’n elke kontinent en eiland nahy en ver gele'é 

met wye oseane wat steeds aanspoel teen hul strande, 

die rustelose nimmerstille woeling van die see; 

die hlou lug wat met koepelhoog ho-oor gespan is 

en wolke swewend op die ligte asem van die wind, 

of hlou-swart saamgepak met hlits en donderwoede gis 

om dan met stormgeweld en haelíand heel die landskap te ver- 

slind 

en dan weer oor te gaati in stille ruising van die re'én 
wat saggies laafnis hring aati dorre, harre grond en veld 
soos trane wat nou drup, drup, soos van iemand wat daar ween 
oor skade van sy woeste, onheheerste groot geweld. 

Sy hron strek uit tot aan die kruin van hergerande 
waar aasvoéls ho die kransetande kringend draai, 
strek uit oor uitgestrekte wye gras- en vlaktelande 
waar ewiglik die winde fluisterend waai, 
waar ewiglik die wildshok ligvoets, vlugtig, stiuif-snuif 
versigtig uit die klou en tande van die leeu moet hly, 
strek uit oor kloof en krans waarho die misreén opstuif 

55 


van waterval wat in verplettering uor die afgrond gly, 

Sy bron is ook die duisend blomme met hul kleure 
in veld en tuin, met ryklik op die wind gestrooi 
die soet bedwelming van hul duisend geure, 
wonderbekoring van hul bontheid o! so mooi! 

Sy bron is ook die stemme van die strome water 
wat kabbel oor die klippe of deur die riete fluister 
wat verder af na onder oor die kranse klater, 

’n eindelose stemmefees vir elke siel wat luister. 

Maar o, sy bron is ook die mensemassas oor die aarde, 
die menigtes wat dralend malend heen en weer krioel, 
so onbewustelik soekend na ’n dieper lewenswaarde 
en elkeen tog met eie strewe, eie voorbedagte doel, 

’n ieder met sy eie porsie leed en vreugde, 
die rus en onrus van sy immerswangere gemoed, 
sy seer tekortkominge trotse deugde, 

’n eie weg waarop hy na sy einde spoed; 
die haat en nyd en afguns wat daar skuilhou, 
donker emosiesale van die mens se donker hart, 
die liefde en vergifnis wat hom lewenslank gestand hou, 
geblomde suile lig en glansend teen die swart. 

Sy bron omhels die mens se elke veranderlike stemming: 
die hoogtes van sy lewensvreugde, grenseloos en groot, 
die grondelose dieptes van sy sterwensbeklemming, 
die onontkombare bedeling van Lewe en van Dood. 

So het die mens gegroei tot wese wat steeds spartel 
om hier sy lewenspan ’n weinig te verleng, 
om los te kom van pyn en siekte wat hom martel 
om langer uit te stel die dood en graf so eng, 
deur mediese eksperiment, deur navor.sing en proewe 
sy kennis uit te brei en vas te lê, 

’n lydende, smartryke mensdom ten behoewe, 
deur nood en pyn ’n siektevrye lewe steeds ontsê. 

Hy voer sy stryd teen swaar armoedsgebrek en ondervoeding 
by kinders wat met diepgesonke honger ogies kyk; 
maar wrange teenstelling, ook oorvloed se oorvoeding 
waar vele wurg en byna in ’n oormaat vet beswyk. 

Hy voer sy stryd teen siekte wat sy wortels stewig anker 
voordat hy sy gevreesde teenwoordigheid verraai; 
en stil, kruip-kruip versprei die selvretende kanker 
om rou, verterende verwoesting in vlees en bloed te saai. 

Sy stryd gaan om verbreking van die greep van tering 
wat deur aansteeklikheid sy prooigetal verhoog, 
die longe aangetas en swak laat, die liggaam sonder wering, 
met sy verwoesting steeds verborge vir die mense-oog. 

Hy veg teen die aansteeklike verrotting van die wit melaatsheid 

wat van sy slagoffers gevreesde verstotelinge maak 

tot onlangs nog soos uitgewerpte toekomsloses in hul stryd 

56 


en wagtend op die dood wat langsaam kruipende genaak. 

Hy veg koorsagtig teen die angs van kinderverlamming 
wat kinders neervel ea hul brose liggaampies verlam 
en ouerharte krimp oor senu en spierverstramming, 
oor eenmaal frisse ledemate nou geknakte twygies aan die stam. 
Sy stryd gaan teen toenemende tromhose, bloedklontvorming 
wat soos 'n roofdier blitssnel toeslaan met gevreesde tand en 

klou, 

geen tyd toelaat vir voorbereiding teen die vyand se hestorming 
’n dodelike toeruk van die hart, vinnig en gou. 

Sy stryd gaan teen veelvuldige besmettende koorskwale 

wat steeds gevaar van epidemies vir die mens inhou 

tensy die slagoffers verpleeg word in afsonderingshospitale 

waar toegewyde sorg die siektegreep op ylende pasiënt verflou. 

Hy voer sy stryd teen blindheid van die mens se oë 

deur ongeluk of deur die werking van trachoom 

waardeur die mens se wonderlampe uitgedoof word en hy diep 

hewoë 

van lig en sonskyn slegs nog in sy donker wêreld droom. 

So veg hy voort teen elke siekte elke vorm van Uggaamsver- 

minking 

om hierdie worstelende mensdom van lyding te hevry; 
maar ook teen die tragedie van die waansin, geestesinsinking 
waar donker magte van verwarring die gees in dwalings lei 
deur doolhowe van angs en swart neerslagtigheid, 
op onbeheerste drif se duiselinge wentelbaan, 
in onontkombare draaikolke van ’n sieleworstelstryd 
en in die hodemlose dieptes van hedreigings- en vervolgings- 

waan. 

Ja, so het ook die rnens gegroei tot wese wat daagliks gebruik 
die bronne wat omgewing en natuur hom mild’lik hied, 
diere en veld, water en grond, plante en saad en struik 
sodat hy in sy aanskynsweet die volheid van die aarde kan 

geniet 

en tot ’n fyne kuns ontwikkel het voedingsbeplanning en dieet, 
tot fyne kuns die voorbereiding van sy maaltyd, koninklike fees, 
met blotnme, lekkernye en in oorvloed vrolikheid uiímeet 
met glansende sjampanje waarmee hy minderwaardigheid genees 
Tot selfs die ingewande van die aarde hol hy soekend uit 
om daar te vind verborge skatte, edelstene, goud, rnetaal 
waarmee hy meer gerief en nuwe vergesigte vir homself ont- 

sluit, 

al gou vergetend van die prys aan men.sesiele, menselewens uit- 

hetaal. 

Met elke produk, vesel, nietaal en erts wat hy ontgin 
word daar gevorm, gesmee, gehou en inmekaar gepas, 
en in hand kry lewelose yster lewe, nuwe hetekenis, sin, 

57 


Masjienemonsters met die mens se elke wil en gril belas. 

En daarby voeg hy nog kragopwekking, radiogolwe, radarsein, 

’n netwerk wat hom van die verste aardeindes vergewis 
en kennis gee van elke toestand, elk gebeure, voorwerp groot 

en klein 

en dinge sigbaar maak nog voor hul werklik sigbaar is. 

Ook seljs die oseane is deur hom oorwonne 

sodat sy skepe om die aardbol soos drywende paleise vaar, 

gemaklik ingerig sodat die mens sy ydele en onbesonne 

gemaksug ook op die uitgestrekte seë kan bewaar, 

sodat geen land of eiland vir hom onbekend bly, 

geen afstand vir die reisiger te ver of groot, 

en elke volk ook op die seë sy belang kan uitbrei 

of neerduik en geheime van die diepe see ontbloot. 

Die lug deurklief hy in snelvlieënde gevaartes 
wat met ’n knal selfs deur die klankgrens breek 
asof hy in ’n skreeuende jaagduiwel pas ontaard is 
wat hom op hindernis van tyd en afstand woes wil wreek. 

So reis hy in ’n ommesientjie duisend myle 

met land en see soos in ’n feëverhaal ver onder hom. 

So neem die aflê van groot afstande maar net ’n wyle 
sodat die haastige reisiger gou-gou by sy bestemming kom. 

So is hy heerser oor geheel die aarde 

so is hy heerser ook oor al die wydtes van die see, 

verwaand bewus van sy belangrikheid en eiewaarde, 

vergetend dat dit U is wat sy heel bestaansreg srnee 

hetsy U God is wat hom skep en asem gewe 

en in genade altyd oor sy welsyn waak 

hetsy hy deur U werking uit die primitiefste vorrn van lewe 

o mag van ewolusie, sy verskyning maak. 

Maar sonder dure offers kon hy tot die heerskappy nie kotn 
en laat die dood hom telkens weer steierend tot stilstand ruk 
wanneer die waarheid onbetwisbaar op sy gewete trorn: 
hy is die oorsaak van die dood deur otigeluk 
omdat die mensgernaakte snellende monsters op die paaie 
die metis se wil en gril nie steeds onfeilbaar dien, 
en sal hy altyd weer langs afgronde en draaie 
jammerlike gekerm hoor eti bloedbevlekte lyke sien. 

Ook eis die see immer sy prys aan lewens en aan skepe 
wanneer hy hom in siedende onrus op die mensoortreders 

wreek; 

dan skeur die stormwind die mens se handewerk aan repe 

en laat die oseatie oor die indringer hul golwe donderend breek. 

Ook vlie hy nie iti sorgelose ongerepte vlugte 

soos voëls wat fladderend styg of swewend daal 

hoog iti die blou asuur van grenselose lugte 

met wydgespreide vlerke wat hul nimmer faal. 

Vir hom skuil reddinglose dood in stollende motore 

58 


waania hy aardwaarts dan te pletter val 

of in die lug ontplof, disintegreer met geen gevaarsein vante- 

vore — 

net stukkies mens, metaal en ronip verstrooi oor herg en dal. 
Die dood skuil ook teen misbedekte bergehange 
waar mensekind geen instink het oni hom te lei 
en hy in een kortstondige sekond van botsing skokbevange 
besef: net ’n verkoolde grusaamheid sal agterhly. 

Dan, hoof geho'é, bly die mens ’n oomblik staan waar kluite 
dof ploffend onherroeplik op ’n kis se deksel val, 
sy oë dof en wasig soos die wasigheid teen ruite 
in reënweer, niksienend starend op sy voete pal. 

’n Oomhlik slegs, want heel die mensdom is deur U , o Mag, 
gevorm tot digte kettingnet van skakels inmekaar gepas 
waar elke niens ’n skakel vorm tot ondersteuning en tot krag 
en tot die mens se voortbestaan, sy erfnislas. 

’n Oomblik slegs, want waar ’n skakel in die netwerk .swig 
word dit vervang so gou as moontlik met min tydsversuim 
sodat die niensdoni weer opnuut sy oë en skrede voorwaarts 

rig 

en deur nuwe verstewiging sy toekornshoop verruim. 

Maar verstaandes ondervind die wrede waarheid van die lewe 

waarvoor hul in geskokte bitter ontnugtering staan: 

al rnoet hul ook deur riood en angste bewe 

en swaar gehukkend onder rnoeilikhede gaan, 

al voel hul dat die lus orn nog tc lewe hul versaak het, 

al is hul deur die dood se srnart en droefheid platgeslaan, 

al voel hul dat die lewensnag vir hul genaak het — 

Die Wêreld Gaan Maar Aan. 

Geheel die rnensheid vortn ’n kosmopolitiese eenheid 
wat saatngesnoer is deur verhoudings tussen tnens en mens, 
maar elke enkeling staan tog apart in sy alleenheid, 
gekenmerk en omsluit deur ’n hesondere enkelingsgrens; 
want U, o Mag, lê in die hart van elke enkeling, 
diep iti die wese van die eenlopende indiwidu. 

U skuil verborge waar geen tnense-oog indring 

otn daar in stil geheime derike voort te stu, 

otn elke gees sy krag te gee tot uitwerking van eie heil, 

bepaling van sy lewendoel en onvermydelike lewenslot 

waarvan hy slegs begin, tttaar einde nie kan peil 

omdat dit sotns in onvoorsienhare eti ongevraagde dwalings vlot. 

Die een styg op uit knellinge van aardsgebondenheid 

en vind in strenge lewenswandel diepgaande .sielevree 

waardeur hy glo dat hy deur sonde-onthoudingstryd 

’n geestelike land, ’n ewige Hiernatnaals sal betree. 

’n Ander tnag daar wees wat vir die oomblik leef, 
wat najaag wat plesier en elk’ vertnaaklikheid hotn hied; 

59 


LetterkundeS 


wat nou maar eenmaal netnie toelaat dat daar kommer aan 

hom kleef 

wat steeds sy eie stem en selfbelangrikheid geniet. 

Nog meer is daar wat geen gebrek aan aardse goedere ken, 
vir wie besit die maatstaf is van elkeen se belangrikheid; 
ook is daar droewe menigtes, deur nood, gebrek en honger 

vasgepen, 

wat in hul gees steeds magteloos bly in armoede se sukkelstryd. 
In duisendvoud bestaan ook siele wat hul kragte stel 
in diens en arbeid en steeds hulp aan hulle medemens verleen, 
vir wie opheffing as hul enigste beloning tel, 
vir wie erkentlikheid genoeg is as ’n arbeidseën. 

By vele geeste brand daar onontkombaar steeds die drang 
van soek en ondersoek, ontleding, studie onbeperk, 
sodat die ganse mensdom die resultaat en voordeel kan ontvang 
en so sy gees immer opnuut verkwik, verruim, versterk. 

So’t elk ’n eie weg wat hy bewandel, 

’n eie lewensdoel waarna hy streef 

’n eie opgestelde plan waarna hy handel, 

en tog is mens en mens se doel en late deurmekaar geweef. 

As enkeling en eenling kan die mens summier alleen staan 
maar vir ’n elk is tog ’n wyer groepsindeling bepaal 
en moet hy lidmaatskap na willekeur of sonder keuse aangaan 
deur kenmerk van geboorte, nasie, ras of kleur en taal; 
en elke aangewese owerheid van groepe stel sy eise 
waarby die enkeling as lid van die besondere groep moet hou 
deur onbesproke en bevorderlike handelswyse, 

’n ooglopende bewys van aangevoelde plig en trou. 

Aldus bestaan daar op die lange leer van groepe 

die vastrapplek, die eerste sport, die huisgesin 

met elke man en vrou deur erfnisreg daartoe geroepe, 

’n god’like belewenis van vadertrou en moedermin 
waar liefde eers net soos ’n skaamsku bloeiselknoppie huiwer 
wat wag op krag van strale van die lenteson 
en blinkskoon druppels water uit ’n hoë wolkevywer 
voordat dit oopbars in ’n kleur en geurebron. 

Dan groei die liefde tot ’n mag van grenselose drome, 
tot opgewonde smagting wat die mens deurweek, 
ekstase wat die hart verhef tot aan die hemelsome, 

’n blydskap soos wanneer die dag in moreglorie breek. 

Dan kom die soet vervulling van ’n saamgesnoerde lewe 
wat soos die somerloomheid oor ’n stille landskap hang; 
die toekoms hoopvol fluist’rend van ’n blye eenheidstrewe 
en menseharte in ’n skone band van liefde vasgevang. 

Dan in hul lewe kom die grootste wonderervaring 
deur die vereniging van sterke man en tere vrou: 

’n nuwe lewe word geskenk in hul bewaring, 

60 


die mens se voortbestaan is deur U aan hul toevertrou. 
en onder hulle waaksaamheid moet kinders opgroei 
soos plantjies wat tere versorging moet ontvang 
sodat hul tot skone volwasse blomme uitbloei 
en vir die oog aanloklik bly hul lewe lang. 

Daarom bemin geheel die wêreld daardie woning 

waar kindertjies gelukkig lag en vrolik speel; 

en vir twee mense in hul ouerskap is dit die toppunt van 

beloning 

’n huisgesin wat in mekaar se smart en vreugde deel. 

Maar nooit bereik die mens die hoogste indeling van groepe 
omdat dit ’n vergeefse droom, ontwykende illusie is: 

’n wêreldryk met volke tot vreedsame naasbestaan geroepe, 
en haat, bedreiging, oorlog en vervolging uitgewis; 
want van die vroegste mensbestaan af was daar tweedrag, 
inmenging, afguns, haat, onenigheid, 

die kleineres se stryd om voortbestaan teen groteres se oormag, 
die ononderdrukb’re drang na onafhanklikheid. 

Volke beveg mekaar oor grondgebied, eeu-oue 
twisappel waardeur nasies na die wapen gryp. 

Bloedige slagtings is veroorsaak deur wonderskone vroue, 
begeerlik soos ’n vrug, sappig en sag en ryp. 

Onenigheid bly borrel oor geloofs- en godsdiensverskille, 
of politieke sienswyses waaruit geen volke-eenheid kan verrys 
met toestande van onverdraagsaamheid en agterdog, ’n kille 
atmosfeer waarin ’n elke vorm van samewerking verys. 

Volke word opgesweep deur wondervisioene 

van leiers met ’n droom van wêreldheerskappy, 

maar sluit hul oë vir gewonde en gesneuwelde miljoene, 

ten hemelskreeuende verwoesting wat op die slagveld agterbly. 

Lande word tot oorlog gevoer dcur spioenasie, 

oortreding van ’n internasionale kodebeleid; 

en ander, ewe-beoefenaars bou daaruit wêreldwyd sensasie 

terwyl hul, in skynheiligheid, aan sulke misstappe onskuldig 

pleit. 

En so bestaan daar steeds ’n oorsaak en ’n rede 

waarom die bloedvergieting tussen volke gaan 

en is dit net ’n skimmedroom dat wêreldwye vrede, 

temidde van soveel bedrog en ontoegeeflikheid ooit kan bestaan. 

Moondhede bly deur dag en nag gewapen tot die tande 

en oor die wonderskone wêreld hang ’n wolk van agterdog en 

vrees; 

onsekerheid omsluit die mens met nouergroeiende wande 
en onrus en uitdelgingsangs lê loodswaar in sy gees; 
want hierdie rasionele mens het in sy rustelose probe 
die splitsing van die kleine atoorn ontdek 
asook die kweek van massas dodelike mikrobe 


61 


waarmee hy in ’n klein, klein tydsbestek 

geheel die aardbol in ’n hel van lyding en dood kan dompel 

waaraan hyself onmoontlik kan ontsnap, 

(al wou hy net inisieel die vyand daarmee oorrompel) 
en word hy deur sy eie uitdelgingsplan betrap. 

Onnodig tog die agterdog en wêreldwye spanning, 
onnodig tog die vyandskap wat in die mensdom steek 
terwyl hul deur toegeeflikheid en wysheid in beplanning 
oor struikelblokke na ’n wondertoekoms deur kan breek; 
want heel die saamgesnoerde mensdom is tog mense, 

’n elk van vlees en bloed en van gelyke beeltenis 
met hier op aarde enerse behoeftes, drange, wense, 
en aan hul lewenseinde vir ’n elk die dood as erfenis. 

Alreeds het hierdie mens deur studie en navorsing 

en deur bedreigings tot groot mate te beheer 

vir sy vooruitgang, sy gerief en sy beskerming, 

vir sy gehele ontwikk’ling wondere presteer; 

en in sy onversadigbare honger na ontdekking en uitvinding 

en in sy onverpoosde soek van dag tot dag, 

met aktualiteit en moontlikheid in toetsverbinding 

gaan hy met ongelooflike sukses van krag tot krag. 

En nou dat hy die aardbol en die see verken het 
en deur die atmosfeer vinniger as klank kan jaag, 
nou dat hy vir homself die wonderlike roem gewen het, 
het hy besluit om ook sy eksperimente in die stratosfeer te 

waag. 

Geheel die wêreld het gestaan in groot verwond’ring en ver- 

bystering 

toe hul die eerste sateliet se bleep deur middel van die radio 

kon hoor, 

en nasies het gewerk, gespartel in koorsagtige wedywering, 
maar één was in die wedloop na die ruimtes voor. 

Die eerste stap is opgevolg deur steeds verstommende prestasies 
wat oopstel ongehoorde ruimtemoontlikheid. 

Wat ’n verbystering! wat ’n vreeslike sensasie 

wanneer die mens planete bereik na kort verloop van tyd! 

Die vraag was altyd tergend sonder antwoord: 

Is daar die moontlikheid van lewe op ’n ver planeet? 

Is daar vir Aarde se snelgroeiende getal ’n nuwe verblyfsoord, 
en staan die mens nou op die drumpel van die tyd dat hy sal 
weet? 

Tot hiertoe dan het ons gekom, O Mag, o Onbekende, 
gedra deur U alomteenwoordigheid; 
ons oorsprong en ons herkoms ’n halfvergete ou legende 
uit hierdie gryse wêreld se vroeë daeraadtyd. 

Tot hiertoe dan — en met ons lot in toekomsnewels nog gesluier 

62 


en veel faktore wat ons voortbestaan bedreig, 
is daar ’n duisend vrae wat deur ons denke kuier, 
en U wat ons ’n antwoord skuldig is, U swyg . . . 

fVat is U dan! ’n God deur wie die groot oneindige heelal 

geskep is? 

’n God wat steeds die wonder van sy gang in vaste tye reël 
sodat die vloei van Tyd na Ewigheid steeds ongerep is, 
omwenteling van hemelliggame volmaak gere'él? 

Is U ’n God, almagtig ook oor ruimtes en oor sterre, 
oor son en maan en Aarde in haar vrugbaarheid? 

En reik U Gees alsienend, alleswetend uit die verre 
vergange tydloosheid tot in die eindelose ewigheid? 

Omhels U almag ook ons geil en ryke aarde, 
gebied U ook die waters wat teen die strande spoel? 

Besluit U oor die lewe, oor sy elke vorm en waarde 
soos dit in rustelose roering op land en see krioel? 

Is U gebieder van die wisseling van tye, 

van wind en wolke en die wonder van die reën? 

Gee U die krag vir lewenshernuwing na die winterswye, 

Is U die bron wat groei aan elke lewensvorm verleen? 

Is U tog werklik so ’n God, alwetend en almagtig 
wat oor die eind'loosheid van die heelal regeer, 
wat weet en gadeslaan hoe elke wese hier koorsagtig 
sy weg bewandel om ten laaste na sy skepper terug te keer? 

Die mens? . . . Is U ’n God wat mense na U beeltnis vorm 
en in hul harte lê die wete tussen kwaad en goed 
dat hul die kennis kan gebruik as hand’lingsnorm 
en ongehoorsames vir hulle dade duur saal boet? 

Is U ’n God wat heilig is en daarom vir ons oê verborge, 

’n God met blinke heerlikheid en glans omring 
sodat ons van ’n afstand net tot U kan bring ons sorge, 
van veraf net ’n lied tot U verheerliking kan sing? 

Is U ’n God wat U oor ons ontferm 
wanneer ons op ’n duister dwaalweg ons bevind, 
wat ons sal teruglei en ons teen gevaar beskerm 
net soos ’n vader handel met sy teerbeminde kind? 

O Mag, is U ’n God wat in ons harte inkyk, 

ons vele vrese en bekommernisse steeds verstaan, 

wat middele ter leniging van ons behoefte uitreik, 

wat elke tree van hierdie moeitevolle weg met ons sal gaan? 

Ken U ons smarte, weet U van ons lyding, 
kyk U in mededoë op ons neer? 

En as ons kom met smeekgebed om U bevryding, 
skenk U in liefde die vertroosting wat ons hart hegeer? 

En as ons lewe vet en ryk is van veel oorvloed 
en in ons harte is daar net ’n blye lied, 

is dit aan Ú wat ons ons dank moet bring vir al die voorspoed. 


63 


is dit Ú guns en gawes wat ons dan geniet? 

En as die teespoed soos ’n hond ons agternaloop 

en moeilikheid op elke draai voor ons kom staan, 

is dit dan Ú wat al U guns weer van ons afstroop 

en ons in toorn vir oortredings teen U slaan, 

sodat ons U moet aanroep en ons om vergifnis neerbuig, 

in ootmoed moet erken dat sonder U ons gans verlore staan, 

dat sonder U verwoestingsmagte ons sal insuig 

tot ons ten laaste in ’n hel van vuur en lyding ondergaan? 

En as die dood ’n teergeliefde uit ons midde uitruk 
en heel ons lewe word ’n wond wat smartlik bloei, 

Is U dan die tuinier wat vele knoppe uitpluk 
sodat die oorgeblewe rose na U wense blom en groei? 

Is U gedurig om ons, oor ons, waar ons ookal swerwe, 
as grysaards, of nog ongebore in die moederskoot? 

Laat U as God ons na U wense lewe, sterwe, 
het U volmaakte mag oor ons, oor Lewe en Dood? 

En as U so ’n God is, waarin het U U oorsprong, 
hoe het U in U wording as Almagtige ontstaan? 

Hier is die punt waar menslike verstand nie bykom . . . 

Want as U so ’n God is, waar kom U vandaan? 

En as U so ’n God is, wat is dan die slotsom? 

Wat is U wil en waar voer U ons heen? 

Wat maak ons hier op aarde, God, en waarom 

is ons ’n ho'ér status as die dier verleen? 

waarom lê weggeslote in die kern van onse menswees 

die magtige potensialiteit van die verstand, 

die matelose drang na soeke van die mensgees 

wat soos ’n onuitblusb’re vlam deur eeue brand 

en ons na ongekende hoogtes van ontwikkeling aanvuur 

en ons meedoënloos na die toekoms voort laat stryk, 

sodat ons immer voelers na die voorposte van kennis uitstuur, 

sodat ons immer na die misterie van onbekende dinge reik? 

Is dit U doel dat ons op hierdie pad bly wandel 
tot ons, wat ons gesaai het weer moet oes? 

Het U dit in U raad beskik dat hierdie mensdom so sal handel 

dat hy sy eie ondergang bewerk, homself verwoes 

omdat hy diep, té diep, in die verborge dinge delwe, 

omdat hy kennis, álle kennis, wil ontbloot, 

omdat hy soek na ongehoorde magte vir homselwe, 

ja, selfs die uiterste geheim van lewe en dood? 

Het U as God dit so beplan dat hy eens sal ontketen 
verborge magte in geheim’nis en in sluimering 
waarvan hy dan die vrygestelde kragte nie kan meet en 
kettingreaksies van verwoesting oor sy skone wêreld bring, 
sodat die aarde eens weer woes en leeg word soos tevore 

64 


en eenmaal weer U Gees oor donker waters sweef — 
en op ’n nuwe wêreld nuwe lewe deur U word beskore 
waar nuwe wesens tot verheerliking van U kan leef, 
omdat die kriesel skeppingsdrang wat ons van U eens erwe 
miljoene der miljoenevoud in U as kernbron bestaan, 
en hoe sal tog U Gees latent deur duisternis bly swerwe 
waar U geen handewerk van U almagtigheid kan gadeslaan? 

Of het U in U groot almagtige beplanning 
die reg vir U as skepper en as heerser voorbehou 
om alles wat U daargestel het deur U magsinspanning 
self te vernietig as die aangewese tydstip hom ontvou, 
en skenk U dus die wonder van die lewe hier in ons om- 

arming 

net tot die tyd dat U sigbaar voor ons sal staan 
op daardie oordeelsdag wanneer U sonder verdere erbarming 
die skape en die bokke uitmekaar laat gaan? 

Het U ’n koninkryk waar siele voor U troon sal nader 
en U in al U heerlikheid en heiligheid aanskou 
om daar vir ewig in U glans en glorie te vergader, 
vir ewig hul onsterflikheid voor U as God te hou, 
terwyl U ander uitwerp waar hul kerm in pyn en lyding 
in die verskansing van ’n duiwel en sy satanserf, 
waar hulle onderwerp is aan ’n nimmereindigend’ kastyding, 
waar hul deur vuur verteer word, maar tog nimmer sterf? 

Waarom maak U miljoene sterre aan die hemel 
as lewe net hier op ons aarde moet bestaan 
waar mens en dier in onberekenbare talle wemel 
om net maar eenmaal deur U hand weer te vergaan? 

Of het U dit beplan dat hierdie mens sal uitwyk 
om ook die sterre en planete te bewoon, 
dat hy vir nuwe tuistes in die ruimtes bo sal uitkyk, 
en is dit daárom dat U hom met ratio bekroon? 

Lê daárom weggeslote in die kern van sy menswees 

die magtige potensialiteit van die verstand, 

die matelose drang na soeke van die mensgees 

wat soos ’n onuitblusb’re vlam deur eeue brand 

en hom na ongekende hoogtes van ontwikkeling aanvuur 

en hom onkeerbaar na die toekoms voort laat stryk, 

sodat hy immer voelers van die voorposte van kennis uitstuur, 

sodat hy immer hoër na die onbekende ruimtes reik? 

Of is U maar as God ’n skim, ’n skepping van die mens se 

denke, 

’n groot idee wat by ’n kleine mens gebore is, 

’n saadjie van gedagte wat ontkiem het en in lengte 

65 


van dae deur die mens se wese groei en gis, 
in sy bewussyn wyer, groter strale uitkring 
en vrees en aansien en verering werf, 

’n skepping van sy denke wat gevolglik die belofte uitbring 
dat hy nog weer sal lewe na hy op aarde sterf? 

— want elke mens klou maar krampagtig aan die lewe, 
die helderheid, die sonskyn en die hemelblou, 
die aangename waarneming van lig wat in hom bewe, 
die lig wat lewe is en hom van dood onthou; 
en aaklig is die wete van die dooie liggaam, 
die bleke koue styfheid toegedek in donker graf, 
waar spoedig al die skoonheid in verwering oorgaan 
en wurms deur die grusame verrotting draf — 

Toe hierdie mens in al die onontwikkeldheid van sy gedagte 

die rede, oorsaak en gevolg nog nie verstaan 

van die beginsels van natuur se magte 

wat hy gevolglik toe met angs en bewing gadeslaan, 

het hy U toe geskep diep in sy kommervolle wese 

’n God gemaak aan wie se almag hy kon klou 

omdat hy self onmagtig was, so klein en vol van vrese 

en in sy dobbering gesoek het na ’n ankertou? 

Is U ’n skim wat eens gebore is diep in sy onbewuste 
omdat hy in sy ontoereikendheid nie kon aanvaar 
die groot alleen verantwoordelikheid , hom ten onruste, 
vir daardie grensloosheid van wording wat hy in homself 

gewaar? 

Het hy gevlug vir die verantwoordelikheid van eie handels- 

wyse 

en die onberekenbare wete van ’n selfbeskikkingsreg? 

Het hy gewankel voor die waar, genadelose groot afgryse 
dat hy alléén sélf vir sy voortbestaan moet veg? 

Het hy gewonder oor die oorsprong van die lewe 

waarin hy deel en wat hy voort moet dra, 

sodat hy voor die wonder en die grootsheid daarvan hewe 

en hy die moontlikheid bedink, bepeins en vra 

of daar nie wel ’n God is nie, ’n Grote Opperwese 

wat daardie lewe eens geskep het in ’n almagsdaad 

en dit geplant het in ’n elke vorm van lewe uit sy wil herrese, 

’n elk as voortsetter en draer van die lewensaad? 

Het hy U onbewust’lik so bedink as Godheid 

van wie hy kom en wie sy lewensweg bestuur, 

sodat hy nie alleenverantwoord’likheid moet dra vir al sy sot- 

heid, 

en voor U deur kan lê die goed en slegte van sy lewensduur? 
Was daar ’n leemte wat gevul moes word wanneer hy nood het, 
behoefte aan ’n Wese wat sy klag kon hoor, 
voor wie hy tog sy smade innerlike kon ontbloot het, 

’n drang om met sy sorge na ’n hulpbron deur te boor? 

66 


yVas daar die hunkering na die bestaan van so ’n Wonderwese 
na wie hy hom in blydskap of in nood kon keer? 

Was daar behoefte om, in matelose vreug of vrese, 
te weet dat hy onder beskerming van ’n God verkeer? 

En het U so ontstaan, o God, ’n skepping van die mens se 

denke, 

’n groot idee wat by ’n kleine mens gebore is? 

’n saadjie soos van suurdeeg wat ontkiem het en in lengte 
van dae deur die mensgedagte aangroei swel en gis? 

Of is U maar, o groot onsigb’re mag, net Ewolusie, 

net lewe wat in talloos vele rigtings spruit 

uit een beginpunt, deur verdeling en ’n eindelose repetisie, 

net ewolusie wat ’n stroom van lewe word wat niks kan stuit? 

Is U maar net die groeikrag wat in elke wese skuilhou, 

vermenigvuldiging van selle met ’n spesiale doel, 

totdat ’n elk hom tot volwassenheid kan uitbou, 

sodat sy saad tot voortplanting ook in die lewenstroom kan 

spoel, 

die stroom wat voortgaan en verandering meebring, 
die stroom waar hoër lewensvorme steeds ontstaan, 
en hierdie vorme steeds na ander sfere uitkring 
waar hulle in ’n nuwe stryd om aanpassing moet gaan? 

Is U die energie wat lewe aandryf 

tot hoër en steeds hoër trappe van ontwikkeling, 

die energie wat ook na nuwe vorms uitskuif 

en gasse, lig en hitte word, en temperatuursverandering 

wat weer die lewensvorms se voortbestaan béinvloed 

hul aanwas, groei en daarom voort planting beheer, 

waar plant en dier tot aanvulling hul gawes inboet 

en hulle op mekaar as voedselbron weer teer; 

sodat daar in die groot heelal ’n deurlopende verband is, 

die onmiskenbare bestaan van relatiwiteit; 

sodat een toestand van ’n ander die gevolg is 

en lewensenergie immer daaruit sal spruit? 

Is U, o Mag, die draad wat alles aanmekaar hou, 
die balanserende begrip van die betreklikheid? 

Is U voortstuwing van die lewe wat homself in alle vorme uit- 

bou 

en in verandering voort sal gaan tot in die onberekenbare ewig- 

heid? 

O grote Mag, is dit ook waar die mens vandaan kom, 

’n lewensvorm gebore uit die ewolusiestroom, 

wat met die tyd ontwikkel het tot hierdie magtige verstandelike 

mensdom 

wat immer nog van nuwe hoogtes van ontwikkeling droom? 

Is U, o Mag, geen God met grenslose almag 
aan wie ons ons gehoorte en bestaan moet clank, 

67 


maar is ons wel gebore uit die pot van ewolusiestukrag? 

Het ons geboorte dus geduur vir eeue, eeue lank 

omdat ons in onssélf moes groei en aanpas 

by toestandsverandering en béinvloeding, 

omdat ons deur ontwikkeling tot aanpassing moes aanlas, 

omdat ons voortbestaan en voortplanting steeds nuwe eise 

bring? 

En is ons wording dus diep in onssélf gesetel, 
in daardie lewensgroei wat úit ons voorwaarts stu, 
sodat ons weet, o groot onstuitb’re mag van lewe en van 

wording. 


dat U óns is, en ons is Ú? 


En sal ons in óns krag, wat ook Ú krag is, voortgaan, 
die lewe voortdra op die golwe van die Tyd, 
die lewe wat ’n rustelose mag is wat nooit stilstaan 
en voorwaarts beur in ’n gedurige aanpassingstryd? 

Sal ons deur aanpassing by elke veranderlike toestand 
so ongemerk ook ’n gedaante verand’ring ondergaan, 
net soos van ouds die lewe, menigvuldig soos die seesand, 
deur eeue in die teken van verandering staan? 

Sal ons deur lewensruimte wat te klein word 
genoodsaak word om na die sterre uit te wyk? 

— want elke oorvol emmer water eens uitstort, 
en waarheen anders kan die mens se o'é kyk? — 

Sal ons in ruimteskepe van die aarde uitvaar 
om nuwe ryke in die hemelruim te bou 

waar nuwe eise en gedaantewisseling ons in die gesig staar 
en nageslagte as ’n skaar van vreemde wesens sal ontvou 
wat ook hul tydperk in die ewolusiesiklus opeis 

— of is hul die begin van gans ’n nuwe lewenskring? — 
en daarvandaan verder die Ewigheid in sal voortreis 

op wieke van die grote mag van lewensverandering? 

En sal ons eenmaal, in die verre, ongebore Toekoms 

as uitgestorwe lewensvorme opgegrawe word, 

met teorieë oor ons oergewoontes en ons lyn van herkoms, 

en ons geraamtes ook bewaar word in die wetenskap se fort, 

sodat ons dan vir daardie wesens in hul superstatus 

sal dien as voorbeelde van lewe se oerbestaan, 

net soos geraamtes wat óns opdiép uit hul lange doodsrus 

vandag vir óns aan die begin van ewolusie staan? 

— O, wat is tog die mens met al sy woel en werskaf, 

sy soek na waardes wat hy nimmer, nimmer vind . . . 

Ó, wat is tog die mens ’n nietigheid op die Heelal se maat- 

staff 

’n asemteug, vervloë op die ruimtewind . . . 

^ ^ ^ 

68 


Maar wat U ook mag wees, o Grote Mag, ons huig ons voor U! 
want U alomteenwoordigheid het ons tot hier gehring! 

U is die Vloed van l.ewe wat onkeerhaar voortstu! 

U is die kosh’re middelpunt waaruit die lewe kring! 


69 


B. LE ROUX: 


Gedagtes by die herlees van 
Grosskopf se Toneelwerke 

Persoonlik is dit my opvallend dat ’n dramaturg van 
Grosskopf se kaliber maar weinig bo die verdienstelikheid 
uitgestyg het. Herbert Baker noem die drama: „The most 
sective form of fiction.” Dis daarom dat die drama van alle 
kunssoorte die laaste is om sy bloeiperiode te bereik. Om 
’n drama van waarde te lewer vereis dus groter konsentra- 
sie, dissiplinering en deurskouing van karakters as enige 
ander genre. Met ander woorde die dramaturg moet, soos 
dr. B. Kok dit noem: ,,’n gevoel vir artistieke ewewig besit.” 

By die aandagtige studie van Grosskopf se toneelwerke 
bestaan daar seker min twyfel dat hy nie die nodige kennis, 
intelligensie en talent besit het om iets groots te gelewer 
het nie. Sy werk toon hoogtepunte, maar bevat nog te veel 
voos plekke om as groots bestempel te word. Die rede hier- 
voor is moeilik om vas te stel, tensy ’n mens toegang het tot 
Grosskopf se private dokumente, indien daar so iets bestaan. 
Dog, ek voel dat ’n mens die oorsake in ’n mate kan 
konkludeer, indien ’n mens twee aspekte in ag neem: 

(i) Die tydperk waarin sy werke verskyn het; 

(ii) en deur die aandagtige deurlees van sy inleidings 
tot sy toneelwerke. 

In die twintiger-, dertiger- en selfs in die veertigerjare 
toe Grosskopf geskrywe het, was die volk sterk toneelbewus. 
Dit was die periodes voordat die film die toneel op die 
agtergrond begin skuif het. Maar in die algemeen was die 
intelligensiepeil van waardering betreklik laag. Grosskopf 
het met die doel geskryf dat sy toneelstukke op die planke 
gebring moes word. In die voorwoord tot ’n Esau benadruk 
hy die feit dat sy stuk nie sonder sy toestemming opgevoer 
mag word nie. Onder ander verwag hy dat daar: „binnekort 
die een of ander handige ondernemer ’n Afrikaanse beroeps- 
toneel sal oprig.” Ons neem dus aan dat Grosskopf die stuk 
vir so ’n beroepstoneel geskryf het. En tog was hy gewillig 
om die opvoerregte ook aan amateurs af te staan, solank 
die opbrengs vir suiwer liefdadigheidsdoeleindes gebruik is. 
In dieselfde inleiding sê die skrywer dat daar niemand 
duideliker bewus kan wees van die stuk se gebreke as hy 


70 


self nie. Grosskopf het sy volk verstaan: innerlike han- 
deling moes daar wees, maar dit was veral die uiterlike, 
die aanskoulike wat die hart van die volk geraak het; 
daarom het Die Peswolk minder bygeval gevind as In die 
Wagkamer. 

Miskien moet ons die 'oerdienstelike watermerk toeskryf 
weens die gebrek aan inspirasie na die dood van sy vrou. 
■’n Esau dra hy op aan haar. Aan haar besieling, aansporing 
en gesonde kritiek het hy die werk te danke. Sy het ’n 
intieme kennis van die Transvaalse Voortrekkerlewe gehad, 
sodat die stuk onder haar leiding dan ook in sy groei en 
opbou bevorder is. Maar die voltooide werk het sy nooit 
aanskou nie, andersins sou dit volgens die skrywer: 
,,’n beter, afgewerkter en haar meer waardig geword het, 
as sy nog kon gelewe het.” 

Dan is daar nog Grosskopf se werkmetode. Waar Leipoldt 
so gou moontlik moes klaar skryf en die nasienwerk aan 
sy keurders oorgelaat het, het Grosskopf sy werk alte 
dikwels laat sleur sodat die belangstelling verflou het. 
Hierdie bewering blyk duidelik uit sy inleiding tot As die 
Tuig Skawe. Alhoewel die stuk in 1926 verskyn het, is dit 
histories beskou ouer as Drie Eenbedrywe. In die eerste 
halfjaar van 1923 het hy die hooflyne van sy handeling 
al klaar uitgewerk, en die gesprekke van die eerste twee 
bedrywe taamlik volledi ggeskets. Maar toe het die belang- 
stelling verflou; veral by die gedagte om ’n handeling 
dramaties in ’n eenbedryf uit te werk sodat Drie Een- 
bedrywe eerder verskyn het as die lang drama. Persoonlik 
meen ek, indien Grosskopf hom op As die Tuig Skawe 
toegespits het, hy werklik iets groots kon gelewer het. 
Wie weet, indien ’n mens op die skryfmetode van Grosskopf 
kon ingaan, daar nie nog meer sulke gevalle is nie. 

Hoe dit sy; in 1919 maak hy sy debuut met die verwerking 
van Gustav Freytag se Die Journalisten, met die Afrikaanse 
titel Die Koerantskrywers. Dis geensins ’n vertaling nie, 
maar liewers ’n verafrikaansing van die Duitse stuk, want 
dit is deurdrenk van die Afrikaanse kleur en geur. Die nyd, 
vyandskap en onderkruipery wat die tema van die Stuk is, 
is typies van wat daar vandag in ons land plaasvind as die 
verkiesingskoors hoog loop. Die hele opset van die stuk is 
eg Afrikaans met die dialoog vars uit die volksmond bv. 
die woorde van Bols aan Alida: 

„Ek is dronkgeslaan — ek verbaas my oor niks meer 
nie. As een van Johannesburgse miljoenêrs ’n miljoen pond 


71 


sou gee om al die Kaffers met wit olieverf oor te skilder, 
of om die Vrystaat vierkantig te maak — vir my sal dit nie 
wonderlik wees nie.” (bls. 106). 

Dit klink ampers of ’n Bols dit onlangs kon gesê het. 

Hierdie stuk, is soos Grosskopf ons dit self meedeel, vir 
die eerste keer in 1919 deur die Studentevereniging van 
die Bloemfonteinse Grey-kollege ingestuur en op verskeie 
Vrystaatse plattelandse dorpies opgevoer. Op 18 September 
in die stadsaal van Taba’Nchu. Vandag is daar nog van die 
ou inwoners wat die opvoering onthou. 

In 1920 verskyn Grosskopf se eerste oorspronklike drama 
in Afrikaans nl. ■’n Esau, ’n Bosvelddrama in vier Tonele. 
Onder ander vertel die skrywer dat die gedagtes en toe- 
stande waarop die drama berus, hom sedert 1914 besig 
gehou het, voor en tydens die Rebellie toe hy die geleentheid 
gehad het om ’n kykie te kry op die tragiek van die 
Transvaalse Boere ten gevolge van die maatskaplike en 
ekonomiese omwenteling wat destyds plaasgevind het. Om 
die botsing in ’n broedertwis uit te beeld is gewek na 
aanleiding van ’n preek deur ds. Herman Fourie so teen 
die middel van 1915 aan die rebelle gelewer in die Pretoriase 
tronk, na aanleiding van die Bybelse geskiedenis van Jakob 
en Esau. (Voorwoord). 

In hierdie stuk kry ons die gegwens vir ’n grootse 
tragedie nl. die botsing tussen liberalisme en konserwatisme 
soos respektiewelik verteenwoordig deur oom Jakob en 
oom Bartel. Maar ongelukkig het Grosskopf dit nie verder 
as ’n verdienstelike toneelstuk gebring nie. 

Die dramatiese stuwingslyn loop oor sekere hoogtepunte 
heen tot aan die krisismoment, maar dan verbrokkel die 
botsing tussen die twee broers omdat die voorafgegewens 
dit nie genoeg motiveer nie. Hiema is die ontknoping flou, 
liewers ’n anti-klimaks as iets anders. Vir my is dit een 
van die grootste leemtes in Grosskopf se werke dat hy nie 
by magte is om die krisismoment met die nodige sielkundige 
indringing uit te beeld nie. Waar dit skyn of dit wel die 
geval is, bederf hy die hele situasie deur die byvoeging 
van iets wat heeltemal buite die handeling staan. (Hierop 
kom ek later temg). 

Dan is daar die veelvuldige gebruik van die deux ex 
machina, in hierdie drama veral wat seker nie daartoe 
bydra om die innerlike krag van die drama te verhoog nie. 
Dink maar aan die skielike kennismaking van die twee 


72 


broers, en oom Bartel se ontdekking in die laaste toneel 
dat klein Anna sy vermiste dogtertjie is. Toevallighede is 
’n kwaal waaraan Grosskopf se werke ly. 

’n Esau het sy verdienstelikhede. Die dramaturg ken die 
Transvaalse plattelanders en veral die bosveldbewoners. 
Van die twee broers word oom Bartel die oortuigendste 
uitgebeeld. Die mens wat hom eenvoudig nie by die nuwe 
tyd kan aanpas nie en noodwendig in die stryd moet onder- 
gaan. Daarom is die besluit van oom Bartel aan die end 
van die stuk so oortuigend geteken met dié woorde aan 
sy broer: 

„. . . . ons soort se dag is verby in Transvaal. Ek verander 
tog nie weer nie .... En ek is nog nie oud genoeg om te 
gaan stilsit nie. Ek is nog ’n klompie jare duskant sestig. — 
Daar, in die nuwe woeste land is ons soort Boere nog nodig. 
Daar lê ’n skoonmakerswerk voor!” (bls. 79). 

Maar oom Bartel besef ook dat die nuwe tyd daar is; 
daarom is sy woorde aan sy seun Hendrik : 

„Nee, Hendrik, jou plek is vir die nuwe tyd.” 

Oom Jakob is minder sterk omlyn. Hy is te kras en 
opsetlik verwytend teenoor sy broer, en dan weer te 
broederlik op die ou end. Fyn sielkundig is die onmiddellike 
aanvoeling tussen die twee neefs, sonder dat hulle van 
enige verwantskap bewus is. Dirk bewonder die Nimrod- 
geaardheid in Hendrik se karakter, en Hendrik aan die 
ander kant die ontwikkeling in sy neef. So vul hulle mekaar 
mooi aan om die punt van simmetrie te bereik. 

Verder word die bosveld treffend uitgebeeld, en die 
dialoog van die Boermense soos Grosskopf hulle ken, is 
spontaan en sinryk. 

Voor die publikasie van sy volgende lang drama nl. 
As die Tuig Skawo, waag Grosskopf hom aan die eenakter 
wat vandag in Drie Een^drywe saamgevat is. Die Peswolk 
verskyn in 1924; In die Wagkamer in die begin 1926, en 
dan Die Spookhuis, ’n kermisklug. Vir my persoonlike 
smaak is Die Peswolk die beste van die drie eenakters. 
lemand wat beweer dat die stuk weinige dramatiese konflik 
bevat (Perspektief en Profiel) het die stuk nie met aandag 
deurgelees nie, nog minder op die planke gesien. Uiterlik 
gebeur daar min, maar innerlik wel baie. Die botsing tussen 
die wil en die wrede noodlot speel hom af in die siel van die 
verlamde Gerart, die idealis, en die oorwinning lê in die 
woorde van Gerart self: „Dinge doen en nie droom nie” 

73 


(bls. 10). Hier is ’n stuk waar Grosskopf die spanningslyn 
enduit volhou. As die Wagter die tyding bring dat die 
peswolk aan die kom is, is dit die onderskraging van Erda 
wat hom help oorwin. Gerart wil weet of hy nog vir enigiets 
bruikbaar is, en dan kom die woorde van Erda: ,,Jy moet 
sê: ek kan weer doen.” Erda vat sy hand en hy staan op. 
Hoe kan ’n mens nog twyfel aan ’n dramatiese konflik? 
Dis natuurlik nie ’n stuk vir amateurs nie. 

In Die Peswolk kry ons ’n voorbeeld van die simboliese 
drama, of die Idee-drama soos dr. Gerhard Beukes dit noem, 
waarvoor Grosskopf besonder lief was. Dis die geestelike 
waardes wat uiteindelik seëvier oor die stoflike dinge. 
Skakerings van hierdie tema kry ons in Blinde< Liefde 
(1941), Die Vloek (1946), Die Daad van Koedri (1947) en 
Padbrekers (1947). Natuurlik lê Grosskopf se krag nie in 
hierdie soort stuk nie, maar in die realistiese drama. 

Wat ’n mens in die Die Peswolk hinder is die opsetlike, 
krasse uitlatings en optrede van Rykart teenoor Gerart 
wat die kontras tussen die materialis en die idealis darem 
te skril en onoortuigend laat uitstaan. 

In die Wagkamer kry ons ’n tragiese geval van twee ou, 
rasegte Boeremense wat hulle seun in Johannesburg gaan 
soek, en hom dan so onverwags in ’n Wes-Randse stasie 
as gevangene aantref. Die twee oumense het Grosskopf met 
’n kennersoog waargeneem en liefdevol uitgebeeld. Watter 
tragiese humor lê daar nie verskuil in die tradisievaste 
gesprek tussen die ou oom en tante nie, en dit te midde 
die geroese-moes van die grootstadse lewe! Op die tafel lê 
daar nog ’n ou Hollandse Bybel soos ’n troos vir hulle. 
Die oumense is nie gewoond aan ’n treinreis nie; daarom 
is die ou tante so kleingelowig. Vir haar lyk alles so teen- 
spoedig ; vertroostend lê die ou oom sy hand op haar 
skouer met die woorde: 

,,As dit donker is, is ’n mens se hart maar klein.” (bls. 
62). Fel skryn die humor as die „barmaid”, die onbekende 
meisie, haar verskyning in die wagkamer maak. Tante kyk 
haar so medelydend aan en vra: 

„Ag! .... kind dra julle altyd sulke mooi klere by julle 
werk?” (bls. 67). 

Dit is die mooi eienskappe in die stuk, maar in sy geheel 
bevredig hy nie. Hier kry ons weer die ou kwaal van die 
dramaturg: die dramatiese lyn loop strak tot by die krisis- 
moment, en dan versnipper dit deur die onnodige verhaal 

74 


van die polisieman wat nie slegs onoortuigend is nie, maar 
ook hoogs onwaarskynlik. As die seun ontsnap klink die 
woorde van die ou oom darem so hol en leeg: „Ek hoop 
darem hy ontsnap!” (bls. 79). Maar hoe word hierdie byna 
niksseggende woorde nie vergoed nie deur die een woord 
van die moeder waarin daar verhole smart skuil: „Hennie- 
boet!” Globaal gesproke maak hierdie stuk vir sy drama- 
tiese spanning darem te veel staat op uiterlike handeling 
en toevallighede. 

Die Spookhuis is ’n kermisklug wat uitstyg bo die onbe- 
nullige, lawwe stukke van dié tyd. Wat in die stuk tref, is 
Ysbaard se grootpraterigheid wat tiperend van so baie 
Boermense is. 

Grosskopf se tweede lang dra: As die Tuig Skawe 
(1926) is miskien sy rypste en sterkste drama. Dis ’n stuk 
waarin armoede verwydering tussen Gert en sy vrou 
Krissie O’Brien bring, en die dramatiese konflik word 
saamgetrek in die vrou. Dis ’n sielkundige probleem wat 
Krissie vir haar self geskep het. Aan die een kant is die 
onversoenbare wantroue wat Krissie vir haar man koester. 
Sy staar haar blind teen sy tekortkominge en sy wil die 
ware toedrag van sake nie aanvaar nie. Van haar kant af 
is daar geen bemoediging vir Gert om uit sy armoede op 
te staan nie. Hy is soos ’n perd waarvan die tuig skawe : 

„Ons dwing hom om te werk . . . Krissie; ek voel baie 
keer of die tuig skawe: En dan .... en dan . . .” (bls. 30). 

Aan die ander kant staan haar eertydse liefde vir haar 
man wat sy gaandeweg probeer herwin; daarom weer sy 
die liefdesaanslae van Fred Moller, die tritagonis, so moedig 
af. As hy met sy skeipraatjies voor die dag kom, is haar 
antwoord: ,,Weet jy Fred, ek wonder of jy partykeer nie 
maar soos ’n kind is nie wat altyd dink wat ’n ander het, 
beter as sy eie is.” (bls. 47). 

Oortuigend bewerkstellig Grosskopf die versoening tus- 
sen Gert en Krissie in die derde bedryf. Sy besef dat haar 
man se sogenaamde oortredings op skinderpraatjies en 
wanbegrippe berus. Dan is haar woorde aan Gert: 

,,As ek verkeerd was, is ek darem een wat dit erken. — 
Jy het my nooit reggehelp nie.” (bls. 54). 

Krissie se vertroue in haar man is herstel; hy kan maar 
die aanbod van Van Niekerk aanvaar en vir hom gaan 
boer, as hy dit goed dink. 

Die ontknoping van die stuk is goed gemotiveer. Die dood 

75 


Letterkundeó 


van Gert is des te tragieser omdat dit juis op daardie 
moment geskied as Krissie die pad van liefde na haar eie 
hart teruggevind het. 

In hierdie drama is Grosskopf op sy gemak; hy bevind 
hom tussen die mense en milieu wat hy ken en liefhet. 
Jammer dat Fred Moller se optrede in die stuk so opsetlik 
afstootlik is, en daarom so onoortuigend. Daar is sy vleitaal 
wat sommer so goedsmoeds orals ingevleg word. Die 
spannende oplossing word ietwat geskaad deur Fred se 
ontydige liefdesaanbod op die kritieke moment: ,,Maar 
Krissie, ek wil eerlik vir jou . . . .” Samevattend kan ’n mens 
sê dat Grosskopf die tegniek van die drama hier taamlik 
onder die knie het. Ek verstout my om te sê dat As die Tuig 
Skawe nog tuishoort onder ons beste toneelwerke. 

Verder het daar van Grosskopf Die Klipdolk en ander 
Kortspele (1941) verskyn. Die bundeltjie bevat twee een- 
bedrywe en twee hoorspele vir die radio. Van hierdie stukke 
is Oorlog is Oorlog sonder twyfel die beste, indien nie die 
beste eenakter wat hy geskryf het nie. Miskien is die stuk 
onafgerond en nie heeltemal vry te spreek van toevallighede 
nie. Maar dis ’n eenbedryf waarin Grosskopf geslaag het 
om die handeling in ’n eenbedryf saam te pers. Dwarsdeur 
die stuk word die dramatiese stuwingslyn volgehou. Die 
botsing speel hom af in die gemoed van die hoofkarakter 
Rachel. Die een kant staan die onberekenbare daad van 
haar minnaar ; aan die ander kant haar besluit om nie slegs 
van hom af te sien nie, maar die tragiese verydeling van 
haar ideaal om ooit moeder te wees. So beslissend en oor- 
tuigend is haar woorde aan haar minnaar: 

„Daar is vandag iets in my dood wat ’n man miskien 
nie kan verstaan nie . . . Ek wil nooit ’n moeder wees nie!” 
(bls. 36). 

Die oorlog het tussen hulle gekom en daar is bloed aan 
sy hande. Eenkeer het ek die regie van die stuk self op 
my geneem, en dit met ’n klomp rou amateurspelers. Selfs 
die rumoerigste toeskouers het dit nie een keer gewaag om 
grondboontjies te kraak of om ’n papierdosie te laat klap 
nie. Watter tasbaarder bewyse is nodig om die spanning van 
’n stuk vas te stel? ’n Stuk kan eers na reg geoordeel word 
as dit opgevoer word. Die Klipdolk waarin ’n vader uit 
Holland na die graf van sy seun kom soek, is minder be- 
vredigend omdat die spanning skraal bly. Die twee hoor- 
spele: Blinde Liefde en Die Poskoets in die Rivier is altwee 

76 


geleentheidsstukke wat tydens die Eeufees van die Groot 
Trek in 1938, geskryf is. Die twee stukke het met groot 
sukses hulle debuut gemaak: eersgenoemde uit Johannes- 
burg onder die spelleiding van Anna Neethling-Pohl, en die 
tweede uit Kaapstad onder die regie van Anna-Viljoen 
Malan. Van die twee stukke meen ek, is die laasgenoemde 
die geslaagste; veral as die klankeffekte goed is. Die stuk 
is vol dramatiese spanning en speel hom af in ’n poskoets 
wat op pad is van die Kimberleyse diamantvelde na die 
pasontdekte goudvelde van Johannesburg. In die reënweer 
en donker nag speel die motief van wraak oor ’n vermoorde 
vrou hom af. Die spanning word volgehou tot aan die end. 

Die res van Grosskopf se dramas is van minder belang. 
Legende (1942), Die Goeie Hoop (1947), Die Nag in die 
Blokhuis (1947) en Die Daad van Koedri is van die drama- 
turg se vaderlandse stukke. Van hierdie eenbedrywe is die 
laasgenoemde seker die belangrikste met sy boodskap deur 
Ribax: „Mense julle wil nie verder kyk as julle eie landjies 
nie. Die Bond van die Maan se grote roeping is om ons 
almal te leer om verder te kyk, en breër te dink.” 

Ten slotte iets oor Grosskopf se toneelaanwysings wat 
baie hinderlik kan wees. Hy is self regisseur van sy stukke 
en laat niks aan die verbeelding van die regisseur en sy 
toneelspelers oor nie; alles is haarfyn uitgewerk en daar- 
gestel. Sulke voorskrifte is ten dele oorbodig. Die stuk besit 
tog seker genoeg dramatiese kwaliteit om daarsonder klaar 
te kom. Hier stem ek volkome saam met dr. Antonissen 
waar hy sê: „Té maklik verwaarloos hy die woord, en word 
hy bloot tonelis. Aan dié gevaar ontkom, selfs in sy beste 
stukke, ook Grosskopf nie.” (Die Afrïkaanse Letterkunde 
van die Aanvang tot Hede, bls. 142). 

In so ’n kort bestek is dit natuurlik onmoontlik om 
elkeen van Grosskopf se toneelwerke volledig te bespreek; 
baie van die stukke verdien seker ook nie so ’n volledige 
bespreking nie. Die doel van die opstel was om slcgs my 
indrukke weer te gee by die herlees van sy werke. Ek het 
gevoel dat daar stukke is wat oorskat word; ander weer is 
onderskat. Een ding staan vir my persoonlik soos ’n paal bo 
water, dat ’n mens geen duidelike ontwikkelingslyn in 
Grosskopf se dramas kan aantoon nie. Miskien kan ’n mens 
sê dat hy sy hoogtepunt met Oorlog is Oorlog en Dio 
Poskoets in die Rivier bereik het, maar daarna het die lyn 
skielik gedaal. Dis miskien aan die feit te wyte dat 

77 


Grosskopf óf teen daardie tyd uitgebloei het, óf dat hy hom 
toe meer aan sy prosawerk gewy het. Hierdie bewering 
berus natuurlik op blote gissing. 


78 


ENGEMI FERREIRA: 


Drome . . . 

Die gisters kom weet 
oop en naak, 
oor my helder vandag 
se drumpel gedrentel . . . 

Die ene lank en krom gevou 
met diep in die skedel sy oë. 

’n Ander nog jolig en goudgeel-bly. 

En ’n derde wat skeef en swart, langs hom hou. 
Dan weer een wat vroom met ’n vinger beskuldig. 
En nog een wat huil — en een wat geduldig 
die wraak in sy pyn en weemoed bewaar. 

Hul dring oor die drumpel, 
hul droom in die voorhuis 

en dan sleep hulle traag oor die krakende vloer. 

Hul teister en tart 

en tooi my in vreugde 

Hulle klee my in rooi en in geel en goud 

en dompel my weer in die swart van 

’n roukleed. En dan word dit stil en 

futloos in my, as hul een-een 

verbyskuif, die deur uit, na buite. 



Ek het jou liefgehad 
met al die vreemde vroulikheid in my. 
In jou het ek gevind 
die rus, 
die vrede, 

maar diep hierbinne 
het jy tog die onrus 
ook gebring 

Jy was vir my die hemcl, 
my hele siel en hart, 
maar ook my graf 
in al sy donker smart. 

Want jy het in my iets ontketen, 
iets losgeruk, 
iets vasgevat. 


79 


En toe my hele wêreldjie 
van ek-wees 
omgedool. 

Nou kan ek nie meer ongemerk-naief, 
my vriendskap aan jou bied 
want jy het in my hart die vreemde 
werklikheid gebring en ek is nie meer jonk 
maar oud, 

met al die pyn van vrou-wees in my o'ê. 


Werklikheid 

Met donker konsentrasie 
dwing ek 
my aandag terug, 
weg van my 
helder kleure, 
my stiltes en 
my eensaamheid. 

Toe, in een vlamblink oomblik 

kon ek dit sien — be.sef — 

dat hier géén kleur is 

en géén klank, 

wat my in stilte bind 

met liefde, aan my eensaamheid. 


Misdadigers 

In die vaalte van ’n wintersdag 
met yl pop’liere in die wind, 
staan helder uit, die spatsels rooi 
van baksteen rye aanmekaar . . . 
Deur trane-vensters in die rooi 
staar o'é, sielloos, koud-verwronge, 
na yl pop’liere in die wintergrys. 


Kwatryn 

Die nagvlug bring ’n meeu 

wat spierwit aan die donker see 

sy wrok teen hierdie eeu 

met al sy wrede, koue moord, uitskree. 

80 


Ou Man 

Ek lag en skater 
vir die wekker 
wat al later 
in die nag 

minute laat verwater. 


Ek kruis my hande 
en ek kyk 
hoedat die bande 
wat my bind aan tyd, 
verdwyn agter die rande 
van dood se ewigheid. 


81 


A. A. SNYMAN; 


Skemervure 

(Herinneringe van ’n ou kraalhoof) 

Net eenmaal wil hy weer in sy kontrei 
en landelike aarde wees — die vlei 

en ronde heuwels ver sien buie oor 
die silwerige kirn; net eenmaal voor 

sy eie dinge staan en weef. die pyn 
van hierdie stad sal nooit weer skryn. 

* * * 

En daarom het hy vroeg een móre wyl 
die eerste hoenderhane kraai en yl 

misslierte oor die strate waai, sy ou 
kitaar gevat en aangestryk al met die blou 

lint van die pad. Toe sy voorvadergees 
geroep, gesmeek om tog met hom te wees. 

Met rooidag het hy nog vir laas die kwint 
gestem, gestreel netsoos die hare van ’n kind. 

’n Lank vergete lied het op sy tong 
kom lê, ’n nuwe blydskap in die khong 

van elke noot en as hy dan weer stil 
die koue snare teen sy hand voel ril, 

dan loop sy denke vort tot waar sy Kraal 
se bruin geskulpte hutte teen die vaal 

kliprantjies uitgespikkel was — tot waar 
die soetvleis beeste wei en bokke swaar 

melkuiers huis toe dra. Hy sien die oop 
vér landerye weer, die blink rivier wat loop; 

en oestyd as die vrug reeds swanger in 
die goue halms staan — vrouens in 

die skemeraande sing . . . Meteens onthou 
hy weer vir haar, die slank en tere vrou 

82 


wat met haar hyging en haar wilde bloed 
die hartslag in sy keel kon ruk; die gloed 

van heerlikheid wanneer haar ryprooi mond 
teen syne oper gaan, soet-klam en rond: 

die ruie drifte in hom wakkerslaan — 

dat sy moes sterf, so ver van hom moes gaan . 

♦ * ♦ 

Sy vingers maal die snare wild en krap 
totdat die skelle klanke gil, hy trap 

sy hartseer in die stofpad oop, versmoor die dol 
crescendo onder stof en hitterknol . . . 

* * ♦ 

O, sy was ryp! vol swel en huig; haar lyf 
’n diepver poel waarin jy weg kon dryf 

na bodemlose vreugdes waar die hart 
geanker lê. Hy sien haar weer in swart 

grys holtes van die nag daar hy sy Kraal 
se skemervure dans, haar heup se haal 

en golwing as sy wring en spierwit lag 
en uit die halflig swaai. Dan kon hy wag, 

tot eindelik haar o'é hom vertel 
dat sy deur hierdie hele ligte spel 

die branding in sy hloed kon sien, die waan 
wat in hom sidder as haar dun hand aan 

.sy voorhoof streel — soms gryp hy wild na haar 
dan tol sy weg tot hy die vuur, en daar 

sal sy dan hly totdat die haling van 
haar lende traer word, die deining van 

haar koper horste hlink wieg in die gloeiing 
van die sagte vuur; dán sal sy wyer kring 

na hom wat ongeduldig en vol staar 
nog nugter in die skadu’s wag op haar. 

83 


En voordag wyl die winde oor die veld galop 
voel hy nog haar warm hart teen syne klop. 

* * * 

Die agste dag het hy die Kraal bereik: 

Verslae oor alles heen gestaar, gekyk 

na waar ’n vreemde wildernis welig 
bo die heuningaarde stoel, waar dig 

en aaklig kreupelbosse teen die late 
skeem’ring buig. Dat hierdie godverlate 

plek sý gebied moes wees; wat het gebeur 
dat soveel weedom hierdie stat deur 

enk’le jare weg moes vee, en waar is al 
die ou gekende dinge: vriende, skal 

geruis van vrou- en kinderstemme, goue 

vure teen die nag, die diep en koel kalbasse koue 

bier? Dan draai hy weg en in sy baard sit stil 
die blink verdriet. Die aand was somber, kil . . . 

* * * 

Nou hurk hy langs ’n ander skemervuur, 

koud en ver van haar; maar weet dat so die duur 

van elke dag en lewe sterf. Toe breek 
die rooihart van ’n kool, en oopgesteek 

kiem daarin die voorgeboorte van ’n dag. 

Sy blikkitaar roep stemrrie uit die nag — 

die wilde klanke het hy snoep gespeen 
en laat nog net die moe'é snare ween . . . 


84 


S. C. HATTINGH: 


Die Ontwíkkelingsgan^ van 
Abel Coetzee se Kunstenacirskap I 

Die belangstelling van Abel Coetzee soos deur sy geskrifte 
vertolk, lê wydgestrek. As opvoedkundige het hy deur die 
jare ’n groot aantal artikels gelewer, hoofsaaklik oor taal- 
onderwys; as wetenskaplike het hy ’n reusearbeid verrig 
in verband met taalkunde en volkskunde. Sy belangrikste 
bydraes is opgeneem in Taalgeografiese Studies, Teenstel- 
lings in die Taal, Ons Volkslewe, Die Afrikaanse V olksgeloof 
en die handleiding Die Afrikaanse volkskultuur . Maar dis 
eintlik as suiwer skeppende kunstenaar wat ons hom hier 
wil bespreek, want in sy kortverhale, novelles, romans en 
gedigte tree sy lewenshouding die duidelikste na vore. 

Die hoofkenmerk van sy kunstenaarskap berus op sy 
veelsydigheid. Hy benader die lewensprobleme vanuit ver- 
skillende gesigspunte en slaag daarin om mettertyd ’n gawe 
geheelbeeld te vorm wat die stempel dra van sy persoonlike 
ervaringslewe. Uit die verskillende strominge wat sy be- 
langstelling opeis, word ’n kunstenaarskap gebore wat hom 
tipeer as ’n man van sy volk en van sy tyd. Hy hou hom 
besig met die vraagstukke en probleme van die Afrikaanse 
mens in die besonder en van die mensheid in die algemeen. 
Sy benadering van die vraagstukke is nie slegs daarop 
gemik om roumateriaal vir die uitbouing van sy skeppings- 
drang te verskaf nie. Hy voel homself met die vraagstukke 
verbonde insover die oplossing daarvan ’n beter toekoms 
voorspel, ’n toekoms wat ’n vooruitgang op die hede 
beteken, hoe gering dit ook al mag wees. 

Uit die aard van sy geestelike samestelling glo Abel 
Coetzee nie dat hierdie vooruitgang op ’n oorwinning van 
die rasionalisme op die geloof berus nie; ook nie op ’n 
nivillering van die volkseiendomlike nie; die opsyskuiwing 
van die eie, die nasionale en tradisionele vir ’n oppervlakkige 
kosmopolitisme nie; ook nie op ’n oorwinning van ’n self- 
sugtige individualisme op naasteliefde en gemeenskapsin 
nie. Die drie groot waardes wat sy lewe beheers is: God, 
volk en mens. 

Die kuns van sommige skrywers ontwikkel uit ’n krisis. 
’n Skokkende gebeurtenis, aangrypende lewensomstandig- 

85 


hede of ’n innerlike botsing skud in hulle die skeppende drif 
wakker, spoor hulle aan tot dinamiese handeling. Hulle is 
dus persone wat onder die ban staan van die tyd, gewoonlik 
eensames sonder verbondenheidsgevoel met die verlede of 
die toekoms. Hulle bestaan op aarde is die enigste werklik- 
heid en as dit verby is, is alles verby. Daarom strewe hulle 
ongeduldig om die hede tot volmaaktheid te bring, om alles 
weg te ruim wat in hulle pad staan om toestande na eie 
verlangens in te rig. 

’n Ander groep besef dat hulle deel uitmaak van ’n groot 
harmoniese geheel waarvan hulle die samehang en betekenis 
probeer deurgrond. Hulle kuns is die produk van ’n gesta- 
dige bewuswording van die eie persoonlikheid. Die lewe het 
betekenis en elke mens ’n roeping om te vervul. Slegs deur 
hom aan hierdie roeping te wy, kan hy sy ware bestemming 
bereik. So ’n kunstenaar is Abel Coetzee. By hom is daar 
’n hegte verbondenheid met sy volk, met die aarde waaruit 
hy gebore en getoë is. Daarom vind ons in sy werke ’n 
poging om deur te dring tot die bestaansgronde waar die 
teenstellings ontbreek: ’n terugkeer na die verlede, mense- 
liefde en godsdienstigheid. 

In Wes-Transvaal, daardie streek wêreld wat afwisselend 
die skoonste natuurtonele en in tye van droogte ’n barre, 
ongenadige voorkoms vertoon, is Abel Coetzee gebore. Hy 
het grootgeword op die plaas Grootfontein naby Rooigrond 
in die Lichtenburgse distrik, die plaas wat die eerste 
inspirasiebron van sy kuns sou word. Daar leef in hom die 
herinneringsbeelde van sy ouers, van familielede, vriende 
en bekendes wat op daardie plek geworstel het om ’n 
bestaan, maar ook die geluk van onderlinge eenheid, van 
strewe, van rus en vrede geken het. Hierdie plek van her- 
koms word vir hom ’n simbool, die land van sy verlange 
waar stilte en eensaamheid, rus en ewewig verenig staan, 
omdat die mense wat daar leef, voel dat hulle in ’n sinryke 
geheel opgeneem is en nie deur angs of twyfel geteister 
word nie. 

Reeds in sy eerste bundel Skimme van die Goudstad word 
hierdie skrynende verlange na die geboortegrond weergegee 
al dra dit nie dieselfde naam nie. In die kortverhaal Ons 
Vriend verlang die kantoorwerker deur die jare na die 
plasie in die Bosveld waar hy grootgeword het : „Ek het my 
elke dag belowe ek gaan eendag daar uitrus, rus totdat ek 
sat gerus is, net soos ek toe sat gewerk was.” Dis die plek 

86 


wat Dawid Pienaar in Aan die dag se Soom verlaat om op 
Suikerbos te gaan studeer, die plek waarna hy terugverlang 
en eindelik na toe terugkeer toe die eensaamheid hom oor- 
val, om sy vader weer te vind : „Weer sien hy die beeld van 
sy vader uit die stilte verrys, die groot stilte wat hom lok 
en hom rus gee en hom sterk maak . . . Daar, aan die dag 
se soom, verlaat hy die gestorwenes, en met ligte tred gaan 
hy die glansende lig binne”. En toe Ferdinand Bastiaanse 
in Waarheen Vader sy lewensgeluk verloor en die lewe vir 
hom geen houvas meer het nie, het hy seker ook na so ’n 
geluksoord verlang, na die verlede waar hy gelukkig sy 
jeugjare deurgebring het. Hy voel dan ook dat hy in die 
omgewing van sy jeug met rus gelaat sou word. Die plaas 
van sy herkoms kan ook vereenselwig word met „Fontein- 
plaas” uit Waar die Waterbul brom en met „Uitkyk”, die 
plaas van Andries Rootman uit Die Dans van die Dwarrel- 
loinde. Hoe diep is die beeld van die ou opstal nie in sy 
geheue gegraveer nie : „Dit kring oor die kaal werf , oor die 
heining waarin die windjie soms singend suis, by die geboue 
van die opstal verby, langs die veekrale met hul gestawelde 
klipmure, uit oor die vlakte, Uitkyk se vlakte, wat gelyk 
uitstrek voor jou en agter en rondom jou van kim tot kim 
om uiteindelik in die verte te verdwyn in die trillende 
hittenewels waar die trekpad jou die onbekende lewe daar- 
buite in voer. Bo-oor jou staan die uitspansel, roerloos, 
onmeetbaar . . . .” En as die hoofpersoon in Lewenslank 
„Onrus” in sy drome verlaat, gaan hy reguit na die ou 
stamplaas toe: ,,GIinsterend lê skielik die fontein op ons 
stamplaas aan die voorposte onder my. Dis of ’n groot vrede 
in my dring .... Allengs daal ek af na die fontein ; in die 
watervlak blink die nagstilte en vrede. Ek daal af daarin, 
oneindig af , af . . . ek weet dat die tydstip van my bevryding 
uit die vorm aangebreek het.” Dit hou ook verband met die 
aankoop van ’n klein plasie, na sy ontgoëling in die Goud- 
stad, om daar ’n nuwe begin te maak. 

Besonder skoon is die siening dat die natuur enersyds as 
bondgenoot en vriend maar andersyds ook as rigter en 
bestrawwer van die plaasbewoner kan optree. In die laaste 
geval word dit, soos by Streuvels, die draer van kragte uit 
wie se greep dit onmoontlik is om bevry te word alvorens 
boetedoening ingetree het. Ongeluk oorval die onskuldiges 
omdat Ouma Sofya uit Die Dans van die Duxirrclwindc en 
Herkulaas uit Waar die Waterbul brom, deur hulle hebsug 
so verblind word dat hulle op die dreiging van die natuur 

87 


geen ag slaan nie. Eers deur die herstel van die onreg word 
die onheil afgeweer en die natuur ontwapen. Die kwaad 
word gewreek en deur die soenoffers van onskuldiges kom 
die skuldiges tot inkeer. 

Abel Coetzee glo in die liefde, anders sou sy werk nie ’n 
strewe tot verbetering en vergeesteliking van die mens 
openbaar nie. Sy boeke is bevolk met persone wat gewillig 
is om eie geluk op te offer vir ander, persone wat hulleself 
kan vergeet ter wille van hulle medemense. Vanaf Skimme 
van die Goudstad tot by Lewenslank kry ons hulle: die ou 
vroutjie in die kortverhaal „Bankrot” wat haar spaargeld 
opoffer om vir haar pleegkind kos te koop; Andries Root- 
man en Sielja wat hulle lewens gee tot behoud van diegene 
wat hulle liefhet; die vrou en oudste seun van Ferdinand 
Bastiaanse uit Waarheen Vader wat, ter wille van die liefde, 
besluit om die banvloek deur die samelewing opgelê, te dra. 
Die hele ontwikkeling van Dawid Pienaar uit Aan die Dag 
se Soom weerspieël die bevryding van ’n jong man wat hom 
aan die eensaamheid ontwortel om hom aan gemeenskaps- 
diens, liefdesdiens, te wy. Lyding is geen lyding meer wan- 

neer dit ’n leerskool word om iemand in staat te stel om 
die lyding van ander te versag nie. 

Sulke skeppinge kon alleen tot stand kom as die skepper 
daarvan in God glo. Sonder God, wat die skepper is van die 
mens en tot wie hy uiteindelik weer terugkeer, het die lewe 
geen sin nie. Die plaasmense wat na die grootstad uitwyk 
en daar in die gewoel en materialistiese strewe opgeneem 
word, kan God tydelik vergeet en selfs verloën, maar dit 
beteken nie dat God self verdwyn het nie. Hy wag op die 
uitverkorenes se terugkeer, want sonder Hom bestaan daar 
geen hoop of geluk nie. Hy wat God erken, erken die 
afhanklikheid van die mens en ’n sedelike wet waaraan hy 
onderworpe is. Die karakters wat Coetzee skep, is mense 
met baie gebreke en hulle word soms deur hulle hartstogte 
oorrompel; maar hulle besit ook ’n gewete waardeur hulle 
oordeel oor hulleself gevorm word. Handel hulle teen- 
strydig met die ingewings van hierdie beter ek, soos in die 
geval van Sofya en Herkulaas gebeur, dan kan die straf 
van die Hoër Hand nie uitbly nie, want God is regverdig. 
Daarom staan Coetzee altyd begrypend teenoor die werklik- 
heid en nooit afbrekend nie. Hy ken die dwaasheid en 
gemeenheid van mense, maar no^ans sien hy die goeie en 
skone raak wat in en deur hulle bestaan. Hy is nooit sinies 

88 



I 


I 


I 


i 


of sarkasties nie, want dit strook nie met sy geestelike 
oortuigings nie. Hierdie lewensbeskouing kom duidelikste 
na vore in Lewenslank. Een na die ander ontmoet ons die 
mense van Onrus: die onversorgde, eenvoudige Andries; 
neef Org en Nig Ralie. Amalie, hulle dogter; Jerrie de 
Witte, Olwagen, die Dwerg; Piet Oorolster; Vandermerwel 
en ander. Hulle karakterlewens word vir ons blootgelê, 
maar nooit met die ontledingsdrif van die naturalisme of 
die psigoanalise nie. Slegs die waarheid wat strook met 
sy gewete word deur die skrywer aan ons voorgehou. In 
hierdie novelle voorspel Coetzee ook die godsdienstige 
worsteling wat tot skepping van sy sonnettekrans Die 
Halwe God (onder die skuilnaam Soul Erasmus Smit) sou 
aanleiding gee. Aan die slot sê hy: „Daar is maar een 
blywende bevryding uit Onrus, die beeld van die stoflike 
begeerte, en dit is die bevryding uit die stof, bevryding 
uit die vorm wat jou aan die stof bind”. En ’n bietjie 
verder sluit hy af met: ,,My lewenslange worsteling teen die 
vorm, teen die hede, teen die aardse bereik sy einde. Ek 
bereik die oord waaruit geen sterfling ooit terugkeer nie . . . 
omdat dáár geen toekoms en geen verlede is nie . . . .” In sy 
poësie soek Coetzee na die verhouding tussen die Skepper 
en sy skepsel; hy worstel met die motief van God se 
skeppingsdrif en Sy onrus waaraan die mens deel het. 
Deur al sy werke loop dan soos ’n goue draad die gestadige 
bewuswording en ontplooiing van sy kunstenaarspersoon- 
likheid, om in Die Halwe God volle gestalte te kry. 

Die sonnettereeks begin by die skepping soos ons dit uit 
die Bybel ken. Hemel en aarde was woes en leeg, net God 
se gees sweef eensaam en beplan om vorm te gee aan Sy 
diep verborge drange. Op Sy gebod en bevel ontstaan see 
en aarde, bome, plante, son en maan, diere, visse en voëls. 
God, „draer van die heil’ge droom” het Sy droomgebore 
maaksels aanskou en dit was góed. 

Maar die droom is nog ongestil. Daarom sê Hy: laat ons 
mense maak na eie beeld om oor al die geskape dinge te 
heers. God het toe die mens na die eie, die onaanskoubare 
beeld gemaak en — dit was báie goed. 

Daar God louter Lig is, leef as drang wat onophoudend 
dring en streef na vorm, het Hy sy gelyke nooit geken of 
Homself aanskou nie. Hy het geswoeg om ’n droom in ’n 
sigbare beeld te weef, volgens ’n beeld wat onsigbaar 
bly, en so die mens uit klei gemaak. Tog het Hy daarna 

89 


geen rus, en gewens dat die beeltenis wat aan Hom gelyk 
is, die draer van rus moet wees, sodat die drang van die 
droom in die daad geblus kon wees. 

In Eden het God ’n tuin geplant — bome met heerlike 
vrugte — met in die middel die boom van kennis, goed en 
kwaad. Aan die mensepaar dra hy die sorg van die tuin op. 
Die bevel lui: bewerk, bewaak die hof, eet van die vrugte 
vry en onbevrees, maar laat die boom van kennis, goed en 
kwaad, die boom van die lewe onaangeraak. Vermy díe 
boom of sterf. 

Die mensepaar begin te wonder oor die betekenis van die 
natuurverskynsels. Hulle soek veiligheid teen die onbegrepe 
skeppingskrag. Die drang om te weet roer in hulle harte: 
Wie en Wat is God? Die mens eet van die vrug en daar 
volg ’n donderslag! 

Nou staan die mens bloot voor homself : hy is naak. Hy 
staan ontbloot in sy eie aard ; hy het bewus geword en erken 
die skepping en sy eie plek daarin. In die awenduur keer 
God, die rustelose, terug na Eden om die mens te soek. 
Die rus van die mens bring ook rus aan Hom, en op hierdie 
manier kon hy bly skep en tog ook rus. 

Om sy naaktheid kan die mens nie voor God verskyn nie. 
Hy weet dat hy ’n verraaier is, dat hy God se droom ver- 
steur het. Dan val die straf. Omdat hy die droom van rus 
versteur het, moet die mens sterf, terug na die stof. Om sý 
ontwil is die aarde vervloek. Maar God sal hom nie ver- 
nietig nie. Hy moet vrywillig terugkeer in God, want saam 
met hom sou ook ’n deel van God sterf. Die mens se vorm 
is rus; God is die drang na skep én rus deureengevleg ; die 
vorm van die mens moet sterf en slegs deur kennis kan hy 
weer terugkeer in God. Dan vind die gesplete persoonlikheid 
van God weer eenheid. As die mens onsterflik word, sou hy 
’n volle god word; daarom word hy verwyder van die 
vrug van die boom wat die ewige lewe gee en daarom 
moet hy sy vorm af lê om onsterflik te kan terugkeer in God. 
Die vorm van die mens is verstolde drang na rus, gestol 
in klei en moet weer drang word om aan die ewigheid deel- 
agtig te word. 

Nou besef die mens sy uitgeworpenheid, sy las aan skuld, 
sy nietigheid en eindigheid. Slegs deur kennis kan hy sy 
verganklikheid beëindig en daardeur weer eenheid met sy 
Skepper verwerf. Maar hy smeek om weer soos die bome 
te wees, wat geen strewe ken, niks van node het en geen 
sorge ken nie. Hy wil bevry wees van kennis, sonder wete 

90 


soos in die begin, sonder drang — volkome rus. Kennis 
bring berou om skuld en berou sal hom agtervolg totdat hy 
die kennis opgedoen het wat tot herstel kan lei. 

Omdat hy so gou sy skuld en berou vergeet, ontstaan by 
die mens broedertwis en broedermoord om die skynbare 
rus en vrede te verbreek. Dit is deel van die plan van God 
dat hy nooit tot rus moet kom nie. Hy moet gedurig swerf, 
steeds sy brood soek, agtervolg deur die dood. God gee 
aan hom ’n teken dat hy nie vernietig sal word nie. Deur 
die tye sal hy behoue bly deur die angs van die dood. 

Daarop volg die verwording van die mens en God se 
berou dat hy hom gemaak het. Almal word in die watervloed 
verdelg, behalwe Noag en sy gesin. Hulle moet van voor af 
begin. God gee die reënboog as teken dat die aarde nie 
weer deur water verwoes sal word nie. Hierdie sonnet, 
waarin die mens se angs oor die banvloek oor hom uitge- 
spreek, sy angs vir die dood, uitgedruk word, is een van 
die skoonste en klankrykste in die bundel. 

Vervolgens word die geskiedenis van Israel in Egipte en 
in die woestyn behandel. In Egipte het hulle slawe geword 
wat swoeg om in die daelikse behoeftes te voorsien. Om 
vry te wees, die draers van ’n droom, moet hulle tot haat 
en opstand gewek word. Daarvoor is nodig nie die onder- 
worpenheid van ’n slaaf nie maar die dadedrang van die 
koningseun. Vir hierdie taak word Moses geroep by die 
brandende braambos. Hy is uit Adam mens : die moordenaar, 
lafaard, vlugteling, maar in die lig van God ook die koning- 
seun. Hy word deur God gestuur om Israel uit die slaweland 
te verlos, om die belofte van die Beloofde Land aan hulle 
te bring waar Hy die koning is. In hulle moet die drang 
na vryheid gewek word. Dit sal meebring ’n nuwe onrus 
tot verwesenliking van God se plan. 

Die volk voel ontredderd in die woestyn. God kom met 
’n vuur- en wolkkolom om hulle te lei en bewerkstellig die 
ontwaking van die geloof in Hom. Die berg Horeb is die 
troon waarin God se vlam, Sy heerlikheid woon, die krag 
wat ’n groep slawe tot ’n volk moet omvorm. Hier word die 
tien gebooie aan Moses oorhandig, want die morele wet 
is nodig vir voortbestaan van die volk. Veertig dae en 
veertig nagte lank word Moses deur God onderrig totdat 
hy eindelik juigend uitroep: „Vader! U brand my hart, 
o laat die uur tog spoedig nader van U beloofde land.” 
Maar God vertel aan hom hoe Israel die goue kalf in die 
kamp dien. Hulle murmureer omdat Moses nie terugkeer 

91 


LetterkundeZ 


nie en verlang na die oorvloed in Egipteland; hulle bly tog 
maar slawe, want waar is die God wat Sy uitverkore volk 
in die sand laat smoor ? Israel is ook al moeg vir die manna, 
vir die eentonigheid van die spyse. In dié opstandigheid sien 
ons ’n openbaring van die aard van die mens, die mens uit 
teenstellings opgebou. 

In sy woede breek Moses die stene tafels met die wet teen 
die rots. Met die hulp van diegene wat nog vir die Here is, 
roei hy die afgodedienaars uit en roep dan om genade vir 
die volk. Daarna gaan hy terug in die wolk en vra dat hy 
God in al Sy heerlikheid kan aanskou om sodoende die 
volk te kan oortuig. Maar geen mens kan God sien en leef 
nie. God sal slegs aan hom verbygaan; daardeur sal hy so 
deurlig word dat hy blinkend en verstandig die volk sal lei 
tot aan die grense van die Beloofde Land. 

Veertig jaar lank swerf Israel in die woestyn rond. 
Steeds hunker hulle na die slawetoestand in Egipteland. 
„Wie ooit ’n slaaf was in sy hart word nooit weer vry.” 
Hy is die Beloofde Land onwaardig. Moses wonder of hy 
ook hier teen ’n duin in die sand moet sterf. 

Deur vlam en lig word God se plan tot openbaring ge- 
bring: ,,U skroei die mens gans uit hom weg dat net die 
gees nog bly, wat blinkend uit die lyf ontsmee, terugkeer 
na die bron” — soos in die geval van Elia, wat met ’n vurige 
wa en perde opstyg na die hemel. En koning Nebukadnézar 
moet aanskou, nadat hy Sadrach, Mesach en Abednego in 
die verhitte oond laat werp het, hoe die geloofsvuur so warm 
is dat niks anders daarby kan stand hou nie. 

Onrus wat gewoonte word, word 2nis en gewoontediens is 
slawediens. Egipteland se slawe word weer slaaf van die 
gewoonte in die Beloofde Land. Die Halwe God moet van 
vooraf weer met nuwe brand en vuur geskroei word, sodat 
onrus sy wese kan vervul en die rus wat die wese is van 
mense in God se beeltenis, Sy onrus bind. Die rus moet weer 
in God tot eenheid kom. Daarom het Christus gekom om 
draer te wees van God se vuur. Die volk word uit sy rus 
verdryf, want Hy bring oorlog, tweedrag en verdeeldheid. 
Ook formuleer Hy die naastewet en leer die mens om te bid : 
Soos ek vergewe Heer, vergeef U my en dit vervang die 
Ou Testamentiese wet van oog-vir-oog-en-tand-vir-tand. 

Van nou af verwoord die digter sy persoonlike stryd. Ook 
hy, as mens, het God se skepping deur geswerwe : In Eden, 
as broedermoordenaar, as deel van die uitverkore volk — 
die hele weg wat die Israeliete gegaan het tot by Getsemane 

92 


waar hy God vergeld het met doringkroon en kruis. Kom 
daar ooit ’n einde aan hierdie val? Hy soek rus ná al die 
strewe die lewe deur, na al die nodelose gekyf met dae wat 
gaan en kom. Hy het genoeg geswerf en geboet met onrus 
en vra dat God Sy vuur moet blus en aan hom rus gee. 
Soos voëls in die koringlande wat swerm sonder vrees vir 
die dood of angs oor roofvoëls, so swerm die kinders van 
sy gees die bloue mores in : verlange, hoop dat die nuwe dag 
die troos sal bring en dat daar ’n einde aan berou sal kom. 
Maar sy leë verlangens keer in die skemeraand tenig. Hy 
wag vergeefs. In elke more sien hy net die nag. 

Rus is die teenpool van God se drang om stof te wek 
tot strewe. Deur die hele skepping moet hy die halwe God 
voortdurend uit sy aard verdruk, hom voordryf met die 
skerpte van Sy swaard en so sy rus versteur. Die mens kan 
nêrens anders rus vind dan alleen in God nie. Slegs daar 
kan hy gebind word met sy tweede pool. God versteur die 
mens se rus op baie maniere: droogte, hongersnood, haat, 
nyd, begeerte, owerspel, moord, ontrouheid . . . met vuur 
brand Hy die versanding weg, want rus vertraag die tydstip 
waarop die mens verstaan en God aangryp. So het God ook 
die digter gedryf om na Hom te soek. Hy moes besef dat 
God nie in Homself kan rus nie — dit sou die einde van 
skepping beteken. Die mens was bedoel as God se ruspunt 
en hierdie ruspunt is deur die mens self vernietig. 

Op die verlossingsdag, die dag waarop die mens deur 
hom self bevry word uit die rus, sal ’n kettingvuur ontspring 
wat alles, die ganse skepping verteer: „U ganse skepping 
gloei en elke vorm verspring sy band om drang te word 
wat net maar is. So swig die stof, verrein, versoen, en alles 
word net Lig”. Die mens stig ’n wêreldbrand om sy rou 
te versoen. En hier sien ons die atoombrand waardeur die 
ganse wêreld vandag bedreig word. 

Ook die digter het, as halwe god, die eeue deur geswerf, 
voortgestu deur God se vuur, tot op die oomblik dat Sý 
kettingvuur die weg wys wat verlossing bring: ,,U rus in 
my ontvonk, ek reik na U en spring U onrus in; ontvang 
my, Here bind my, vol van godlikheid betaal ek self die 
hoogste tol”. Rus en onrus kom tot ewewig in God. Skep- 
pingsdrif en skeppingsvreugde vorm weer ’n harmonieuse 
eenheid. Die gelowige verrig wat die twyfelaar vrees om 
te doen: hy gaan die vernietiging in uit eie keuse. 

Die laaste sonnet is ’n oorpeinsing van God self. Gcluk 
kan die mens wat sy wense digby sy hart dra, wat die 

93 


skimmeland van die begeerte bewoon sonder om sy drome 
tot werklikheid te sien verander. Om te skep en lewe te 
skenk beteken om ’n deel van jou prys te gee, wat self- 
standig kan ontwikkel en na eie wil kan beskik oor goed 
en kwaad, soos ’n god. Rus in ewewig gepaard met skep- 
pingsdrif is godlik goed, maar wanneer dit los staan van 
die droom, weeg die rus te swaar teen die onrus en groei 
tot kwaad met ’n eie wil. Ewewig kan alleen verkry word 
in God, die Oorsprong van die droom. Die aarde is weer 
woes en leeg en peinsend sweef Sy gees — geheel en goed. 

In Skimme van die Goudstad spreek Abel Coetzee sy 
deernis uit met die armes en verdruktes, die eensames en 
alleenlopers, mense wat vasgevang sit in die seekatarms 
van die grootstad en wat worstel om ’n bietjie geluk en 
soms daaroor droom. Hy openbaar sy warme menslikheid 
wat gerig is op naasteliefde. Hierdie aspek van sy geestes- 
houding vind dringender gestalte in Waarheen Vader waar 
hy een van ons land se neteligste vraagstukke, nl. die van 
bloedvermenging in kunsvorm aandurf. Aan die Dag se 
Soom vertolk sy persoonlike worsteling met jeugprobleme 
en sy ontwikkeling tot volwaardige mens, gereed om naaste- 
en liefdesdiens te lewer. 

Die menslike samelewing kan slegs bly voortbestaan waar 
’n regverdigheidsin die eenheid en ewewig bewaak. Hy wat 
onreg pleeg, sal sy straf nie vryspring nie, die onheil sal 
hom agterhaal. Eers as die kwaad gewreek is, kom die 
skuldiges tot inkeer. In beide Waar die Waterbul Brom 
en Die Dans van die Dwarrelwinde word hierdie lewens- 
opvatting uitgewerk. In laasgenoemde novelle word ook die 
suiwerende werking van berou en vergifnis benadruk. So 
ontwikkel Abel Coetzee se godsbegrip, sy opvatting van die 
diepste wese van geluk algaande, om wat sy prosawerke 
betref, tot hoogste uiting te kom in Lewenslank. Die onrus 
wat die menshke bestaan beheers, kan alleen tot rus kom 
as hy hom aan die stof ontworstel, as hy tot bevryding 
kom uit die vorm wat hom aan die stof bind. Hierdie begrip 
vorm die kern van sy wysgerige denke in die sonnettekrans 
Die Halwe God. Deur middel van die skeppingsverhaal, die 
Israelitiese geskiedenis en die koms van Christus beeld hy 
die spanning uit tussen mens en God, die worsteling van 
God, om die ewewig wat deur die mens, die halwe god, ver- 
steur is, te herstel. Alhoewel veel daarin streng beskouend 
is, vorm die geheel ’n poëtiese digwerk met baie glanspunte. 

94 


Dis die produk van Coetzee se ryke ervaringslewe en steeds 
r^^er wordende kunstenaarskap. In ’n volgende artikel 
sal daar tot dieper ontleding van die werke self oorgegaan 
word om die meer estetiese grondslae daarvan vas te stel. 


95 


MEFISTO: 


Gesprek van die Dooie Digters 

Toneel. ’n Skemerlajnd, woestynagtig. Net groot rotse en 
dorre bome staan orals rond. Daar is geen son nie, maar 
die lug is koperkleurig sodat die omgewing dof en vol 
skadukolle vertoon. In hierdie land van skaduwees verwyl 
die skimme van afgestorwe digters. Hier kan hulle verneem 
wat daar in die wêreld van hulle skeppinge gesê word. Die 
boodskapper is ’n onnutsige aardse gees. 
lerwers tussen hier en nêrens, 

Ek weet nie waar, maar dit is êrens 
in die Land van Skaduwees, 
word ons digters wreed gekwel 
erger nog as in die hel — 
deur ’n bose aardse gees. 

By resensente gaan hy luister 
of waar skinderbekke fluister 
en dan word dit oorvertel, 
mooi deurspek en goed gekruie 
met stories uit sy duim gesuie — 
tot trane in hul oë wel .... 

C.M. verskyn op die voorgrond tussen die rotse. Hy lees 
van ’n los bladsy uit ’n tydskrif geskeur. Dan stoot hy sy 
hand deur sy hare en op ’n hol, onaardse toon kerm hy: 
O donker wêreld wat ek hier betree, 

O weemoedsuur, wie kan my antwoord gee? 

Waarom word al my ankers losgeruk, 

Die kroon van roem wreed van my hoof gepluk? 

Hier staan die laster, swart op wit gedruk, 

Gereed vir almal om daarvan te sluk: 

Van al die verse wat my bundels vul 
is net die Swart Indoena nie ’n prul! 

A.G.V. kom staan by hom en sê glimlaggend: 

Verwelk is ook my tuin se prag — 
weg met die donker stroom. 

Net ou Metusalem sit nog 
onwrikbaar op sy troon. 

Ja broer, sê hy, terwyl sy oë vonkel, 

’n mens kry lag vir al die aardsgekonkel. 

Het jy nie hier onsterflikheid verwerf 
kon jy dalk weer aan die beroerte sterf! 

96 


C.M. deklameer: 

Hoe sal ek ooit die diep verandering verstaan, 
die wetlikheid van vaste kom en gaan . . . 

Tog, wie is daar wat beter kon presteer 
as ek, sonder om te soek na eie eer? 

Wie het so diep die lewe ingedring 
en reekse goeie verse voortgebring? 

Was dit nie ek wat helder kon bepaal 
wat in die volk se swaar GEDAGTES maal 
en uit die gaos weer kon skik en rig 
om so te stry my STRYD OM EWEWIG? 

En toe daar DROOGTE was op taalgebied 
het ek my helder gees ruim uitgegiet 
oor alles en gewek tot nuwe GROEI 
die skone akker wat so heerlik bloei. 

Ja, soos ’n SIMSON het ek daar gestaan 
en elke vyand onversaag verslaan 
wat met ’n stomp en derderangse gees 
probeer het om die volksprofeet te wees. 

Wie het die grootse waarheid formuleer 
(selfs Goethe en Schopenhauer het probeer!) 
dat alles kring na kring in kringloop gaan 
net soos die sterre in hul vaste baan? 

Die ditme wat in skoonheid ewig dein — 
die oorsaak van ons diepste smart en pyn — 
het ek nie in die herfs, o afskeidsuur! 
die skoonheid met sy weemoed uitgepuur? 
en nou dat ek LAAT VRUGTE kan geniet 
word dit, helaas, ’n ander aangebied! 

C.L.L. kom tevoorskyn en voeg hom by C.M. en 
A.G.V. Hy suig aan sy pyp terwyl hy mompel: 

Ons moet die drumpel oor, al breek ons dood . . . 
A1 is die onreg wat ons ly hoe groot — 

O, pazienza, pazienza che tanto sostieni! 

Een ding bly staan en dit moet ons aanvaar, 
geleerde uitspraak wissel jaar na jaar! 

Dit is die kunstenaar se wrange lot 
dat hy gestriem word met onnosel spot. 

Die volk dink nog ek is ’n renegaat 
wat dit wat vreemd is min, die eie haat! 

Die kritici weet beter as ek seLf 

waar om die skoonheid uit my werk te delf — 

want, na die sifting het hul vasgestel 


97 


dat al wat oorbly, is: Oom Gert Vertel! 

J.F.E.C. neem die los bladsy by C.M. en lees daarin. Dan 
praat hy sag en bedaard: 

Die jong geslag het my totaal vergeet, 
saam met die oorlogsmart en kinderleed .... 

Die weidsheid van ons land, die skoon natuur 
wek in hul hart nie meer die heil’ge vuur, 

Weg is hul liefde vir die huis en haard 
vir vaarlandsgrond, ons helde en eie aard .... 
Daar was ’n tyd toe ek in eensaamheid 
die volk kon aanspoor in die harde stryd. 

Toe het ons sterk, met vaste hand gebou, 
die jeug vermaan tot deugsaamheid en trou. 

Ek sien voor my die vlakte uitgestrek 
wat in my lied so veel bewondering wek . . . 

Maar reeds hoor ek ’n stem wat aanhou praat 

van onoorspronklikheid en plagiaat 

So kom ons later almal tot ’n val 
en klink daar oor die eter net: Dis Al. 

E.M. sit op ’n miershoop met sy kop tussen sy hande. 
Dofweg mompel hy: 

Waar vind ek ooit die vrede en die rus 

wat in my hart die diep verlange blus 

Reeds wag ek anderkant die donker stroom 
en tog bly my versugting net ’n droom. 

Op dié godverlate akker 
sit ek ure wa-wyd wakker 
en luister in die oop konsert 
na die onverbloemde snert 
wat die priesters van die woord 
uitkraam in dié donker oord. 

Dis tyd om almal oor te voer 
In die hand van Skoppenboer. 

Hy gryp die los bladsy by J.F.E.C. en lees daarin. Dan 
praat hy opgewonde: 

My eie werk, ja dit verneem ek nou, 
word deur die jonggeslag weer hooggehou. 

Alleen ’n vasoortuigde pessimis 
weet by benadering wat Waarheid is. 

Die verse wat ek self nie kan verstaan 
se aandele het skielik opgegaan. 

Kan mens die inhoud net so vaagweg raai 
dan dink die simpel stumpers dit is fraai .... 

98 


Maar daar is dinge wat in druk verskyn 
wat in my mond smaak net soos bitter wyn — 

Die storie van my jonggestorwe vrou: 
die jare deur het ek die smart onthou 
en elke dag — gewis dit is ’n grap — 
die son verdonker met ’n lanferlap! 

En dan my graf, steeds nog ’n hopie gruis 
omdat ek êrens van die suiderkruis 
sou praat by Tebis in die stil woestyn 
waar ek konsuis so stilweg wou verdwyn . . . 

En dan die rymelaar wat grofweg sê 

dat ek verskrompel agter ’n miershoop lê . . . . ! 

T. kom beskeie nader en loer oor E.M. se skouer na die 
inhoud van die bladsy. Dan stap hy bedees eenkant toe 
en fluister sag: 

Net soos die wilgerboom in herfsgety 
sy somerdrag wyd oor die pad verstrooi, 
so word die vrugte van my gees, ai my, 
as waardeloos verklaar en weggegooi . . . 

Wie het kon droom dat skaars in twee geslagte 
die wrange lot sou tref — o pyngedagte, 
my skemerlied het nou so laag gedaal, 
dit klink, sê hulle, soos tinktinkietaal. 

Toon sukkel tussen die rotse deur, slaan C.M. op die 
skouer en sê: 

Waarom, o broer, so bekaf en bedruk? 
die waarheid bly maar moeilik om te sluk. 

Alles is verganklik en vergaan, 

hoe kan ’n mens se roem dan ooit bly staan? 

Reeds op die aarde het ek dit geweet 
en ongemerk my digterskap vergeet. 

Maar dit het ek onthou: die hoogste vreug 
is nie te vinde op die pad van deug: 

,,Maar wyl lippe op lippe kan bewe, 
bied my jou mond, lief, bied nou . . .” 

Die hoogste vreugde, gryp dit nou, vandag — 
wie weet, dalk bly jy more in die slag! 

C.M. skud sy hand van sy skouer en sê: 

Jou erotiek neig aardwaarts man, besin 
dat kuns moet opstyg, steeds die hoogtes in . . . . 
Terwyl C.M. wegstap mompel hy: 

Ja, dit kon ek op aarde nooit deurgrond: 

„Die wellus van jou lippe, die bekoring van jou mond!” 

99 


C.J.L. het nou die bladsy in die hande. Na hy gelees het, 
praat hy asof hy ’n vergadering toespreek: 

Van my, geen enkel sin, geen dooie woord, 

Ek word geïgnoreer in Suid en Noord. 

Die verse van ’n groot didaktikus, 

kom sê my, wie het nounog daarvoor lus? 

Die jongste snuiter sal sy tande kners 
by aanhoor van my vers „die mot en kers”. 

En stel jou net die konsternasie voor 
as kinders dalk van „Pappie se Tuiskoms” hoor. 
Daar in die stad laat dit die harte skryn 
as iets die geur versprei van brandewyn . . . 

Dis net nig Mimi wat „Lamtietie” sing 
omdat die F.A.K. haar daartoe dwing — 

Die Leeu van die Noorde moet ek huldig, 
aan hom is ek veel dankbaarheid verskuldig, 
want hoe die opposisie ookal rem, 
tot volkslied word deur hom verhef: DIE STEM! 

Nou kan die dom deskundiges maar raas, 
van skyn-geleerdheid is hul almal dwaas. 

As digter sit ek in die saal nog stewig — 
my volksgenote het my naam verewig! 

Toe J.R.L. verskyn, is die plek leeg. Daar is niemand om 
mee te praat nie. Hy draai om en stap weg sonder om ’n 
woord te sê. 

Bose gees, rol soos hy lag: 

Ek lag my nog ’n boggel 

ha, ha haaa 

dis heerlik om te koggel 
en te pla — haha! 

Hy tel die bladsy op wat die digters daar laat lê het. 
Dié vel het ek by Oppie vasgelê 
net om te hoor wat hulle daarvan sê. 

Nou moet ek wag vir die herstel van vrede, 
dan bring ek: „Van die Aanvang tot die Hede” .... 

— Antonie het die spul daar goed verniel — 
daarna ’n nuwe bladsy uit „Profiel”. 

Miskien as Apie weer iets sinvol skryf — 

(Sy D.D.T. is tog te dun van lyf) 
dan sal ek van sy praatjies annekseer 
en van die balsem oor hulle wonde smeer. 


100 


LOUIS EKSTEEN; 


Karoo 

Toe ek die eerste klip omkeer en die insekte krioel — 
hleek verward en sonsku — moes ek my vinnig keer 
om nie die hele siek ou spul met een hou fyn te slaan 
— maar later sien ek hulle weer in kristalle vitrioel. 

Gang 

Die blou oë van ’n kind hy lekkergoed en ’n geel speelding 

sterf stadig as die .sagte wange dun en dunner kring 

in die hol geraamte van ’n grootmens, 

tot op ’n dag die roggel hom saggies uit die keelpyp wring. 

Fin de siécle 

Drie maal terug . . . nee drie keer tevergeefs 
en nou alleen nog hierdie meeu. 

Brood op die water . . . maar krummels dryf en slik 
vas hier teen die walle van die eeu. 

Sieke 

Hulle sê dis die gons van longe — 
wit pak die koors, vuilwit op die tonge. 

My hene dra die lyf, die smal bors 
en die losieshuisgang blink in koperghonge. 

Man met oliekolhoed 

Verder op in die Kalahari jag hy dit 

wat van die mens almeer hulself vervreem, vlug na die plek 
waar hul vlieë van die kruis af waai, en wit 
die oë op ’n kwartel rig — tot in hierdie verborge oord ook 
’n koeël klap en die stilte wreed versit. 

Reisigers 

Dis pagoed en magoed en susgoed en kleingoed 
en dis rookgoed en eetgoed en drinkgoed en lêgoed 
wat saam-saam kuier die wêreld oor 

tot pagoed, magoed en kleingoed lê in die grond .se doekgoed. 

Oom 1^00 ies 

Hy’s al lankal blinkkop, ag sedert jare 

maar moet hom nie heklae 

want so ’n blinkkop, so ’n mooi ou rooie 

ek .sal sê hy verdien sy jare, al is dit sonder hare. 


101 


Rympie 

Een twee drie boggel my knie — 

wie sou my kan keer? Nie jy nie 

net Een, maar waar’s hy nou? Hy’s nog weg 

en hy kom miskien nie gou nie. 

Horlosie 

Die wysers beweeg stadig na mekaar 
kruis op ’n punt: vir my en jou 
die tyd wat óns nie wil aanvaar 
— vir húlle net die spel van nou, of netnou. 

Twee simbole 

Kristal: sku-wit bergkristal 
met sonstippels in elke vlak; 

’n spieël waarin ek alleen staan 
die eerste mens in mý heelal. 

Boereraat 

Dis gesondheid vir die bors: ’n bietjie bossiestroop 
en rooibostee getrek op ’n kooltjievuur teen laat aand. 

Dis gesondheid vir die maag: wildeals en anyssaad 
gelos in ’n meelsakkie op die agterstoep vir ’n maand. 

Dis gesondheid vir die bene: ’n botteltjie perfekte-olie 
en die smeer vroegdag as die son sy kop uitsteek. 

Gesondheid vir die voete: eeltesalf getrek uit bitterbos 
en tiemie wat oupa in sy tuintjie kweek. 

Gesondheid in die rondheid: vars lug, die son, die spreeu 
wat kwetterbek in die vyelaning, en die soet appelkoos 

wat lentes smelt op die tong — en die blywees soos 
die kinders wat loslyf in die swemgat skreeu. 

Wandeling 

Blare aan die bome 
vo'éls getak 

ou-ou lentes in die bloed 

opgewek . . . 

op die veld 

kraaltjies dou 

in gras geryg . . . 

móregroet 

„ploet-ploet ploet-ploet” 


102 


Witgewels 


Maaltye klokslag: 
winters varkslag. 
Werk ’n plaas: 
oudag blaas. 
Boekevat en gesang: 
die nag is lang. 



Ek is nie vaak nie 
my o'é spikkel 
die lig is ’n muskiet 
pim boem wikkel . . . 



Ek glo Piet, Dowwe Eaan se seun, 
hy praat ’n waarheid wat ék ken: 
smórens leef ’n lewe 
sawens: ’n oubok aan’t bewe. 


Derde 



Die jare voor dertig die duisternis 
toe ons in voorgeboorte rondgeskommel is 
— en nou die dag wat moeisaam breek 
oor dié donker skynbelewenis. 


Memento mori 


Die kopbeen staan op die tafel 

op die rooi kleed 

in die swart oogholtes steek 

twee angeliere . . . maar dié skending 

sal hom op geen dader wreek. 



Gragte wentel onder bote swaar belaai, 

steenstrate dra vragte mens en goed. Ver van die kaai 

rank gewelhuise regop uit die hawestad 

en twaalfuur begin ’n swaar klepel in die W estertoring swaai. 


103 


PIROW BEKKER: 


Waaiersterte 


W aaiersterte gil uit die bitterbos, 
gaan blaker wit-wit teen die warm wal, 
elkeen penorent, stil en apart 
met oë bang vir ’n heelal. 

Die windhond storm na die bloed 
en sagte lewe. Die gestaltes, ruk, pluk 
hul sterte in die stof van 
die opwinding voor elk buk 
in sy eie donkerte. 

ívtaar diep onder hulle dorp 

kruip hul na mekaar 

om saam tartend te blaf 

teen die langbeen, grouende gevaar. 



Ek vlug tot in Transvaal se boggel 
of kruie weer die Dorsland oor. 

By Nagasaki steek die osse vas: 

dié klomp is deur ’n A-bom uitgemoor. 



Die hemel roer 
en druppels sidder skerper 
smeltend teen my ruite. 

Vannag sak 
die hemel af 
tot om die huis 

en naby 

tot in my bors._ 


Lig 

sal kom en skei 
hemel en plas en klei. 


O God seën 
O die ou aarde reën. 


104 


C. W. HUDSON: 


English Writers ol M rikaans 

In the Loom of Language, Frederick Bodmer writes: “What 
language we habitually speak depends upon a geographical 
accident. It has nothing to do with the composition of the 
human sperm or of the human egg. A child grows up to 
speak or write the language used at home or at school. If 
born in a bilingual country it may grow up to use two 
languages without any formal instruction in either.” Ours 
being a bilingual country, we find that many Afrikaans- 
speaking writers have written books in English and vice 
versa. The historical development of our country has added 
its contribution towards the varied and entangled aspect 
of bilingualism in South Africa. Many people with Afri- 
kaans names can often speak only English, while many 
names like Nicol, Murray, and many others denote Afri- 
kaans-speaking persons. These things are uncontrollable, 
interesting and the result of social set-ups and upsets in 
our country. The roots of the Afrikaans language and 
culture go deep into the very soul of our South African 
nation. Often an Afrikaner may marry an English woman 
straight from England, often an Englishman may marry 
an Afrikaner woman straight from the veld; their offspring 
are likely to be bilingual. When they grow up, they may 
find that they have to choose between being Afrikaans- 
speaking or English-speaking citizens, for such is the 
demand of our social fabric at the moment. 

When we turn to Afrikaans literature, and look for 
Englishmen (that is, persons whose home language is 
English) who have written books in Afrikaans, we do find 
them, and that is a great wonder at this stage of our 
history, for Afrikaans has not been a school subject for 
so long that a really strong tradition could have been 
established in English educational institutions as far as 
Afrikaners and the Afrikaner’s culture is concerned. In 
1924, the first matriculants who were taught through the 
medium of Afrikaans throughout their schooling, passcd 
into universities and public life — only 35 years ago, or 
little more than one generation ago. We will have to look 
to the future for a really rich mutual fertilization of 
cultures to take place, bcfore the one language group can 

105 


enrich the literature of the other. No language can be 
adequately studied without a study of its culture being 
included in the course of study. At present the two cultures, 
English and Afrikaans, are still too far removed for 
merging to take place. The reasons for this gulf are mainly 
political and, often also a result of the geographical accident 
mentioned by Bodmer, for it has, e.g., become noticeable in 
Johannesburg that some suburbs tend to be Afrikaans- 
speaking, while others are often exclusively English- 
speaking. Until this gap is bridged by time or some national 
disaster that might unite the two language groups, the 
present intellectual and cultural isolation between English 
and Afrikaans will continue to exist. 

The few Englishmen who have written works of literature 
in Afrikaans, are, therefore, “freaks” rather than the 
general rule. 

Let us turn to these. There has been L. H. Meurant right 
in the dawn of Afrikaans, who helped to make it a written 
language, also H. W. Cooper. There has been the Hobson 
brothers, Olga Kirsch, Peter Blum, R. K. Belcher; Dr. 
Skaife’s books were written in English, but translated into 
Afrikaans, and should, therefore, fall under the category 
of Afrikaans works. The educational and home language of 
the Coloured writer, S. V. Petersen, is English, although 
he chose to express his feelings in Afrikaans. In all these 
cases, the authors concemed have become imbued by the 
Afrikaans language and culture to such a degree that they 
found it possible to express their minutest and most 
individualistic thoughts in Afrikaans. 

Some Afrikaners have written in English rather than 
Afrikaans, mainly because a generation or two ago English 
was the main language of school instruction, especially in 
the Cape as well as in other provinces of South Africa. 
The names of T. J. Haarhoff, C. L. Leipoldt, Deneys Reitz, 
J. C. Smuts, Herman C. Bosman come to mind in this 
connection. If they had been schooled in their mother 
tongue as the present generation of Afrikaners is to-day, 
they might not have used English as well as they did — or 
at all. 

It is strange that no English-speaking South African 
has yet written a novél in Afrikaans, delineating the 
national characteristics of the Afrikaner through artistic 
character portrayal. It has been very well done, as it is, 

106 


in English, by Stuart Cloete, Alan Paton, and especially 
R. E. Lighton, whose book could just as well have been 
written in Afrikaans for the deep insight it gives into 
the Afrikaner’s way of life and thought. 

But to return to the Englishmen who have contributed 
to the bulk of Afrikaans literature, one must first consider 
that colourful personality, Louis Henry Meurant (1811- 
1893). Before 1875 when the Genootskap van Regte Afri- 
kaners was formed, he gave the greatest impetus to the 
development of Afrikaans. Meurant’s father was a French- 
speaking Swiss, his mother an Englishwoman from London, 
but his home language became Cape Dutch, because after 
the death of his mother he was adopted by a Cape Town 
architect, M. J. Smit. Meurant became a printer’s appren- 
tice and later a journalist. He established the first Dutch 
newspaper in the Eastern Province, namely, Het Kaapsche 
Grensblad, in 1844. Twenty-one letters in “Afrikaans” (as 
opposed to Dutch) appeared in this paper until it ceased to 
exist in 1850. Meurant must have written most of these 
letters himself, i.e. those by a so-called Miss “Beuzemstok’ 
and “Platje Wysneus”. These pieces were merely written 
for the amusement of the readers, and have no literary 
value at all. 

In 1859 Meurant became magistrate of Cradock. In order 
to influence the Afrikaner farmers of the area to vote for 
the separation of the Eastern and Western provinces into 
separate parliamentary constituencies, Meurant wrote his 
famous “samesprake” or dialogues which were published 
in The Cradock News. These dialogues proved very popular. 
Six in all were written, and published in 1861 in book form 
entitled, *‘Zamenspraak tiíssen Klaas Waarzegger en Jan 
Twijfelaar over het onderwerp van Afscheiding tiLSSchen 
de Óostelijke en Westelijke Provinci&’„ representing at the 
same time the very first book in Afrikaans. 

Professor G. S. Nienaber, of the University of Natal, 
writes of this work, “This is no vulgar Afrikaans, in fact, 
the young neef Klaas is a well-read Dopper who holds 
liberal opinions and oom Jan and tant Elsie are respectable, 
aristocratic and wealthy although conservative farmers; 
their language is suited to the situation, so that we do not 
have the language of ordinary types nor of completely 
backward persons.” 

This is not rated as Meurant’s best work. His so-called 

107 


LetterkundeS 


“Letters from Parliament” (1861), are regarded as his 
best pieces of journalism. He wrote these as “Klaas Waar- 
zegger”, who was supposed to have gone to Cape Town to 
the parliamentary session, and who reported the progress 
of the debate on separation. Nearly all the Dutch news- 
papers published his letters because they were informal, 
humorous and topical. 

Although his letters did not succeed politically, they 
made many others take up pen and paper and write similar 
pieces in the Afrikaans newspapers of the time. Some of 
these appeared in the Free State, such as De Vriend and 
De Tijd, and in the Transvaal in De Transvaál Argus. 
Hence, the nom-de-plume “Klaas Waarzegger” became 
associated with being an Afrikaner, and many a writer 
called himself “Klaas Waarzegger” in the newspapers that 
existed in South Africa until 1875. 

Another writer of English descent who chose to write in 
the new language of South Africa in these early days, 
was H. W. A. Cooper (1842-1893). He used the nom-de- 
plume of “Samuel Zwaardman”. Cooper’s father was an 
Englishman, his mother was Irish and he later married 
an Afrikaans girl, a Miss van Huyssteen. He practised law 
in Fraserburg (Cape) and wrote his popular Boerenbrieven 
uit Fraserburg , being humerous sketches of life in a small 
platteland town. His Kaapsche Sohetzen were also written 
in the “Boere-Afrikaans” of the day. He satirised some 
dignitaries, and caused no small stir in Cape social circles, 
but he genuinely hated smugness and false dignity. The 
following quotation should suffice to prove this, “Ons 
dokter is daarom een vluxse kerel, hij is met almaal 
vrientlijk en de vrouwens hou al te veel van hom. De dokter 
is ook slim in zijn vak, kan ik ver jou seh; hij maak daar 
nix uit om jou toon of jou been af te saag, of jou oog uit 
te snij. Hij saag jou armen af eer dat een mens een voorslag 
riempje zal kan snij ...” (the original spelling has been 
retained) , 

Many epigones also followed in the wake of Cooper, 
and many wrote much, but with less talent, in Het Volks- 
blad on topics culled from their own districts. 

Before the well-styled and interesting publications of 
Meurant and Cooper appeared in South African news- 
papers, two other Englishmen had written in vulgar Afri- 
kaans, the oft-quoted Kaatje Kekkelbek (“kekkelbek in 1839 
when this was written, meant a liar as well as a very 

108 


garrulous person). They were A. G .Bain and George Rex. 
Bain was a Scot and Rex a legendary figure in South 
African history. Afrikaans and English are mixed and 
scrambled by the authors to portray a Coloured woman, 
Kaatjie, who cackles about the philanthropical attitude of 
some Cape missionaries. She represents a certain mentality 
that earned severe social criticism, as the following extract 
proves : 

“My name is Kaatje Kekkelbek, 

I come from Katrivier, 

Daar is van water geen gebrek, 

But scarce of wine and beor. 

Myn A B C at Phillipes school 

I learnt a kleine beetje, 

But left it just as great a fool 
As gekke Tante Mietje.” 

For a long time, journalism was the only contribution 
that was made to Afrikaans by English-speaking South 
Africans. They all used Afrikaans not for purely literary 
purposes in the beginning, but to propagate some or other 
political cause for the common goocl, and they did not 
hesitate to make use of satire when it seemed to be a handy 
weapon. 

The first Englishman to contribute to Afrikaans litera- 
ture after Bain and Rex and Meurant and Cooper, were 
the Hobson brothers, whose first book in Afrikaans 
appeared in 1929. 

The Contribution of the Hohson Brothcrs to 
Afrikaans Literature. 

The work of these men is remarkable in many ways. 
Their work has been rated very highly in the Afrikaans 
prose literature. The fact that they chose to write in 
Afrikaans rather than in their own mother tongue, English, 
and the fact that they wrote together, are rare literary 
occurrences. Rare and unusual, indeed, is the literary contri- 
bution made by these brothers, lovers of the veld, who 
grew up in the district of Graaff-Reinet on a farm where 
their playmates were Afrikaans-speaking. They went to 
English schools, but found that when they talked about 
the farm and farming, they switched over into Afrikaans. 
G.C. says that his first attempts at writing were in 
Afrikaans, and adds that he finds it difficult to express 

109 


his thoughts as far as the depicting of atmosphere is 
concemed when he wants to write about the veld and wild 
animals (of Schoonees: Die Prosa van die Tweede Afri- 
kaanse Beweging, p. 438). 

G. C. Hobson started farming after he left High School. 
His brother studied at Rhodes University and became a 
teacher. During the Anglo-Boer War their father moved 
to Bechuanaland. They often went into the Kalahari on 
hunting and business trips, and learnt the lore of that 
region on a most intimate basis. S. B. Hobson became 
principal of the school at Franschhoek and in 1914 he was 
appointed an Inspector of Education in the Northwest Cape, 
including Bushmanland and the Kalahari-border. G. C. 
Hobson joined the Fruit Exchange in Cape Town in 1917, 
and travelled throughout South Africa, but the Kalahari 
never lost its charm for these two brothers, who dearly 
loved every inch of its wastes and every animal roaming 
its veld. “At heart we are farmers and of necessity do 
something else,” one of them said. 

G. C. Hobson started writing in 1925 as a result of over- 
work and as an attempt at self-imposed therapy, and also 
because he felt a great longing for the veld in contrast 
with the routine of city life. The language and its niceties, 
and the technique of writing harassed him, however, and 
he decided to ask his brother’s help. Hence, G.C. supplied 
the material and S.B. saw to the litcrary style. S.B. wrote 
down what his brother told him to. In this way they wrote 
books of great beauty and complete harmony, showing an 
artistic insight into and a clear knowledge of the Kalahari 
and its animal life. Their books contain passages of rare 
beauty and represent some of the most beautiful passages 
of prose in Afrikaans. The unique contribution of the 
Hobsons to Afrikaans literature is also the most powerful 
and tangible gift by English writers of Afrikaans to the 
growth of Afrikaans on a purely literary basis. No other 
English artists, writing in Afrikaans have managed to 
contribute so much in the field of creative writing as the 
Hobsons. 

Their books are, Kalahari Kaskenades (1929), Kees van 
die Kalahari (1929), Skankwan van die Duine ^930), Op 
die Voorposte (1932), Buks (1933), Geluksvlei (1937), Aan 
Jannie (1943), Vlam van die Bantamberge (1945), Broers 
(1947). 


110 


In these works, most of which are of a high literary 
merit, the Hobsons usually describe the dramatic conflicts 
as they have been observed in nature. They seldom describe 
the atmosphere in any lengthy way, choosing rather to 
suggest the place and background, artistically spotting the 
animal that has been chosen to be the protagonist in the 
fierce battle for existence, like Vlam, the wild dog, or 
Buks, the honey-badger, This age-old struggle for survival 
is sharply portrayed in all the tales about animals written 
by the Hobsons. Their never-relaxed vigils help to mount 
the tension that every animal always seems to feel in these 
stories. The slyest, the strongest, the most daring win 
through to survival while the weaker ones are mercilessly 
slain or devoured. 

In the writing of the Hobsons there is also present an 
alluring element of animal romance, father and mother 
love, as well as humour. The courtship of Kloes and 
Karlyntjie, the two red jackals, is described tenderly in 
fine prose, while one has much sympathy for the sly but 
stalwart and brave little Bushman, Skankwan. Lovely prose 
etches, attractive episodes, carefully narrated little animal 
capers charm the reader and make one a life-long fan of 
Hobson writing. They personify the animals and their 
environment, and manage to animate the whole scene under 
description. 

“English is the wrong language for the veld,” S. B. 
Hobson wrote in Die Huisgenoot (28/6/1935), “our veld 
experiences were lived in Afrikaans; that part of our lives 
was lived in Afrikaans ...” Therefore, to the Afrikaans 
reader, these books are Afrikaans books, full of varied and 
rich veld and animal love, sparkling with emotive idiomatic 
language. 

Kalahari-Kaskenades is not an animal story, but a 
vigorous tale in which animals are the main actors who 
talk and act like humans in an animal environment. 

Far removed from this anthropomorphic approach is 
Kees van die Kalahari, regarded as their best book about 
animals in their natural habitat, the Kalahari. It has the 
charm of a fairy tale, a fast-moving, most dramatic fairy 
tale full of intense moments of suspense, relieved by delicate 
spasms of tender humor. The restlessness of animals on 
the hvmt or prowl, the calm patience of stalking, the fierce 
struggle for life, the tender defence of offspring, are moods 

111 


interwoven in the full pattern of this book. Yet one seldom 
finds subjective writing in this tale, the hunter seldom 
speaks of himself. 

The fine style of this book draws one to its pages again 
and again, e.g. “die dolle blafgelag van die hiëna,” or “die 
weemoedige hoesgeblaf” of the wild dogs give the reality 
of the sounds in a flash. In 1930 Kees was awarded the 
coveted Hertzog prize. 

Buks is the story of two orphaned honey-badgers living 
on the bushy banks of the Limpopo. Dramatically speak- 
ing, this book equals the first, but stylistically it falls 
short of Kees van die Kalahari, because of stereotype 
wording. 

Vlam van die Bantamberge is the story of Vlam and 
Vonk, two wild dogs. The milieu is the Bantamberg with 
its surrounding bare sand wastes, its deadly summer’s 
heat, its desert flora and migrant herds of animals trek- 
king about to find a livelihood. The beasts of prey prowl 

in the wake of antelopes who in turn smell far-off showers 
of rain and roam thence. The dog has to fight to win his 
bitch — she teaches her young to hunt in the wily manner 
of the wild dog. Long distances that have to be covered 
play havoc with their footpads, but they have an irrepres- 
sible tenacity, and one has great admiration for this cruel, 
yet brave mother, Vlam. The authors portray her as a 
mother, and she gains a seperate gestalte in the mind of 
the reader. 

In the same book, a second tale is about Grys and Grietjie, 
a pair of pole-cats, who are portrayed as separate person- 
alities. They also wage a fierce struggle for their very 
existence. 

Both these stories have been constructed from observa- 
tions made by G. C. Hobson during the campaign of 1914- 
1915 in the desert region of South West Africa. This book 
contains much details on a small canvas. 

In Aan Jannie, a Kalahari farmer writes to his son who 
is studying at Stellenbosch. These letters are based on the 
elder brother’s experiences as inspector of schools on the 
north-west frontier during 1914. 

In 1945 G. C. Hobson died, and in 1947 S. B. Hobson, 
on his own, published an account of their experiences, 
early youth and their writings. This biographical work 
enables one to understand this successful partnership in 

112 


Afrikaans letters. They acknowledge a debt to Multatuli 
the Dutch author, also Chomeley, the fastidious professor 
of Latin. Nothing in their work was born purely from the 
imagination — every tale was constructed on the basis of 
true experiences. 

And true and honest, straightfoiward these books are 
too, straight from the shoulder, yet full of the love of our 
South African nature, our “geographical accident” which 
can so enrich our lives and literature. 

Some Afrikaans critics have stated that the Hobsons’ 
animal stories contain a certain amount of similarity of 
approach and repetition of theme. Survival of the fittest 
is their major theme, which becomes an all-embracing 
theme, causing unavoidable uniformity, sometimes even 
monotony. But the authors look at nature with the eyes 
of true artists and have the ability to tie the small motives 
in the great drama of nature together into a centrifying 
theme; the survival of the fittest. By so doing they have 
given Afrikaans literature a psychological type of animal 
book, written in a realistic style. 

Without the works of G. C. and S. B. Hobson, Afrikaans 
literature would have been without at least a few of its 
prose classics. 

THE CONTRIBUTION IN POETRY 

Olga Kirsch (born 1924), has published two volumes of 
verse in Afrikaans. Born of a Jewish family, she grew up 
in a small Free State platteland town where she learnt 
Afrikaans from her playmates. In later adolescence when 
that which welled up in her soul strove for utterance, she 
found that the young, virile language of Afrikaans was a 
ready instrument. During her years as a student at the 
University of the Witwatersrand she read the poetry of 
the famous “Dertigers” — Uys Krige, Elisabeth Eybers, 
N. P. van Wyk-Louw, W. E. G. Louw and also that of 
her professor at Wits — prof. C. M. van den Heever. 
Olga Kirsch spoke Afrikaans idiomatically perfectly, and 
as the language of her inmost feelings she found it fell 
rcadily into the utterances found in Dïc Socklig (1944) 
and Murc von die Hort (1948). 

The first volume contains romantic, sad verses, exprcss- 
ing the heartache causcd by thc absence of her belovcd at 
the front. Restlessness and the vague longings of adole- 
scence are also to be found in these verses. The moods 


113 


of natiire often match those of the poetess and in a poem 
like Die Bloekomboom this is evident. In Twee Populiere 
we read: 

“Jou siel en myne 
was in die bome, 
wat teen mekaar geleun het, 
mekaar gesteun het, 
hul fluisterspraak 
skoon van ons drome.” 

This first volume also contains a few well-constructed 
and well-balanced sonnets, such as Number XXI: 

“Diep uit die donker aarde, swart van krag 
oneindig, styg die wonder van ’n boom, 
en groei in strewe tot die sonlig lag 
en flikker op sy blare, en die loom, 
lui middagwindjie in sy arms beswyk. 

As in die nag sy blye juiglied ruis, 
dan sing hy van die lewe vol en ryk 
wat kragtig in sy breë are bruis. 

Dit is dieselfde krag, dieselfde lewe 
wat in die bome skuil, wat soos ’n skim 
van die lewe in wit vlindervlerke bewe, 
en staar vanuit die diep, intense blou 
van die fyngevormde delfinium, 
die krag, my liefste, wat my bind aan jou.” 

To someone who loves trees as she does, they symbolise 
strength of heart and purpose; stalwart trees do not feel 
and fear, they proudly carry their heads in the light, 
“stygend fier tot lig daarbo.” 

The second volume, Mure van die Hart, does not contain 
as much lyric poetry as the first, but a sinister fear, almost 
a torment, seems to pervade these darker-mooded sonnets. 
A few war versés, love songs and Zionistic poems symbolise 
the history of the Jewish people, and place their long 
history of exile in a modern perspective, especially so in 
Die Wandelende Jood, 

“God het Sy volk veroordeel tot die vuur, 
masjiengeweer, gaskamers en die graf. 

Hy het hul saamgeskaar in kerk en skuur 
en met die witkalk en die vlam bestraf.” 


114 


Some of her finest poems in Afrikaans are Die Erfenis 
van Israel, Middernag and Die Blokhuis. 

The fact that a Jewess chose the Afrikaans language as 
her medium of expression, is in itself an important cultural 
contribution ; her volumes of poetry have been sympathe- 
tically and heartily accepted in Afrikaans literature, 

“Daar is net pyn 
in die ontwaking van die lente, 
pyn en dieper pyn, 

Pyn in die ontvouing van die fyn 
groen blare, 

en in die fei verrassing van rooi bloeisels.” 
Emotion and a vision of nature have been subtly woven 
into a complete network in these verses, just as these 
volumes of verse have become part of the Afrikaans literary 
tradition. 

Two other contributions of more recent date are by 
Peter Blum and R. K. Beleher. 

Blum is a Pole who was educated in English schools, but 
who later went to the University of Stellenbosch where he 
was completely captivated by the Afrikaans language and 
culture. 

Blum is a very difficult young man to understand, as his 
two volumes of Afrikaans verse show, Steenbok tot Poolsee 
(1955) and Enklaves van die Lig (1958). His poetry is 
intellectual rather than musical or pure rhythmical, 
“Soms in die winter as die reën sag stuif 
op grasperke, dig en diep soos ’n tapjrt — 
as hy die rotsige bergreeks wegstuif 
agter ’n misgordyn ...” 

These verses have many levels of consciousness, one has 
to negotiate the purely semantic meaning first of all, and 
try to find out what is intended by the various allusions 
found in some of the poems. This technique was first pro- 
pounded by T, S, Eliot in his well-known poem, The Waste 
Land. A continuation of the above-quoted natural impres- 
sion will illustrate this — 

“ . . , as voor die ruit 
popliere, eike en kastaiingbome 
saamvloei, en ons versink in blaargroen drome 
terwyl ons oor ’n ou beskawing lees — 
dan gryp die onwerklikheid ons met die loop 
van die waters wat kalmeer, en in die gees 
vou grys en sat die graafskap Surrey oop.” 

115 


A second and even a third image is often transposed over 
the first in this modern poetry of Blum’s. 

Blum is a strong poet and a unique artist in Afrikaans. 
His modernity makes him inaccessible, understandable to 
the few only, and his intense and concentrated language 
does not make for popular reading, yet critics have lauded 
his mighty grip on the power of expression of which 
Afrikaans is capable. 

In a few Kaapse Sonnette Blum writes humorously as 
well as satirically, 

‘^Die Miljenêr se Kombuis 
’n Pellie van my, wat da’ werk as kok, 
het my vandag laat inloer innie huis 
Vannie ou miljenêr, sy baas. Kombuis? 

Jy sou gesê het dis die Duncan-dok!” 

Stad op die Water is one of the strongest and most 
remarkable poems in Afrikaans — the present world- 
situation is seen against the background of the past, and 
all is linked with the unhappy land of the poet’s origin. 

One is struck again and again on reading these poems, 
by how deftly Blum uses the idiom of Afrikaans to word 
the most delicate impressions and thoughts in this sensitive 
artist’s min. A real language virtuoso is at work in the 
translations from Baudelaire, such as in Die Uile and 
Kadawer. Much can be expected from this young poet, who 
will probably be known in Afrikaans literature one day as 
a Joseph Conrad. 

R. K. Belcher, another young English-speaking student 
at the University of Stellenbosch, published his volume, 
Mens en Skepper in 1956. 

This volume of verse unfortunately, though interesting, 
is not as full of original thought as the work of Blum. 
Belcher has been rated an epigone of the “Dertigers” in 
lines such as, 

“Vanaand uit elke katedraal en huis 
klipkerkie, sinagoge en moskee.” 

(á lá Opperman) 

and, 

“Saans in die geel kring van ’n kers se lig 
die skugter woorde van ’n kort gedig 
hul weg vind na papier: klein stukkies God.” 

116 


This idiom, derived from the work of the other present- 
day Afrikaans poets, does not please because of its fine 
simplicity as in the case of Olga Kirsch, nor because of 
its virtuosity, as in the case of Blum. 

The main theme of this volume has bearing on the 
relationship between Man and his Creator, This is an old 
theme of the poets of the ’thirties and would have to be 
encased in wonderful language if it were to aim at bettering 
Van Wyk-Louw’s lyrics. 

Nevertheless, if one bears in mind that Afrikaans is 
Belcher’s second language, one must be fairly impressed 
by a lovely little lyric like — 

“Kassiem aan Mahal, 

O die nag lê swart 
oor die vlaktes gevou 
maar ek ry sonder omkyk 
met jou, met jou. 

Die maan is wit 
en my perd is swart 
en jy lê binne 
o binne-in my hart. 

Met jou in my drome 
soos wind in die bome 
ontdek ons die jaar 
van ryp koringaar,” 

although it does remind one of Van Wyk-Louw’s “ry- 
liedjies.” 

Belcher’s sonnets like Moses are often pleasing and well- 
wrought, though lacking the en-flamed wording so typical 
of the “Dertigers.” 

In conclusion one wonders why these originally English- 
speaking young poets chose to write Afrikaans poetry. 
The impetus given to Afrikaans literature by the “Der- 
tigers” has been enormous, and many young intellectuals 
today all over South Africa can quote and at lcast name 
many of the greatest works of Van Wyk-Louw and the 
other “Dertigers”. This poctry has grown out of our time 
and country very much like Afrikaans itself, and it means 
and interprets a great deal to modern thinkers in our 
country. No wonder young intellectuals find in the reading 


117 


of Afrikaans poetry a soul-satisfying spiritual experience, 
and the young artist perhaps finds that he can better 
narrate in Afrikaans the impact of the country and its 
people — or has the “geographical accident” the last say 
in this matter too? 


118 


ANDRÉ DEMEDTS: 


Sedert Augustus 1960 

Een Overzicht over de 
Nederl an ds-Vl aamse Letterkunde 

In juli en augustus, de verlofmaanden in West-Europa, ligt 
onze uitgeverij volledig stil. Zelfs de tijdschriften brengen 
gedurende die periode doorgaans maar één aflevering 
inplaats van twee. Naar het einde van september, begin 
van de herfst, herneemt dan de letterkundige bedrijvigheid, 
gewoonlijk met het toekennen van twee voorname prijzen: 
de Constantijn Huygensprijs in Nederland, waarmede dit 
jaar Anton Van Duinkerken (Prof. Dr. W. J. M. A. Assel- 
bergs van de universiteit van Nijmegen) voor zijn gezamen- 
lijk werk onderscheiden werd, en de grote staatsprijs in 
België, die aan Johan Daisne, voor zijn roman „De Neus- 
vleugel der Muze” te beurt viel. 

Een belangrijke gebeurtenis was de Vlaamse Boekenweek, 
die op initiatief van de Kultuurraad voor Vlaanderen te 
Brussel in het gloednieuwe Paleis der Dynastie van 12 tot 
20 november gehouden werd. De duizenden bezoekers hebben 
er ook de gelegenheid gekregen een aantrekkelijke tentoon- 
stelling van Afrikaanse boeken te bezichtigen, die door de 
zorgen van de ambassade van Zuid-Afrika in samenwerking 
met de Kultuurraad voor Vlaanderen ingericht was. Zulke 
prestaties zijn zeker gunstig om de aandacht op het 
Afrikaanse boek te vestigen en zijn verspreiding in ons 
land te bevorderen. Het is verheugend te mogen aanstippen 
dat althans één krant, „Het Nieuwsblad” van Brussel, af 
en toe een artikel aan de Afrikaanse letterkunde wijdt en 
in het jongerentijdschrift „Ons Erfdeel” geregeld Afri- 
kaanse medewerkers aan het woord komen. Zulks was in het 
laatste decembemummer het geval met Prof. Dr. A. Coetzee, 
die een huldebijdrage aan Stijn Streuvels afgestaan heeft. 

De oude meester van het Nederlandse proza heeft zijn 
vrienden verrast, door de uitgave van een nieuw werk, 
,,De Kroniek van de Familie Gezelle”, dat ter gelegenheid 
van zijn 89e verjaardag op 30 oktober 1960 op de markt 
gebracht werd. Het bevat de herinneringen van de schrijver 
aan Guido Gezelle, die zoals bekend een broeder van 
Streuvels’ moeder was, en aan de andere leden van haar 


119 


familie. Voor een betere kennis van de grote dichter en van 
Streuvels zelf, is het een onmisbaar boek. Typische bijzon- 
derheid: de schrijver heeft niet gewild dat de oplage meer 
dan 500 eksemplaren zou bedragen, een hoeveelheid, die 
reeds de eerste dag van het verschijnen van het werk 
uitverkocht was. 

De onvermoeibare Ernest Claes zette eveneens zijn 
mémoires voort met „Ik en de Witte”, waarin hij over het 
ontstaan van zijn rakkersverhaal „De Witte” vertelt en een 
humoristisch verslag uitbrengt over de verwikkelingen 
waartoe het aanleiding gaf. Ernest Claes is een heimat- 
schrijver. In datzelfde genre schonk Antoon Coolen een 
nieuwe roman, ,,Stad aan de Maas”, vol gebeurtenissen, 
soms lachwekkende, soms tragische, badend in een 
atmosfeer van meesterlijke kleurschildering, die noch 
gemoedelijkheid noch innig medeleven met de mensen en 
hun lotgevallen uitsluit. In het bezit van een benijdens- 
waardige stielkennis heeft Coolen sedert zijn zestigste jaar 
het hoogtepunt van zijn loopbaan als kunstenaar bereikt. 
Tussen de geestelijke inhoud van zijn werk en dat van de 
kalvinistische auteurs Jan Mens en Anne De Vries bestaat 
alleen het verschil van ieders persoonlijke beleving. Mens 
heeft indertijd naam gemaakt met een romanreeks over een 
ontroerende volksvrouw, die door haar moed en gezond 
doorzicht voor haar omgeving een lichtend voorbeeld werd. 
In ,,Marleen”, zijn jongste verhaal, heeft hij het over een 
eigengereid maar dapper meisje, dat zich moeilijk bij het 
leven kan aanpassen, maar daar tenslotte toch in slaagt. 
In het boek van Anne De Vries, aan wie wij het onvergete- 
lijke ,,Bartje” danken, treft ons de milde schoonheid van 
een natuurlandschap, bevolkt door mensen, die de zin en de 
waarde van het leven, erkennen. Het zijn goede, diepe 
mensen, getekend door de wijdheid van bos en land, de 
eeuwige aanwezigheden, die hun een onverstoorbare zeker- 
heid geschonken hebben. In Vlaanderen heeft de 55 jarige 
Ferdinand Vercnocke, dichter van strijdpoëzie en Ger- 
maanse heldenballaden, een eerste roman gepubliceerd. Hij 
heet ,,Kapitein Kruyt” en behandelt een historisch onder- 
werp, ontleend aan de Nederlandse opstand tegen Spanje, 
waardoor de geschiedenis van onze 16e eeuw beheerst wordt. 
Een opstand die tragisch eindigde, doordat de uitslag was 
dat de Nederlanden verdeeld werden en sedertdien, op een 
korte hereniging tussen 1814 en 1830 na, gescheiden geble- 
ven zijn. Kapitein Kruyt is een Oostendse jongen van de 

120 


waterkant, die zich in het Geuzenleger bijzonder verdienste- 
lijk maakt en daardoor in rang en waardigheid opklimt. 
Niettemin heeft hij in zijn levensavond het aanvoelen, dat 
hij voor een verloren zaak gestreden heeft. Maar dan troost 
hij zich met de bedenking dat het niet op het resultaat 
aankomt, doch wel op de eerlijke overgave, de dapperheid 
en volharding, waarmede hij zich van zijn plicht heeft 
gekweten. 

Dat heroïsche romantisme, teruggevoerd naar het indivi- 
dueel menselijke vlak, spreekt ons bijzonder aangrijpend uit 
,,Omtrent de Grens” van Adriaan Roland Holst, de grootste 
onder de levende Nederlandse dichters, aan. Die wil tot 
heldhaftigheid gaat bij hem verenigd met een vertederende 
aandacht voor het mysterie, dat iedere mens bekommert, 
die beneden de oppervlakte der uiterlijkheden naar een 
dieper grond wil peilen. Roland Holst bezint zich op de dood, 
zonder angst, geleid door zijn herinnering aan een vrouw, 
die hem voorgegaan is en nu aan de andere zijde der grens 
op hem wacht: 

Even Sneeuw 

,,De wind viel stil; al dichter vlokken 
daalden doodzacht naar het smal pad. 

Het werd als kwam zij straks weer kloppen 
om een aandenken, dat zij hier vergat — 
maar in de dood niet kon vergeten 
omdat zij het niet missen kon. 

Het sneeuwde tot het niet meer sneeuwde 
en het weer werd of ik haar missen kon.” 

Romantisch, maar dan met een bijzondere ingesteldheid 
op het raadselachtige en esotcrische, is eveneens ,,De Komst 
van Joachim Stiller”, een roman van de Vlaming Hubert 
Lampo. De sensualistische stijl van zijn werk harmonieert 
op een voortreffelijke wijze met de inhoud, waarin de werke- 
lijkheid van iedere dag, terzelfder tijd met de voorstellingen 
van een vruchtbare verbeelding beschreven worden. In zijn 
jongste boek gaat het om een man, die op een geheim- 
zinnige manier boodschappen ontvangt van iemand die 
reeds lang moest overleden zijn, maar nu teruggekomen 
schijnt om Lampo’s held voor een groot gevaar te waar- 
schuwen. Dankzij die tusscnkomst geschicdt hem geen leed, 
maar een ontmoeting met de onbekende beschermgeest, 
waar hij zich alles van voorstelde, loopt op het laatste 
ogenblik verkeerd, doordat de boodschapper bij een ver- 

121 


keersongeval gedood wordt, ’s Anderen daags is zelfs zijn 
lijk uit het dodenhuisje verdwenen. 

De psycho-analytische roman, waarin steeds sterkere 
eksistentialistische strekkingen tot uiting komen, blijft 
vooral onder de jongeren talrijke beoefenaars tellen. Een 
oudere voorganger is Simon Vestdijk, die zijn onverdroten 
werkzaamheid voortzettend, ook dit jaar voor een nieuw 
verhaal, „Een moderne Antonius”, heeft gezorgd. Het is 
een, in zijn moeilijke cerebrale stijl gestelde en door zijn 
rationalistische levensbeschouwing bezielde, nieuwe bewer- 
king van de eeuwenoude legende. Na het overlijden van 
Anna Blaman, dat haar zoals wij reeds in onze vorige 
kroniek vermeld hebben op 13 juli 1960 overkomen is, ver- 
scheen nog „De Verliezers” van haar hand. Het is een 
somber en toch geen ontredderend boek, omdat er zoveel 
gelatenheid en ondanks alles ook liefde voor de mens uit 
spreekt. In haar vroeger werk had Anna Blaman reeds 
uitgemaakt dat de seksualiteit de eenzaamheid van de 
bewuste mens niet kan opheffen. Nog later was zij zelfs tot 
de vaststelling gekomen, dat de mensen niet in staat zijn 
tot die aandacht voor elkander, die tot een bevrijding uit 
hun eenzaamheid zou leiden. Nu wil zij aantonen dat, al 
wil men ook het beste en tracht men voor anderen goed te 
zijn, zulks toch om niets is, aangezien men in zijn strevingen 
onvermijdelijk verkeerd begrepen en in zijn alleenzijn 
teruggedrongen wordt. Zij heeft die gedachten gekonkreti- 
seerd door het leven van Driekje, een verpleegster, op de 
voet te volgen. Deze vrouw, die mooi noch begaafd is, bezit 
een ingeboren drang naar „de anderen”, die zij helpt, raad 
geeft en de weg naar de vervulling van hun verlangens 
toont. Maar zij blijft tenslotte, door allen voor hún geluk 
gebruikt en misbruikt, overbodig en voor niemand onmis- 
baar achter, 

Wel anders van toonaard is de bundel „Een ellendige 
Nietsnut en andere Verhalen” van Remco Campert. Wat er 
aan wrevel en bitterheid in hem ligt verbergt hij achter een 
schampere onverschilligheid. Hij ziet de mensen niet groot, 
zelfs tot grootheid onbekwaam, maar een enkele maal, zoals 
in ,,Er waren eens . . .”, een jeugdherinnering, die waar- 
schijnlijk een sterk autobiografische inhoud heeft, verraadt 
zich dan toch een milder gevoel voor die mens, wie men geen 
eisen mag stellen, die zijn krachten te boven gaan. 

Die zin voor betrekkelijkheden ontbreekt helemaal in het 
werk van twee jongeren. De eerste, Ilans Baaij, is een 

122 


Hollander. Zijn debuut, „Huilen zonder Tranen”, wijst op 
het sterk talent van iemand die iets te zeggen heeft, al is 
dat iets nog niet met de handigheid van een doorwinterde 
auteur tot volle recht gekomen. In zijn boek verhaalt hij 
hoe een jonge man tot de ontdekking komt dat hij niets 
aan zijn ouders heeft. Dat zijn ouders hem niet waard zijn 
en hij daardoor zo ongeschikt voor aanpassing by het leven 
is, dat hij het meisje, waarvan hij voor zijn geluk alles 
verhoopt, niet behouden kan. In „Huilen zonder Tranen” 
ligt de aanklacht van de jeugd jegens de oudere generatie, 
die haar zonder idealen en zekerheden het leven in gezonden 
heeft. 

De tweede jongere over wie wij het wilden hebben is de 
Vlaming Jos Vandeloo, schrijver van „Het Gevaar”. Drie 
atoomgeleerden zijn, door stralingen bezeerd, in een hospi- 
taal opgenomen. De dokters weten dat hun toestand redde- 
loos is. Maar de zieken koesteren nog hoop. Slechts wanneer 
één onder hen sterft, vluchten de anderen weg voor ,,het 
gevaar”. Niet lang daarna zijn ook zij bezweken. Achter 
het relaas van die gebeurtenissen staat een filosofische 
gedachte: het geloof aan het ,,sein zum Tode” van Heideg- 
ger, met de daaruit voortvloeiende angst voor de zinloosheid 
van een bestaan, waarin de mens een verantwoordelijkheid 
draagt die zonder verantwoording is. Begaafde jongeren, 
jongeren althans in deze betekenis dat ze nog niet lang 
beginnen uitgeven zijn, vinden wij Georges Hebbelinck, die 
met ,,De Journalist” zijn opmerkelijke begaafdheid tot ont- 
leding van de menselijke ziel bewezen heeft, en Jacques 
Bergeyck, die het vorig jaar met een paar novellen naam 
gemaakt en nu met zijn sterke koloniale roman „De levende 
Doden” die naam bevestigd heeft. 

Op het gebied der poëzie valt minder te vermelden. 
Behalve de nieuwe bundel van Adriaan Roland Holst, waar- 
over wij reeds gesproken hebben, zijn het vooral uitgaven 
van jongeren die belangstelling verdienen. Zo ,,Een Lichaam 
van Aarde en Licht” van J. W. Schulte Nordholt en 
,,Beschavingen wij rapen U als Schelpen” door Reninca. 
De verzen van deze dichters zijn veeleer traditioneel dan 
eksperimenteel en doordrongen van een positieve wereld- 
beschouwing, waarvan het geloof aan God de kern uitmaakt. 
Zelfs bij de allerjongsten valt er een strekking naar meer 
ideële en vormelijke gebondenheid waar te nemen. Zulks 
is even waar voor de Vlaming Paul Snoek met ,,Hercules”, 

123 


Letterkunde9 


als voor de Nederlanders Catharina Van der Linden, die 
„Het Pijnboomzaad” schreef of Cees Nooteboom, van wie 
,,Het zwarte Gedicht” werd uitgegeven. 

De herleving van de dramatische kunst houdt aan, wat 
des te verrassender mag heten, daar de televisie of beeld- 
omroep een steeds uitgebreider publiek naar zich toehaalt. 
Allerwegen worden nieuwe Nederlandse stukken opgevoerd 
en sommige, zoals ,,Een Bruid in de Morgen” van Hugo 
Claus en „Voorlopig Vonnis” van Albert Van Hoeck, worden 
zelfs in het buitenland gespeeld. Veel van die stukken zijn 
echter niet in de boekhandel verkrijgbaar, wat erop wijst 
dat het schouwburgpubliek niet leest wat het gezien heeft. 
Toch stippen wij de verschijning aan van „Slakken en 
Naalden”, een drama van Piet Sterckx, waarmede hij, toen 
nog in handschrift, in 1959 de driejaarlijkse Belgische 
staatsprijs voor toneelletterkunde gewonnen heeft. 

Twee werken van beschouwende aard hebben wij tot het 
slot van ons overzicht overgehouden. Het ene is „E. Du 
Perron” van Ada Deprez, een uitvoerige en degelijke 
monografie over de beroemde nonkonformistische dichter 
en prozaïst (1899-1940), en het andere „Wandelen al 
Peinzend”, een lijvige bundel essay’s van Albert Wester- 
linck, de hoofdredakteur van „Dietsche Warande en 
Belfort”, die bij zijn echte naam Prof. Dr. J. Aerts heet. 
In laatstgenoemd werk komen over Walschap en Van 
Ostaijen, de moderne katolieke roman en de doeleinden van 
de Vlaamse Beweging opstellen van eerste gehalte voor, 
In zijn geheel overschouwd, is de laatste helft van 1960 
niet ongunstig geweest. 


124 


J. P. MALAN [f 1960]: 


Die Legende-wonder 

Hy speel allenig voor die deur 
waar Sy Maria-moeder woon. 

Al om Hom staan die voëlíjies klaar 
van klei gemaak deur Hom, so skoon. 


Toe kom sy vriendjie Judas daar. 
Sy oë flikker en hy sit. 

Hy sal sy maat hier wys dat hy 
nog mooier voëls kan maak as dit. 


Maar ag, sy hande was te dom; 
die beelde van sy klei lyk naar. 
Naywer klim hoog in hom op. 
Hy maak ’n wilde handgehaar. 


Klein Jesus hou maar aan met werk, 
die diertjies om Hom word al meer 
en almal ewe kunstig mooi. 

Dit maak die hart van Judas seer. 


Toe spring hy woes op en hy skop 
’n paar van hulle uitmekaar. 

„Vlieg op, my voëltjies, vlieg en vlug.” 
roep Jesus, „of jul's alrnal klaar!” 


Meteens wip almal op en vlug 
die wye lugruim vinnig in. 

„En nou?” roep Judas stom-verbaas, 
vernederd omdat Jesus win. 


„Jy mag nie doodmaak wat Ek min,” 
sê Jesus kalm en Hy heel 
die platgeskoptes met Sy Hand 
voordat Hy ophou om te speel. 


Vol haat stap Judas weg van Hom, 
die voëls kwetter oor sy kop. 

„Jy sal nie altoos my oorwin, 
hoor, Jesus, hoor! Ek hou Jou dop.” 

125 


Liefde 


Dit was ’n dag so skoon en stil, 
die sonligstrale skitterend 
en bo die hemel helder hlou 
waarheen sy o'é glinsterend 
van stille, kille hartstog brand. 

„Leef God daar bo die hloute uit, 
ver bo die vuurbrand van die son? 
Laat Hom dan opstaan tot die buit, 
hier aan my openbaar die bron 
van roemkrag uit Sy stoere Hand 
en my hier voor Sy Oog verdelg. 

Ek daag Jou uit. Wys my Jou Hand!” 

Sag waai die windjie oor die telg 
van ongeloof hier in die veld 
en voor hom fladder oor die gras 
’n klein papiertjie na die held 
en lê hier teen sy voete vas. 

Hy buk en raap dit van die grond. 

Sy hande keer dit om, hy lees: 

„0 God van liefde!” sien hy daar. 

Die woorde roer sy hart en gees. 

Toe word dit alles vir hom klaar. 
Eerbiedig kniel hy biddend neer. 
„Vergeef my ongeloof, o Heer.” 


126 


VINCENT VAN DER WESTHUIZEN: 


Kersnag 

Jou lippe het die angs uit my gerem 
en in die nanag het ons lê en praat 
oor — met ’n donker eerbied in die stem — 
ons ongehore tweeling, Goed en Kwaad. 

Ek, het die swart gordyne weggeskuif 
en met ’n sprankie van die oer-ekstase 
gemerk hoe was jou maanvergulde lyf 
’n bleek woestyn, met duinland en oase. 

Die skadu van die lommer langs die straat 
was soos ’n spooksel teen die riffelglas. 

En liefde was taboe — hoe kon ons praat 
oor iets wat groter as ons woorde was? 
fioe kon ons praat oor wat mag wees, of nie 
en of ons daad ’n einde of hegin 
sou wees, kon ons verklaar deur wie 
die draaihoek uitgetimmer was, waarin 
ons naak en goedkoop, en ’n bietjie skaam 
in ’n verdoemde paradys mos speel, 
of weet in wie se opdrag, wie se naam 
ons weer oor heinings klim en vrugte steel? 
Waarom het jy my skouer nat gehuil 
soos een wat snik oor sege of herou, 
en met jou voorkop teen my nek geskuil 
en eers jou vingers oor my mond gehou? 

Alles sou móre weer die.selfde wees — 
groen heinings . . . en die home sou weer vlam. 
Ons sou weer glimlag oor die nanagvrees 
as vaalwit wolke teen die rante lam . . . 

Toe, iewers, is die blink stem van ’n klok 
alomgeswaai. 

Jy het my aan die hand 
orentgetrek, en iets geprewel van 
die Vlatn wat hinne alle dingc hrand. 

llliisie 

Vanoggend met die rooi kreet van die haan 
het ek ’n meisie deur die tuin sien gaan. 

Sy’t nakend oor dic .silwer kweek geloop 
en so haar voete in die dou gcdoop. 

Sy het getalm hy 'n rooi granaat 
en met ’n siuimerende roos gepraat. 

127 


Sy het ’n tros rooi bessies afgepluk 
en biddend teen haar borste fyn gedruk. 

En bloedig was die letsel teen haar hart 
toe sy die oggend met haar heupe tart. 

Toe sien ek in die palm van haar hand 
die vlam wat binne alle dinge brand. 

O blonde priesteressie van die hel! 

O tere wreedheid van jou offerspel, 
jy, skag waardeur ek elke nag moes stort, 
uit wie ek elke dag gebore word, 

’n buik van skuilte en ’n dal van vrees, 

’n soet geweld van vlees wat veg met vlees. 
Die wilde nagte met die deur op slot 
waar ons mekaar kon vind op soek na God! 
Die snikgebede teen ’n blinde muur, 
die bitter stank van uitgevlamde vuur! 

Jy’s weg! Jy’s dood, jou towerspel gebreek! 
Wat soek jou naakte spooksel op my kweek? 

Ek het die teken van die Kruis gemaak, 
en met die wit son het sy weggeraak . . . 


128 


D. F. Malherbe aan A. P. Grové 


Geagte Redaksie, 

lemand het my aandag gevestig op ’n artikel van dr. 
A. P. Grové in Standpunte (April 1959), waarin hy heftig 
optree teen aanmerkings van my in ’n artikel Vryheid vir 
die Kuns in Tydskrif vir Letterkunde (Maart 1957). Laat 
my toe om langs hierdie weg toeligtend kortliks van ant- 
woord te dien. 

Vooraf eers die geregverdigde mening dat daar ontoe- 
laatbaarhede of aanstootlikhede is, wat nou eenmaal nie 
deug vir die kuns nie. Binne grense kan die lelike wel 
aangewend word wanneer voldoende gebalanseer deur die 
teenoorgestelde. 

Kritikus se uitvaardery teen my berus egter op die mis- 
vatting wat my in ’n literêre diskussie vereenselwig met dié 
wat buite-estetiese oorweginge gebruik soos godsdiens, 
politiek ens. en daarvolgens die waarde van ’n kunswerk 
bepaal. Alleen, die christelike werklikheidsbeskouing en 
daarom ook kunsbeskouing sien in elke entiteit die integre- 
ring van alle werklikheidsaspekte in gewysigde gestalte 
onder leiding van die betrokke hoofnorm, wat wys op die 
onverbreeklike sinsamehang in die tydelike bedeling. Dit 
moet onthou word met die oog op wat kom. 

Die gewraakte woorde in die mond van die nagwag-figuur 
in Opperman se Nagwag-gedig is: 

In miljoene liggies woel die mens, 

oorgelaat op aarde aan sy lot . . . (my kui’sivering) . 

As ek sê dat dit geloofondermynend is, dan was my doel 
alleen die feitlikheid van die uitspraak. Daarom het ek nie 
ingegaan op die waarheid-moment van die gedig nie. Laas- 
genoemde aspek (afgesien van al die ander) is onmisbaar 
ingeweef in die struktuur van elke estetiese geheel of 
kunswerk. Toetsing hiervan moet uitmaak in hoeverre die 
verbeeldingsprojeksie van die outeur in die nagwag se 
uitsprake noodwendig is. En dit lyk my, elke vertolking sal 
allerlei vrae laat opkom. Hier verskyn in die derde laaste 
strofe subiet ’n wysgerig-antropologiese beskouing, wat by 
Sartre o.a. sou lui: nous ne sommes qu’ en nous-mêmes. 
Waar ek egter net gelet het op die feitlikheid, kon ek dit 
doen, want die geloof-moment tree hier in sy originêre 

129 


karakter op as geloof-wete en belydenis van die nagwag en 
dus as inhoud, ongeïntegreer. 

Nou is dit eienaardig dat, terwyl ’n outeur dit sou vermy 
om sy karakter normaliter ’n Anglisisme te laat besig, uit 
eerbiediging van die taalnorm, hier nou die christelike 
geloofnorm aangetas word en dat boonop nog die aantasting 
in beskerming geneem word. Die liberalisme van die wêreld 
weet hoe om sy mag op elke terrein te laat geld. 

Wanneer ek nou my eie versreëls ter kontrastering as 
meedeling van die Gees van die Lig aan die Gees van die 
barbaar daarnaas stel, nl. : 

,,.... dat die mens gewaar in sy swakheid, 
hy is nimmer en nimmer alleen,” 
ewe-eens tog nog geloofsubstansie in originêre gestalte 
inplaas van analogies verweef, en dan laat uitkom dat dit 
die regte houding van die Groot Gees is, dan voel kritikus 
hom geroepe om spotterig te beduie dat ek so goed kennis 
dra van God. Miskien moet ek vir hom beduie dat my wys- 
heid niks is nie, maar dat dié kennis, as hy dit al vergeet 
het, te vind is in die Openbaringswoord van God. 

Wanneer in Nagwag die naam God etlike male figureer, 
dan sê dit vir my niks, omdat dié naam in wisselende 
konnotasie in die werk van die outeur voorkom. 

Bloemfontein, 24-10-1960. 

[Hierdie antwoord was te laat vir plasing in ons vorige 
aflewering. — Red.] 


130 


ABRAHAM FOUCHÉ: 


Oorwinning 


Strandwolf en die dood 
het dit uitgeveg: 

„Die dood is oorwonne!” 
So roep oorluid 
die kiesel^ruis ho 
die hranders uit . . . 

„Al het die dood die romp 
van die strandwolf weg, 
onoorwonne lê sy kakeheen 
nog in die sand 
en weerlig in woede 
’n wortelvas tand!” 



Droom 


Hk drooni die lewe is ’n groot 
vierkant meetkundig ingedeel 
in hlokkies van verhleikte geel; 

’n swart rand rondom was die dood. 

My hlok was deur die see gevul 
en met ’n seekat in die hoek 
wat my met wolke ink hedoek 
terwyl klam voelers om rny krul: 

Al vretend het hy iny versmoor . . . 
Ja, altnal sterf: dít is die wet! 

Maar lewend het die rnonster rnet 
sy snawel in my hart gehoor! 

I 

Nou, wakker, sien ek, vreesversteen, 
ho uit tny hemel, soos ’n wal 
vol losgerolde klippe, val 
gehluste sterre één vir één! 


131 


P. C. COETZEE: 


Aan die Wieg van die Afrikanervolk 

Gedagtes na aanleiding van S. E. Smit se CHASMA 
1. Ons en Wes-Europa 

Dit mag ’n bietjie oorbodig lyk om vandag nog te kom 
met ’n pleidooi dat die Afrikaner oor sy verhouding tot die 
Wes-Europese kultuur groter helderheid moet kry. Een van 
die gronde wat ons aanvoer ter verdediging van ons apart- 
heidsbeleid is dan juis dat ons daardeur die Wes-Europese 
beskawing in Suid-Afrika wil bestendig en daar bestaan 
hoegenaamd geen twyfel dat ons in die stryd tussen die 
Weste en die Ooste waarvan die stryd teen die kommunisme 
een faset is, onverbiddelik die kant van die Weste gekies 
het. Nogtans kom mens af en toe uitings in die pers teen 
waaruit afgelei kan word dat daar baie Afrikaners is — en 
ontwikkelde Afrikaners — wie se gesindheid teenoor die 
Westerse wêreld gerus nader oorpeins kan word. 

Wat dit vir ons moeilik maak om vir ons oor ons ver- 
houding en ons gesindheid rekenskap te gee, is dat die 
intellektueles van Europa en van Europese Amerika vandag 
met ’n sekere mate van agterdog terugkyk op hulle eie 
verlede en gretig is om vir hulself ’n alles behalwe vleiende 
beeld op te stel van die rol wat die blanke in die wêreld- 
geskiedenis gespeel het. Daarby verloor hulle graag uit die 
oog dat die Christendom in sy wese ’n Wes-Europese religie 
geword het en deur Wes-Europeërs oor die wêreld uitgedra 
is, dat die wetenskap en tegniek hulle oorsprong by die 
Wes-Europeër gehad het en deur Wes-Europa aan die 
wêreld geskenk is om die lewe van miljoene aangenamer 
en gesonder te maak. Hulle vergeet dat dit in Wes-Europa 
is waar ideale van goeie regering nie net uitgedink is nie, 
maar humane regeringsmetodes in die praktyk ontwikkel 
het. Laat ons toegee dat ons voorouers dikwels deur inhalig- 
heid eerder as deur idealisme, deur heerssug eerder as deim 
menslikheid gemotiveer was. Hulle was per slot van sake 
mense met al die tekortkomings van mense. Tog was die 
weldade wat hulle die ander rasse van die wêreld bewys 
het, oneindig groter as die skade wat hulle aangerig het. 

Die stemming van kultuurversaking en selfverloëning 
van die Weste moes ons noodsaaklik ook aantas en een 
reaksie daarop is om ons eties van die Europese verlede te 


132 


probeer distansieer deur soos S. E. Smit in Tydskrif, 
November 1960, voor te gee dat ons eerste voorouers vir 
ons vry gemaak het van die lewensvorms van Europa. Ons 
ontken daardeur dat daar ’n lotsgemeenskap tussen ons 
en Wes-Europa bestaan. Professor Johannes Bruwer gaan 
in ’n artikel in Die Huisgenoot selfs heelwat verder. Vir 
hom is Europa reeds vir die afgelope twee duisend jaar die 
vyand van Afrika en dus ook die vyand van die Afrikaner 
wat ’n „blanke inboorling” van Afrika is. Veral gedurende 
die afgelope twee honderd jaar het ons saam met ons swart 
mede-inboorlinge ,,onder die harde juk van die veroweraar 
uit Europa moes kreun.” 

Dit is óns, so gaan professor Bruwer voort, wat heel 
eerste die stryd teen die veroweraar aangeknoop het en 
dis óns wat ons die eerste vrygeveg het „van die dwinge- 
landy van ’n bitter kolonialisme.” Nadat Italië die koninkryk 
Abbesinië verower het, het daar in 1939 net twee onafhank- 
like Afrika-state oorgebly: Liberië wat gedeeltelik deur 
vrygemaakte slawe uit Amerika bevolk is, en Suid-Afrika 
wat hom langs politieke weg losgemaak het uit die voogdy 
van Groot Brittanje. „Op die vooraand van die tweede 
wêreldstryd is Liberië en Suid-Afrika, vrygeworde slawe en 
wit inboorlinge die enigste onafhanklikes op die vasteland.” 
Die vryheidstryd het egter uitgebrei en oral op die konti- 
nent van Afrika word daar tans nuwe vrye state gestig. 
Nou betreur professor Bruwer die feit dat ons as „wit 
inboorlinge” vyandig bejeën word deur die vrygeworde 
swart inboorlinge wat ons vanweë ons kleur assosieer met 
die blanke instrumente van kolonialisme. Die onvriendelike 
houding van Nkrumah en ander sou dus eintlik net op ’n 
misverstand gebaseer wees! 

S. E. Smit se Chasma: Gedagtes oor niks hy Geloftedag 
kan heel goed dien as ’n inleiding tot die „wit inboorling”- 
teorie. Sprekende van die eerste Vryburgers sê hy; „Dit 
was hierdie klompie mense se voorbestemde lot om vry te 
wees in Afrika, vry van die bande van ’n wankelende same- 
lewing wat nog geknel was deur die waardelooswording 
van ou, middeleeuse lewensvorms, vry om van nuuts af te 
begin bou aan ’n samelewing waarvan húlle die waardes 
sou vasstel en uitleef in ’n nuwe land, onbelemmer deur die 
laste van eeue wat soos dooie gewigte gelê het op die 
gees van mense.” Dan volg ’n baie mooi stukkie prosa 
waarin uitgediende kultuurnorme vergelyk word by ’n 


133 


uitmergelende siekte, ’n donker kluis en lompe. 

Dit mag wees dat dit ’n mate van politieke voordeel vir 
’n Suid-Afrikaanse staat onder blanke beheer kon mee- 
bring as ons vir ons en die leiers van die nuwe swart moond- 
hede in Afrika kon oortuig van die waarheid van hierdie 
geskiedopvatting. Dit mag wees — maar dis baie onwaar- 
skynlik. Teenoor ons self en teenoor die wêreld sou dit 
egter eerliker wees om die waarheid onder oë te sien, 
naamlik : dat die ontstaan van ’n blanke volk en die stigting 
van ’n blanke staat in Suid-Afrika deel was van dieselfde 
ekspansiedrang wat die Amerikaanse kontinente en Aus- 
tralië bevolk het en Afrika onder die Europese moondhede 
opgedeel het, dat ons staatsontwikkeling ’n beslis Wes- 
Europese patroon gevolg het, dat ons Afrikaanse kultuur 
in baie opsigte ’n konsekwenter voortsetting was juis van 
daardie middeleeuse lewensvorms waarteen mnr. Smit 
beswaar maak, as wat die kultuur van ons moederlande 
self was. 

2. Die Weeskind onder die koloniaalvolke 

Die vervreemding van Europa het by die Afrikaner 
ontstaan minder omdat hy in ’n nuwe omgewing nuwe 
kultuurnorme gestel het en nuwe lewenspatrone ontwikkel 
het nie, as juis om die teenoorgestelde rede. Dit is Wes- 
Europa wat in die sewentiende eeu finaal die tradisionele 
denkwyses en lewensvorme afgewerp het. Mens hoef net ’n 
paar datums rondom die middel van die eeu te noem en 
na te dink oor hulle betekenis om dit in te sien. In 1650 is 
Descartes oorlede en hoewel nog omstrede was sy wys- 
begeerte reeds besig om die ouer wysbegeerte te verdring. 
In 1651 word die Navigasiewette van Engeland gepasseer 
en in dieselfde jaar verskyn Hobbes se Leviathan, albei 
simptome van die toenemende houvas van die absolute 
staat oor die denke en die lewe van mense. In 1642 is 
Newton gebore en hy sou die vinnig ontwikkelende natuur- 
wetenskap voor die einde van die eeu in ’n meesterwerk 
saamvat en status gee. Ondersteun deur die staat vind ’n 
toenemende rasionalisasie in die bedryfslewe plaas en word 
die weg voorberei vir die industriële revolusie. Terwyl 
Wes-Europa vinnig in die rigting van ’n stedelike industriële 
beskawing beweeg, ontstaan daar aan die Kaap ’n suiwer 
agrariese samelewing waardeur juis die elemente uit die 
Middeleeue wat in Europa gedoem was om te verdwyn, hier 
bestendig word. Met ’n klein bietjie oordrywing kan ons 

134 


sê dat die Afrikaanse kultuur in die eerste twee eeue van 
sy bestaan ’n Protestantse feudalisme was. 

Dat so iets moontlik was, moet uitsluitlik toegeskryf 
word aan die feit dat dit nooit in die bedoeling van die 
Nederlandse State Generaal of van die V.O.C. se Here 
Sewentien gelê het om aan die Kaap ’n kolonie te stig nie. 
Dit lyk inteendeel asof hulle so iets juis graag sou wou 
verhoed het. A1 wat hulle beoog het, was om ergens op 
die lang pad na Oos-Indië ’n herberg of taveerne op te rig 
waar die bemannings van die skepe ’n tydjie kon rus en 
vars voedselvoorrade kon verkry. Hulle het vir hierdie doel 
eerder tuiniers, veehandelaars en veewagters nodig gehad 
as boere en die vryburgers is toegelaat om op hulle eie 
risiko te boer omdat dit vir die V.O.C. voordeliger was. 

Uit hierdie houding van die owerheid moet die langsame 
groei van die Kaapse nedersetting verklaar word. In Noord- 
Amerika het kolonisasie slegs ’n dertig jaar vroeër as in 
die Kaap begin en tog vind ons reeds vroeg in die Agtiende 
eeu langs die Ooskus van Noord-Amerika ’n samelewing 
met ’n lewendige ekonomiese verkeer, dorpies versprei oor 
die hele gebied elkeen met een of meer kerke, ’n redelik 
toereikende onderwysstelsel, universiteite, biblioteke en ’n 
taamlik wakkere intellektuele lewe. Die immigrante wat 
vir hierdie ontwikkeling verantwoordelik was, was hoof- 
saaklik van dieselfde ras as die immigrante wat na die 
Kaap toe gekom het. Die geografiese omstandighede aan 
die Kaap was sekerlik nie minder gunstig as dié in Amerika 
nie. Waaraan moet dit dan toegeskryf word dat alles by 
ons so anders en soveel stadiger verloop het? 

Die vernaamste rede moet wees dat daar in Amerika ’n 
doelbewuste volksplanting plaasgevind het. Die hele patroon 
van die lewe van die sewentiende eeuse Europa en die 
dinamiek van die vrocgkapitalistiese ekonomie is na die 
nuwe land oorgebring. Die gevolg was ’n kultuurgemeen- 
skap wat al die trekke van Wes-Europa van die tyd besit 
het en kon tred hou met wat in Europa aan intellektuele 
en ekonomiese ontwikkeling plaasgevind het. 

Aan die Kaap het dit hoofsaaklik gegaan oor die admini- 
strasie en die behoud van ’n strategiese pos. By die Neder- 
landers skyn daar nooit die gevoel te ontstaan het dat hier 
’n stukkie van Nederland oorsee ontstaan het nie. Die 
Afrikaanse volk het hier in verwaarlosing ontstaan soos 
’n onwelkome kind, ’n kind waaroor die ouer net in een 
opsig bekommerd was, naamlik dat hy nie lastig moet 

135 


word of koste moet meebring nie. Die Afrikaners het sover 
dit die moederland aangaan, blote „wit inboorlinge” geword 
uit wie daar maar betreklik min wins gehaal kon word. 
En toe dit politiek raadsaam geword het om die Kaap aan 
’n ander moondheid af te staan, is daar blykbaar weinig 
aandag gegee aan die feit dat daar inwoners was wat nog 
altyd van Nederland as ,,die Vaderland” gepraat het en 
aan hulself gedink het as ,,Hollands”. 

Of Nederland die Kaap verkoop het of toegelaat het dat 
dit hom ontfutsel word, is eintlik van minder belang as 
dat dit aan die Kaap die indruk moes gegee het dat die 
Afrikaanse „wit inboorlinge” vir hulle moederland nie 
getel het nie. Psigiaters vertel ons dat die openbaring van 
’n onverskillige gesindheid by ouers op die gemoed van 
baie jong kinders ’n trauma nalaat wat ’n belangrike rol 
by die ontwikkeling van die persoonlikheid speel. Is dit 
moontlik dat dieselfde waar kan wees van volke en dat ons 
afsydigheid teenoor die moderne Europa aan so ’n trauma 
toegeskr^^ moet word? Tog is dit pateties om te sien hoe 
hierdie jong volk nog steeds geglo het aan sy ,,Hollandse” 
aard en hoe dikwels daar later nog met kinderlike vertroue 
toenadering tot Nederland gesoek is. 

Die bitterheid waarmee ’n vorige generasie van Afri- 
kaanse geskiedskrywers die verhaal van die eeulange stryd 
tussen Boer en Brit beskryf , is verstaanbaar. Trouens daar 
sou iets met hulle hart geskort het as hulle nie bitter 
gewees het nie. As ’n jonger generasie Afrikaners minder 
bitter is, dan is dit omdat hulle die vermydelikheid insien 
van ’n konflik tussen ’n groep mense wat aanspraak maak 
dat hulle ’n volk met reg op selfstandigheid is, en ’n 
administrasie van ’n militêr en ekonomies strategiese gebied 
vir wie die „Duitsch inhabitants” slegs ’n lastige kompli- 
serende faktor was, ’n groep met net so veel of net so min 
aanspraak op konsiderasie as die ander „natives”. Op sy 
manier het die Britse administrasie nogal heelwat vir hier- 
die ,,natives” gedoen, veral op die gebied van die onderwys. 
Dat hierdie goedhartigheid so min waardering gevind het, 
kon die amptenare en hulle volksgenote nooit kleinkry nie. 
Dit was, en bly vir hulle nasate, onbegryplik dat enigeen 
wat die kans kry om ’n Engelsman te word, die geleentheid 
nie met albei hande grjrp nie. Miskien was die kloof tussen 
die lewenspatrone van die Afrikaner en van die vroeg- 
negentiende eeuse Europeër al te groot om so maklik oor- 
brug te kon word. 


136 


Hoe groot die verwydering was, besef ons — twintigste 
eeuse Afrikaners — eers as ons in Lichtenstein se reis- 
beskrywing lees dat ’n Afrikaanse boerdery destyds gelyk 
het op ,,’n klein selfstandige en afgesonderde staat, die 
lede waarvan mekaar onderling bystaan en van mekaar 
afhanklik is. Uit die opbrings van die land en die vee- 
troppe moet al die . . . lede van die huishouding onderhou 
word . . . Daar is geen handwerk wat hier te pas kan kom, 
waarin nie die een of die ander van die slav/e bedrewe is 
nie.” Die Boer het veel van die middeleeuse landedelman 
en openbaar ,,’n koele bedaardheid” en ’n rustige gang wat 
deur diegene wat gewoon is aan die „rustelose werksaam- 
heid van die laer volksklasse in Europa” maklik vir luiheid 
aangesien word. Kaapstad self was nader aan Europa in 
gees, maar die algemene patroon van kalme v/aardigheid 
het ook hier bestaan tot ergernis van Barrow en ander 
„moderne” besoekers en amptenare wat so ’n houding by 
„natives” ongetwyfeld aanmatigend gevind het. 

Ook intellektueel het die Afrikaner destyds — en tot 
groot hoogte vir ’n verdere honderd jaar — in ’n ander 
wêreld gelewe. Die diepere geestelike roeringe van die 
agtiende eeu het hulle nouliks geraak, met die gevolg dat 
hulle intellektueel nog in die Hervormingstyd verkeer 
het. Van die Amerikaanse en Franse Rewolusies het hulle 
sekere politieke gedagtes geleer waarop hulle later sou 
voortbou, sonder dat hulle die kern van die twee bewegings 
behoorlik verstaan het. Die industriële rewolusie sou ons 
eers vanaf die tagtigerjare werklik begin affekteer en die 
groot geestelike verandering waardeur die Afrikaner weer 
in die stroom van die moderne Wes-Europese lewe ingelyf 
is, het maar eers in die afgelope twintig of dertig jaar 
plaasgevind. 

Die welslae waarmee ons in hierdie stroom vandag mee- 
beweeg, is miskien die mees afdoende bewys dat ons in 
murg en been Wes-Europeërs is. Dit is egter te hope dat 
ons sekere norme uit ons Protestants-„middeleeuse” verlede 
sal oorhou, want daardie norme is beslis nie almal afgeleef 
en uitgedien nie, maar bevat juis die stabiliserende krag 
wat die Wes-Europese mens in sy huidige koersloosheid 
nodig het. Van hierdie norme kan ons noem die eerbied 
vir „goeie ras” in die sin van afstamming uit ’n familie 
wat gepresteer het, die beklemtoning van persoonlike weer- 
baarheid op fisiese en geestelike gebied, en die besef van 

137 


verantwoordelikheid wat die besit van talente meebring. 
Dit is norme wat in die latere middeleeue gestel en na- 
gestreef is en wat vandag nodiger is as ooit tevore. 

Die Afrikaner mag in die twintigste eeu sy Wes-Europese 
wese nie verloën nie. Hy moet deur sy dade en denke 
eerder daarna streef om ’n beter Wes-Europeër te wees as 
die mense wat in sy stamlande agtergebly het. 

SOUL ERASMUS SMIT antwoord: Dit lyken of dr. 
Coetzee my nie goed begryp het nie, want ek praat tog 
duidelik en uitdruklik van uitgediende kultuurwaardes wat 
nie vernuwe is nie. Toe die Kaap gestig is, was daar in 
Wes-Europa baie sulke verouderde waardes en daar is van- 
dag nog baie daarvan. Waarvan die koloniste van destyds 
bevry was deur verhuising na die Kaap is o.m. die starre 
indeling van die maatskappy in klasse, met die meeste regte 
vir bepaalde groepe en niks vir die ander; die feodalisme 
wat bjw. aan die kasteelheer die reg van die eerste bruids- 
nag op elke vrou onder sy gesag gegee het en waardeur 
die waardigheid van die mens geskend is; en dan: het 
dr Coetzee al ooit gehoor hoe, tot in die sewentiende eeu, 
die lewenskrag van die kwynende stamhoof versterk is? 

Ek is self oortuig van die noodsaak dat ons al ons 
geestesbande met Wes-Europa sterk moet hou, en ek vrees 
geestelike isolering van ons soort net soos hy, en dit is 
goed dat ons hierdie dinge bespreek. Ek stel my egter nie 
onvoorwaardelik oop vir wat in Europa gebore is nie, 
want naas die Christendom het Europa ook die heksewaan 
en die inkwisisie opgelewer, en ek staan my so iets voor 
dat die here Engels en Marx van Europa is. As ek dus 
praat van geestelike selfstandigheid, dan bedoel dr. Coetzee 
en ek klaarblyklik verskillende dinge. In my artikel staan 
volstrek niks waaraan dr. Coetzee ’n beskuldiging van „wit- 
inboorling-teorie” kan vasknoop nie. Ek glo dat as ons 
geestelik die dag van die dinkwerk in ons stamlande 
afhanklik geword het, dan het die dag ook aangebreek 
dat ons geen bestaansreg meer het nie, want al is ons 
Europees van oorsprong, woon ons darem al drie eeue in 
hierdie land. Ons kan nie ’n kultuur vir Europa opbou nie, 
vir ons eie land wel. Maar daarby onthou ek die wyse raad : 
Neem uit die verlede wat goed is . . . 


138 


R. J. JANSEN VAN RENSBURG: 


Skrywer 


Die tyd se glasbak is vol goue vis. 

Dit tuimel daagliks flenters en hy wis 
dat hierdie reddingswerk sy roeping is. 


Die blinde man wat bedel op die hoek; 
die diklip melkjong wat sy hoerboel vloek 
moet hy verwoord tot beelde in ’n boek. 


Die hart en wêreld is vol dwase spot. 
Hy bieg: O Heer, U is my aardse lot; 
my pen se brandsiekwoorde is my god. 


Nuwejaarsrympie 

’n Driepunt ster: Geboorte, lewe, dood. 
Stadig roer weer ou bekende dinge: 

Kerslig, Bybel en ’n stukkie brood — 
langs die agterstoep staan twee seringe. 

Die volkies vier hartstogt’lik nuwejaar; 
een vry al ure met ’n blikkitaar. 

Gister met sy broers en susters hang 
in trossies weemoed aan die hoogste snaar. 

Die jaar se goue kuiken breek die dop 
en strooi sy flenters kwistig oor die werf. 
Voor die ploeg staan osse vasgestrop 
en herkou aan die dag wat stadig sterf. 


Koeplette 

Gebarste bordjies op ’n rak; 

’n weegskaal aan ’n spykerhak. 

’n Halfduimkersie in ’n blik; 

’n mot wat teen die ruite tik. 

Vaal assies in die kaggel rook; 
die ketel op die pompstoof kook. 

Die wind kru’" -^mr ’n sleutelgat, 
roer ou koer^ >or die rnat. 

Die nag is dun en vasgcplak: 
Desember op die almanak. 


Letterkundell 


139 


Vanjaar se jongste kind kom staan 
nou wydsbeen oor die sterrelaan. 

Die lewe beitel uur na uur 
sy boodskap teen die hart se muur. 

Teen middernag staan ek en jy 
van ouderdom en tyd bevry. 


Kamertjie 

’n Donker spons waar maanlig bleek oor plas 
’n ster wat kantel teen die dowwe glas. 

’n Skyfie wintermaan — ’n rooiwang seun 
wat skugter oor die vensterbank kom leun. 

’n Slaprug vlam dans oor ’n bottelkers, 
jaag spookpatrone oor ’n lapkombers. 

’n Broek hang sonder liggaam teen ’n muur; 
twee kolle agter waar die wêreld skuur. 

’n Knipmes op ’n kassie langs die bed; 

’n piering met ’n halwe sigaret. 

Twee fosforstrepies wat die hart laat krimp. 
horlosiewysers wat na oggend skimp. 

Maar slaap bly skugter vir ’n koue vel 
wat van die lyf se menslikheid vertel. 


Pygmalion se Gebed 

O A phrodite, hierdie hande — blind 
is hul van beitelgreep én bewend nou — 
het in hul onaantasbaarheid gevind 
dat hul die mag oor alle dinge hou. 

Die kuns van hierdie vingers is geëer 
deur selfs die jongste, maar die oog en lip 
en lede van Galathea is meer 
as teken van ’n liefde vir die klip. 

’n Vors en heerser was ek hier en het 
my bo die menigtes verhef. Nou wis 
ek ek is eenling: van my krag bly net 
’n onmag teen wat dood en lewe is. 

Laat loute deur die marmerlende stroom: 
die Liefde is die moeder van die droom. 

140 


Porselein 

Begryp }y al, ontnugterde klein maat? 

Nou hang die maan soos ’n verlepte hlom 
oor alles neer. Ons tuintjie het te laat 
ontdooi en winter het te vroeg gekom. 

Die goue vaas moes tog soms uitgehaal 
en hlink gevrywe word. Hoe anders sou 
dit dan die son se vlam kon vang en straal 
asof die lig ’n duisend jaar sal hou? 

Jou hart is toegeskulp teen al die pyn 
en in jou stilste uur moet jy hely: 

Die goue vaas was suiwer porselein, 
maar toe jy struikel, vvtí.v dit goedkoop klei. 

Sal ons die skerwe saam hier fyner trap 
of sommer in ’n donker hoekie krap? 


LetterkundelO 


141 


A. J. B. RAWLINS: 


Ontnugtering 

Hier is my hande, Heer, 
kliphard en tot die been 
vereeldt, 

en half vermink; 

Hoe moes ek weet 

dut net in een jaar uit vyf 

ek vet graan uit die aar sou vryf. 

Speelmaat 

My hart het soos ’n hakkopslang 
orent geruk, 

toe ’n rasperskurwe hyging uit sy rietskraal 
lyfie boor. 

Die dun swart hande het ek vasgeklou, 
want hoeveel maal het hulle my nie 
beskermend omvou, 

en terwyl hy sterf het uit my klein hart 
vir die eerste maal 
’n pleitgebed geval, 

want waar sou ek weer sulke hande kry 
om weglê Afrikaners uit die klei 
te brei. 

Bidders 

Met hul hoofde eerbiedig laag gehou 
en knieë teen die grond, 
hul hande voor die bors gevou, 
kniel hul, 
die volle kring, 
en so word elke duisternis 
vir hulle lig. 

Demas 

lewers in die ruwe rantjiesveld 
van jou gedagteland, 
het jy die spoor verloor; 
moedeloos, maar met ’n laaste snik 
het jy die Boodskap oor jou 
linkerskouer 
weggewerp; 

ylings koers gesoek, probeer ontsnap, 
want jy het geweet 
van die lang swart nag 
wat wag. 


142 


By die Jongeres 


(Hierdie rubriek is ingestel om jonger skrywers, van wie nog geen 
skeppingswerk gepubliseer is nie, aan te moedig om van hulle beste 
oorspronklike pogings aan die redaksie voor te lê vir keuring. Voor- 
nemende medewerkers moet hulle bydraes duidelik aandui as bedoel 
vir BY DIE JONGERES. Gedigrte, verhale en eenakters word graag 
vir oorweging ontvang. Die aantal insendings per persoon is nie 
beperk nie. Vir bydraes wat opgeneem word, word vergoed teen 
die gewone tarief.) 


D.A.T. 



Die vlug, die angs . . . 
Waarheen, o God, loaarlangs? 

HENDRIK PRINS: 


Gebed 


Elke dag saai 
ek die saad 
van my kiein daad, 
dan waai 

die westerwinde warm 

oor die teergroen plantjie van my handel 

en verskroei die arm 

eenvoud van my dankhaarheid. 



’n Spierwit duif 
sirkel sierlik voor die son 
die skadu skuif 
langer teen die muur 

Skemeraand streep 
soos altyd lang geleë 
bont teen elke hang 
die vee. 

Die waterlelies skyn weer 
wit in die wei 
Wilde-eende glip glad verhy 
’n vaalgrys veer 
wentel grond toe donsig lig 

Die kommandovoël koes 
skugter tussen klip en kluit 
’n tarentaal fluit 
skril deur die skemer. 


143 


In jou koue kamer 
kantel die dae een vir een 
en aan ’n ketting in die agterplaas 
’n aap wat hyna menslik ween. 



wens 


Ek wens ek kon met ’n enk’le haal 
van my fyngepunte kwas 
die maan vorm in ’n kaasgeel plas 
van helder kleur en warm lig. 

Ek wens dat ek die helder lied 
van kaffervinke skemers in die riet 
en die spreeu se skettersang 
op my ylgesnaarde harp kon vang. 

Ek wens dat ek met een arm 
woord, my hart kon uitruk 
om dit krampend warm 
voor U voete neer te werp. 



aarde 


Hierdie aarde brand 

met ’n hloedrooi vlam in my 

.soos aalweë teen die rant 

in hierdie wit wit somerdag 

O Heer maar U weet 

dat ek U vind 

in die stem van ’n tortel 

in die lied van die wind. 



móre 


Dof deur die loodskemer kraai die haan 
op watter weë het my hart vannag gegaan? 

Vanmóre breek die dag deur ’n blouswart hank 

wat het my geslaan dat ek gebreek js en halfpad mank 

In die grysreën tjank ’n jakkals teen ’n hos. 

Hoeveel het U woorde my vannag gekos? 

Vuilrooi stroompies teen die rant 
waarom het U my gehreek, gehrand? 


144 


Herinnerin^ 


Ek onthou 

dat die dag koel was 

dat die banke soos lae jonasklip 

hroeiend gewag het. 

En onthou die wit hings wat proes in die krip 
skel runnik en ruk aan die riem. 

Die lusern was verlep maar blou in die hlom 
en ek het gewonder wanneer kersfees weer kom 
gewonder oor die rante se pers 
en die hartseer in ’n enkele vers. 


MARLIAN KILIAN: 



iussen die bont gehoue van hierdie straat 
het ek hulpeloos, sugtend, verdwaal. 

My voetstap het eensaam geword in die laat 
uur van die middag toe die stad reeds kaal 
was en die straatgangers hul naggesigte 
soos maskers gedra het. En die doodse vaal 
van asfalt en beton was rooi in neonligte . . . 
Vanwáár, vanwáár af ken ek die verhaal? 

’n Doolhofspinnerak van stop en ry . . . 

Wat eens gebeur het, het my weer getref: 
honger o'é op die hoek: die ontsettende besef! 
Toe weet ek snikkend weer . . . dit is verhy. 
En moeg, oneindig moeg, het ek gegaan 
en sonder terug te kyk, die stad laat staan . . . 


M. J. PRINS: 



Kompartement 


Aan: Klaas. 

Hoe kan die ander ons vcrstaan 

wat in helder treine deur die nagte gaan 

en soms in waansinnige verlange na die duister 

’n vuishou deur die ruite slaan? 


145 


Winteraand 


Ons warm lig. 

Ons bloedrooi wyn. 
Ons blanke brood. 
Die helder pyn 
van sterre ver 
en vreeslik groot, 
die somber wete — 
by windgesug 
deur winterblare — 
van die dood. 


Liefdespel 


Met skulpies en met blinknat sand 
bou ons huisies, ek en jy, 
skulpies op ’n leë strand 
is al wat van ons huisies bly. 


Akrobaat 

Hy gil 


en val 
van eeu 
tot eeu. 

In elke oor 
weerkaats 
die skreeu. 


C. T. VERMAAK: 



As die skemerstille dae 

soos wilgers teen die reën, 
een vir een 

sy dowwe o'é verbygaan; 

Dan dwaal hy 

tussen drome en die werklikheid: 
soos bye tussen 
dooie blom en blare . . . 


146 


S t a cl 

’n Bondel oë 

versprei in swart, 
dis o'é wat knip 
en o'é wat wink 

Dis neonligte 

wat ’n hele stad 
se smart verherg. 


147 


Boekbespreking 


W. A. de Klerk: DIE SOEKEN- 
DE MENS, Nasionale Boek- 
handel, Kaapstad, 1960 prys 
15/6. 

’n Boek vir volwassenes ! 

Dit gebeur maar te maklik in 
die lewe dat ons vasval in ons eie 
waardes, en dat die lewe daar- 
deur verstol, goor word, en die 
ganse mensdom dan uitskreeu om 
vernuwing. 

Waardes? Wat is waardes — 
lewenswaardes, kultuurwaardes, 
menslike waardes ? Waarvandaan 
kom hulle? Hoe hou ons hulle in 
stand? Hier is ons by uitstek op 
die gebied van die gees, die aan- 
voeling van dinge wat menswaar- 
dig is. Dis dinge die wat ons nie 
kan bemaak aan ander as erf- 
goed nie; hulle is wel daar binne 
die kring van bepaalde kultuur- 
gemeenskappe, maar elke lid van 
die gemeenskap moet dit vir hom 
self verower, moet daarmee wor- 
stel, dit begryp en dit dan be- 
vrugtend inbou in sy gees. 

Maar geen mens kan ook hier- 
die waardes blywend verower nie, 
want so dat jy daarvolgens leef, 
vervaag dit in jou hande, en as 
lewenskrag verdwyn dit. Elke 
mens moet sy hele lewe lank 
daarom stry, moet dit van dag 
tot dag herower, moet dit nim- 
mereindigend toets aan homself, 
sy medemens, sy kultuur, sy 
godsdiens. Elke geslag moet op- 
nuut die stryd van vooraf aan- 
knoop om betekenis en die be- 
grip daarvan te verower. 

Dis dinge wat vervlugtig, soos 
die geur van blommie in die felle 
sonbestraling; om die geur te be- 
hou moet jy die blommetjie in 
jou binnekamers troetel en be- 
skerm en voed om die fynste 
daaruit te haal en om telkens 
weer te ontdek dat ook blomme 
verlep en vergaan met geur en 
al, en dat telkens nuwe blomme 
nodig is. 

So word die mens se geestesle- 
we een voortdurende stryd om die 
vernuwing en herowering van 
waardes, stryd teen ons eie na- 


tuur, stryd teen die stoflike din- 
ge van ons alledaagse bestaan. 

Só gesien word ons lewe 
’n lewe van eb en vloed, van vol- 
heid en leegheid, van begrip en 
onbegfrip, ’n bestaan wat hier op 
aarde alle vastigheid mis, alle 
uiteindelike beslissings opskort 
omdat daar geen finaliteit is nie. 
Só word ons lewens die ene vloei- 
ing waarin ons steeds te ver- 
geefs bly haak na die uiteindeli- 
ke rus — wat ons net maar in 
die dood kan bereik. 

Maar ons moet bly streef na 
vernuwing, want dit is lewe; die- 
gene wat die stryd staak en ver- 
stol, is reeds dood terwyl hulle 
nog lewe. 

Dit maak ons lewens iets 
werd; nie die versameling van 
stoflike besit nie, nie die verkry- 
ging van roem nie; nie die vesti- 
ging van ’n naam of reputasie 
maar net die stryd om vemu- 
wing — net die stryd self. 

In hierdie bundel, wat bestaan 
uit twee novelles, het Willem de 
Klerk besonke en met insig twee 
gevalle uitgebeeld waarin die le- 
wenshouding van die moder- 
ne mens vormvat só dat ons dit 
kan verstaan. Met hierdie twee 
verhale het die moderae mens 
volledig deurgebreek in ons pro- 
saletterkunde, die mens van die 
atoomeeu wat die ganse 
skepping voor sy voete sien oop- 
skeur en wat deur ondergang in 
die afgrond bedreig word. 

Die twee novelles is ’n groei- 
punt in ons letterkundige ont- 
wikkeling. 

A. J. C. 

Venter. F. A. ; GEKNELDE 

LAND (Tafelberg-Uitgewers 

Kaapstad, 1960.) 

Dit. is onteenseglik die beste 
historiese roman wat nog ooit in 
Afrikaans verskyn het. Piet Re- 
tief het êrens in sy bekende ma- 
nifes melding gemaak van die 
toentertydse Kaapkolonie as ’n 
„geknelde Land” — geknel was nie 
die land nie, maar die mense, dié 


148 


ménse, díe Afrikaners, die boere 
aan die Oosgrens. Oor daardie 
tydstip handel hierdie eerste 
deel van Venter se voorgenome 
trilogie oor die Groot Trek. 

Venter skryf dan ook veral oor 
die ménse in die eerste plek; hoe 
hy die destydse taalidioom en die 
stoflike kultuur en die omge\ving 
en die menstipes so heg aaneen 
vervleg het, daarin lê sy kuns. 
Maar veral in die mensbeelding, 
want iemand soos tant Poppie is 
lewend, vandag of gister of more. 
Ons het hier ook die tragies-he- 
roïese menslikheid wat dikwels 
in ’n heroïese tydperk na vore 
tree: Helgaardt Dreyer, patriar- 
gale grensboer, Rudolf Dreyer, 
nog ’n skitterende Venter-krag- 
figuur (soos Simon van Ciréne) 
en die heldhaftige vrou van Ru- 
dolf, nl. Hendriena. Ook die 
tipes: ou Julie, ou Miena en 
Arend, die vrygeworde slawe; 
Hodgson, die simpatieke setlaar; 
Die geslepe Greyvenstein; die 
kinders; die Xhosas; die ander 
grensboere; amptenare — dat 
Venter al hierdie mense so heel 
kunstig kón tipeer, getuig van ’n 
uiterste toewyding aan sy stof. 
Dit is asof almal help lig gooi 
op Rudolf, hom vir ons toon as die 
egte grensboer van dié veelbewoë 
tydperk. 

Die Xhosas val Grensplaas, 
waar die Dreyers woon, aan, hulle 
steek die huis aan die brand, 
steel die vee. Rudolf en sy gesin 
moet na hewige teenstand vlug; 
sy oudste seun sneuwel. Rudolf 
stuur sy gesin na veiligheid, maar 
verseg om self die plaas te 
verlaat: iets groters as hyself 
knel hom daar vas. Hy maak ’n 
straftog saam met die Engelse 
soldate mee, keer te voet en ge- 
daan terug plaas toe; een ou be- 
diende en sy mank seun keer ook 
terug, maar sy vrou, Hendriena 
wil ter wille van haar kroos nie 
terugkeer nie; hulle raak effens 
vervreemd van mekaar. Rudolf 
raak hierdeur verbitterd, dwars- 
koppig; hy beland in die tronk in 
Grahamstad; by sy terugkeer 
skiet hy ’n leeu om die vel aan 
die bevelvoerder van die fort te 


kan gee, volgens belofte, maar ’n 
leeuwyfie dood hom byna. Nou 
bring hierdie siekbed loutering 
en inkeer in die onstuimige ge- 
moed van hierdie koppige man. 
Sy gesin keer terug plaaa toe, en 
hy word geleidelik weer fris. Vir 
’n rukkie gaan dit selfs voorspoe- 
dig, Rudolf koop ’n wa, maak 
vee bymekaar. 

Op ’n goeie dag val die inboor- 
linge sy veewagter aan en steel 
sy vee wat hy glad nie kan terug- 
kry nie; die owerheid se hulpe- 
loosheid stem Rudolf al hoe 
halsstarriger. Intussen is daar 
gerugte van ’n noordwaartse 
trek in omloop. 

Pynlik groei die besef in Ru- 
dolf dat hy nie op Grensplaas sal 
kán aanbly nie. Hierdie gemoeds- 
wroeging in die hoofpersoon is 
m.i. op baie geslaagde wyse deur 
die outeur bemeester. Hierdie 
eerste deel eindig dan waar die 
Dreyer-gesin saam met sy by- 
woner, oom Elie en tant Poppie 
oor die Grootrivier trek om by die 
ander trekkers aan te sluit. 

Die heroïese in die lewens van 
hierdie mense is dat hulle uit die 
barre natuur kon ktiltuur skep, 
van woesteny ’n tuiste maak. 
Hierdie motief is een van die ver- 
naamste gedagtedrade in die 
werk, maar is nooit tot blote 
strekking verneder nie, dit gloei 
uit elke woord en daad van feit- 
lik elke karakter in GEKNELDE 
LAND. 

’n Tweede vername gedagte- 
draad in die werk — weer eens 
op heel beskeie wyse gedramati- 
seer — is die uitwerking wat die 
onsimpatieke owerheid op mense 
soos Rudolf Dreyer het. Dit laat 
hulle voel dat hulle nie vry is nie. 
(kyk p. 325). Geen chauvinisme 
of ideologie kan Rudolf tot trek 
dwing nie, maar wel hierdie ge- 
voel van yeknel te wees in sy 
daaglikse lewe! Hy was nie meer 
vry om te kan werk en om sy 
plaas op te bou nie, en hy kon 
eenvoudig as pionier en individu- 
alis nie lewe as geknelde mens in 
’n staat wat dwarsgesind jeens 
hom was nie. Nou sluit hy hom 
aan by ’n nog groter heroïese 


149 


daad, want as enkeling wat 
worstel om persoonlike bevry- 
ding, druk hy nou met 
skouer teen die wiel om te help 
om ’n hele groep mense wat soos 
hy voel en dink ook te help be- 
vry. Die kultuur wat hulle dag 
vir dag uitgekerf het, het nou 
gaan bots met dié van ’n ander- 
soortige groep; hulle het nie ver- 
swelging kon duld nie, daarom 
die daad van die Groot Trek tot 
stand gebring. 

Venter het sy taalgebruik by 
sy stof aangepas. Die dialoog is 
altyd dinamies en ’n plesier om 
te lees. Só praat Rudolf: ,,Hulle 
steel genoeg beeste om dik te 
vreet. Hulle is die Engelse gow- 
wermint se gomgatjies . . .’ ” 

Rudolf se wrewel word ewe ge- 
maklik afgewissel met die dood- 
goeie oom Elie se droë opmer- 
kings: „ ,As jy jou agterent vol 
assegaaie gegooi wil hê, kan jy 
maar hier bly; met hoenderkraai 
trek ek.’ ” (p.31) Dikwels is die 
sêgoed helder en tekenend, die- 
gene wat so smag na ,,boere-Af- 
rikaans” kan dit hier raakloop: 
,, ,Die lemiete raak leeg. Helder- 
fontein is dood, Daskloof het nie 
mense nie en op Spitskop sit 
spreeus op die hanebalke.’ ” 
(p. 295). Luister na ou aia Miena 
as haar ou Julie hartseer van die 
plaas trek: „ ,Kom, Julie, roep 
Miena, het jy nog nooit vir 
Grensplaas gesien nie?’” Talle 
komiese kleinbeeldjies lewe in 
die dialoog van die sprekers — 
Meester moes inderhaas jaag om 
by die Dreyers aan te sluit: „ ,My 
liggaam, heer Dreyer, is aan 
stukke. Ek is geradbraak, glo my 
vry.’ ” 

,, ,Meester is bliknêrs,’ sê Tho- 
mas padlangs. 

„ ,Maar Thomas!” sê Hendrie- 
na blosend. 

„ ,Jou taal, klein Thomas, is 
nie baie keurig nie,’ betig Mees- 
ter.’ ” (p.327). 

Die skrywer se taalkuns kom 
in talle fyn trekkies tot uiting: 
,,Sy lag en hy sien die fyn plooi- 
tjies om haar oë waar die jare 
haar op Grensplaas aangeraak 
het.” (p.ll) In die volgende insi- 


dentjie is Flip en Van der Kemp 
twee mak boerbokke : „ . . . en 
weldra is die geklingel van Flip 
en Van der Kemp se klokke net 
helder druppels geluid voor die 
die blêrende trop.” (p. 36). Die le- 
ser Kom op die volgende sin af: 
„Die wind stoot ’n slag sterker 
en alles blink en roer om hulle 
heen” (p.l9) En dan weer: „Die 
afstand sny hom kleiner en toe 
hy teen die skuinste opswaai, is 
hy ’n drywende blaar op die hit- 
tegolwing.” (p.21) Uit die daag- 
likse plaaslewe word so ’n sin 
gehaal: ,,Hy en Danster dra ’n 
spul lammers, en soekende ooie 
hou hul psalm vol. „Daar word in 
die volgende na die koms van die 
smous verwys: ,,Hy kom so seker 
soos die trekswael.” (p. 296). ’n 
Mens lees in hierdie boek van 
mense met genot in ’n taal wat 
plesier verskaf, en dit is die wese 
van prosakuns. 

Daar is naas die taalgebruik 
en die karakters ander dinge wat 
hierdie boek sy besondere waar- 
de as Afrikaanse roman gee: hu- 
mor (kyk bv. p.42), hartseer soos 
waar Rudolf vir Fanus begrawe 
(p.62)j vriendskap soos tussen 
Hodgson en Rudolf, Godsvertroue 
(p.63^, 313, 283), vreugde, blyd- 
skap, selfs haat en skurkagtig- 
heid, naas edelheid en karakter- 
vastheid. 

C. W. HUDSON. 

Toerien, Barend J. : GEDIGTE; 

Nasionale Boekhandel Bpk., 

Kaapstad, Bloemfontein, Jo- 

hannesburg, 1960; 60 bladsye; 

15/-. 

Barend J. Toerien het lank ge- 
wag voor hy sy eerste bundel die 
lig laat sien het. Nog steeds be- 
hou die sonnet „Matrose op 
Straat”, ná dit die eerste keer in 
die bloemlesing Stiebeuel (1946) 
verskyn het, as alleen-verteen- 
woordiger van Toerien se talent 
sy klein ligtende plekkie in die 
Groot Verseboek. Dié gedig was 
al die jare g’n onwaardige ge- 
loofsbrief nie — dit, en ander ge- 
digte, het ’n mens daaraan her- 
inner dat ’n geëkspatrieerde boe- 
reseun in die beton-oerwoud van 
New York verlang na sy land en 


150 


sy mense cn na wat hy noem „die 
lewe buitemuurs”. Latere gedig- 
te, in verskeie Afrikaanse tyd- 
skrifte, het ’n mens se indruk be- 
vestig dat ons hier met ’n wesen- 
like romantiese aard te doen het, 
iemand wat die lewe nostal- 
gfies sien, sy dit in beelde van ’n 
jeug of in beelde van volwassen- 
heid. 

Die nostalgie van banneling- 
skap en vervreemding gee ’n pa- 
tos aan menige vers in hierdie 
bundel, en klop ook warm, maar 
onder die oppervlakte, in juis dié 
gedigte waarin hy satiries of 
kwasi-verkleinerend oor sy eie 
mense skryf (soos in „Die 
Tante”, ,,Op die Plaas” en „Kul- 
tuuraand”). 

Die vormvermoë en woordver- 
fyning van die Dertigers het wei- 
nig neerslag by hierdie digter 
gelaat. Sy invloedsbronne lê el- 
ders — in Franse en Engelse li- 
riek, en hy sluit nou aan by A. G. 
Visser se skalksheid en guitig- 
heid en die buitenissige „aspres- 
geit” van Peter Blum. Daar is 
ook spore van Leipoldt; maar on- 
gelukkig was Uys Krige se Non- 
chalante woordkeuse nie ’n goeie 
model hie. 

Miskien moet ’n eerste bundel 
meer volgens potensialiteit as 
werklike realisering beoordeel 
word. Toerien se di^erlike stre- 
we is sterk maar weinig doelge- 
rig en sy skryfdrang is tegnies 
en psigologies nog ongedissipli- 
neerd. Gelukkig het sy intensie 
nie pretensie geword nie. Daar is 
’n skoolseunagtige ondeundheid 
en ’n goedige, alhoewel soms bit- 
tere spot wat die leser simpatiek 
stem. Die moontlikhede van sy 
taJent sien ons in ’n pragti- 
ge reël soos: 

„Alles wys nou winterwaarts, 
word droewer . . .,” wat skielik ’n 
andersins flou gedig (bl.50) soos 
met fosfor laat gloei. Daar is ’n 
hele paar gedigte wat feit- 
lik dwarsdeur goed is, soos 
„Herfs-lullaby” (30), „Septem- 
ber weer” (31), ,,Reg in die Voet- 
pad” (37) en „Liefde in ’n koue 
klimaat” (33), veral laasgenoem- 
de, waarin klankharmonieë ’d 


subtiele spel van klank en weer- 
klank tussen die reëls speel. Ek 
siteer die slotstrofes; 

,,Maar kry ek koud, word ek 
verys 

nou met die woud-ontbladering 

in hierdie strenge wit klimaat, 

soek ek by jou toenadering; 

Vrou, wees my warm breedte- 
graad, 

wees jy my somerse va- 
derland.” 

’n klein ironiese tafelreel soos 
„Die Digter en die Dancing Girl” 
in wrang van siniese bewussyn 
en vemuftig van konstruksie. 
,,Herfs in die Bosveld” is, behou- 
dens enkele lomphede, ’n gawe 
gedig met fyn klankespel en sub- 
tiele suggestie. 

Die afdelings Vierreëlig, Men- 
se en Diere vertoon die huidige 
moontlikhede en beperkinge van 
Toerien se talent. Alhoewel hy 
nog nie oor die tegniese vermoë 
beskik om ’n geslaagde kwatryn 
te skep nie, paar menige vers 
hier ’n lugtigheid met siniese ob- 
servasie — „copiëerlust des da- 
gelijkchen levens” in die beste 
sin van die woord. 

Jeug I is ’n fraai stukkie kin- 
derherinnering — jammer dat 
Jeug 11 feitlik net ’n parafrase 
van gedeeltes uit Van Wyk Louw 
se Beeïd van ’n Jeug: Duif en 
Perd geword het. Grond het iets 
van J. C. van Schagen se „Als ik 
nu doodga” maar kry ’n outono- 
me Suid-Afrikaanse toon en 
kleur. As die uiting soms hortend 
is, word dit vergoed deur die na- 
iewe, spontane gebruik van her- 
halings wat baie suggestief die 
onsekere mymertaal van ’n „emo- 
tion recollected in tranquility” 
weergee. 

Tog mis baie van die verse ’n 
kemagtige konsepsie; hulle is 
flitsindrukke wat op die rand van 
die onbenulligheid beweeg. So bv. 
red die vrolikheid en kontras van 
Puck die gedig nie van banaliteit 
nie. En dit geid nog meer vir ’n 
stukkie gevoellose prosa wat in 
Biografie as gedig wil deurgaan. 
Ander gediggies is eintlik niks 
meer as ’n doodgewone, kwasi- 
filosofiese opmerking oor ’n le- 


151 


wensverskynsel nie — sonder ’n 
evokatiewe woord of beeld om 
dit van volslae „puntloosheid” te 
red. Dit is jammer as die leser 
se reaksie op so baie verse een- 
voudig moet lui: „Wat daarvan?” 

Dit is opvallend dat hierdie 
digter se beperkte klankscala op 
die onopgesmukte, tooilose, „ge- 
wone” woord van die spreektaal 
berus. Hy is in die beste sin van 
die woord ’n kleinkunstenaar wat 
— behoudens ’n effens geforseer- 
de wysneusige gebaar hier en 
daar — ons steeds leer dat „auch 
kleine Dinge kbnnen teuer sein.” 

ERNST VAN HEERDEN. 

MAN SONDER HANDE deur 
Vincent van der Westhuizen 
(Afrikaanse Pers-Boekhandel.) 
Dit is die derde bundel verse 
wat deur Van der Westhuizen ge- 
publiseer is, en die tematiese 
strekking bly deurgaans min of 
meer dieselfde in sy ouevre: daar 
is liefdesverlangens, gedigte oor 
die lelike en skokkende in die 
grootstadslewe en die moderne 
mens se ennuni. 

Die uiting is in die ,,ouer” kon- 
vensionele tradisie in Afrikaans, 
en sluit geensins aan by die werk 
van jongeres soos Blum, Belcher 
en Ina Rousseau nie; Van der 
Westhuizen se werk is minder in- 
dividualisties, minder subjektief, 
omdat hy baie beelde en gestal- 
tes uit die samelewing haal en 
nie bieg oor persoonlike sur- 
realistiese indrukke nie. Dit gee 
aan sy styl dan ook ’n indruk van 
oud-modiese woordaanwending, 
vreemd aan die moderne digma- 
nier in Afrikaans. 

’n Styleienskap wat in hierdie 
bundel voorkom, is die gebruik 
van plattaal, van woorde en uit- 
drukkings wat bewus aangewend 
word om te ,,skok”, soos bv. 

Bokker hul. Bokker almal. 
(p.2) 

en: 

Die wêreld is lekker; 
die wêreld is reg. 

Wie die hel het gesê 
die wêreld is sleg ? 

Hierdie digter se eintlike aan- 
leg skyn meer epies as liries van 


aard te wees, vandaar sy aan- 
wending by voorkeur van dialoog 
om ’n dramatiese situasie uit te 
beeld; in die meeste gedigte in 
die bundel kom gemelde verskyn- 
sel voor. Daarby is die meeste ge- 
digte lank, en hou ’n situasie 
in wat as vertelling onthul word, 
en miskien dáárom is die paar 
sonnette te los en spanningloos 
om te bevredig. Dié „praatgedig- 
te” word die beste verteenwoor- 
dig in Wilmien, wat nugter, nie- 
digterlik verloop: 

,,Dame, verskoon, weet u mis- 
kien . . . 

My Here, maar jy’s mos Wil- 
mien! 

Wanneer het ek jou laas ge- 
sien, 

my jeugvriendin, witkop-Wil- 
mien!” 

Van der Westhuizen se styl- 
aard is realisties, sy ritmiek en 
die maatslag van sy versreëls ge- 
volglik te dikwels sonder poëtie- 
se spanning, te prosa-agtig, te 
slap om te bekoor. Kyk bv. na 
reëls soos: 

Daar was ’n ligte ongeluk op 
straat. 

en: 

Kom ons wals na die balkon toe 
en ons pluk die maskers af. 
Want wanneer sal ons paaie 
dalk weer kruis ? 

Want my hart wil nie meer 
wag nie 

en die uur van twaalf is ver 
en die ligte brand te helder in 
die huis. 

Sodanige reëls kon net sowel 
in ’n koerantberig verskyn het; 
hulle is sonder die magiese glans 
van die woordkuns; woordryke 
uitrafeling is op sigself nie vol- 
doende rede vir die publikasie 
van ’n bundel nie. Van der West- 
huizen het nog nie die kuns be- 
meester om die wonder uit die 
woord te lig nie. 

C. W. HUDSON. 

Jan Schutte: DIE DU PLOOYS 
VAN SOETMELKSVLEI, Ta- 
felberg-Uitgewers, Kaapstad, 
1960, prys 15/-. 


152 


By die beoordeling van ’n boek 
soos hierdie, waar die opspraak- 
wekkende radio-aanbieding daar- 
van nog duidelik in jou ore klink, 
verkeer mens enigsins in dieself- 
de toestand as destyds toe Mal- 
herbe se VERGEET NIE en Joc- 
hem van Bruggen se TELEUR- 
GESTEL so kort ná die oorlogs- 
gebeure waarvan hulle vertel, 
verskyn het. In sulke gevalle is 
mens geneig om wat geskryf 
staan te verwar met of aan te 
vul met ’n ander beeld, sodat jy 
gedurig voor vanggate te staan 
kom. 

Die heel eenvoudigste weg uit 
die moeilikheid is om te vra: Wat 
het die skepper van die verhaal 
beoog? Hoe het hy daarin ge- 
slaag ? 

Vir my is dit die verhaal van 
wat kan gebeur as ’n ouer, wat 
koppig is en deurdrywend, sy wil 
probeer afdwing op ’n kínd, wat 
ewe koppig weier om hom te laat 
geseg. Sodoende word 'n toestand 
van onversetlikheid geskep waar- 
in jy die mens op sy dwaasste en 
op sy kleinlikste te sien kry. 

Hierin het Schutte sonder twy- 
fel geslaag — in die radiovorm 
en ook in die gedrukte roman- 
vorm. Die strakheid van die ver- 
haal word op menslike wyse ge- 
temper deur die komiese van tant 
Heibie en ou Bartel — in die ra- 
diovorm oneindig veel meer as 
in die romanvorm. 

In die gedrukte vorm is dit op- 
vallend hoe weinig plek af- 
gestaan word aan bespiegelings 
en beskrywings. Trouens, by die 
uitsending werk sulke dinge 
remmend en vervelig. Vir die ra- 
dio moet daar gebeeld word d.m. 
V. die gesproke woord, die dialoog 
of gesprek. Omdat ook in die ro- 
manvorm haas net dialoog voor- 
kom, dra dit heelwat by tot die 
lewendige en opgewekte aard 
van die leesstof, die vlugge bewe- 
ging van die voorvalle. Daardeur 
by die geskrewe roman eintlik ’n 
bietjie aan diepgang. 

Daarteenoor staan dat die ro- 
man in sy gedrukte vorm ’n mens 
opnuut laat besef hoe verbasend 
veel bepeinsings en beskrywings 


die gang van ’n verhaal ver- 
traag en selfs belemmer — ’n as- 
pek waarop G. H. Franz reeds die 
lig laat val het met sy romans. 

Die beperkinge van die werk 
vloei seer sekerlik uit die om- 
standigheid van sy ontstaan as 
radio-vervolgstuk. Nietemin is 
dit goeie werk wat van har- 
te verwelkom word. 

A.J.C. 

WEEKLAAG VAN DIE WESE 
Lionel Sheldon. 

Die Afrikaanse Kleurlingdig- 
digters: S. V. Petersen, P. J. 
Philander, Adam Small en nou 
Lionel Sheldon het reeds ’n trot- 
se digterlike tradisie in ons let- 
terkunde gebring, met Philander 
moontlik aan die spits daarvan 
as spitsvondige taalkunstenaar. 

Ek het van Sheldon se Engel- 
se gedig in Standpunte (Nr.26; 
XIII, I, p. 62) gehou, en daardie 
indruk word deur WEEKLAAG 
VAN DIE WESE nie uitgewis 
nie. Sheldon het ’n belowende 
digterlike talent, en met meer 
geskoolde vormbou en bewuster 
woordaanwending kan hy tot ’n 
eie-stemmige, ’n sterker uiting 
gedy. In hierdie eerstelingbundel 
word die belofte daargestel, maar 
nog nie volbring nie. 

’n Samesnoerende motief in die 
digkuns van die Afrikaanse 
Kleurlingdigters wat hulle werk 
saamgroepeer, is juis die onder- 
werp wat dle hooftema van hier- 
die werk vorm; die gedagte dat 
die Kleurling ’n weeskind in die 
samelewing hier ten lamle is, dat 
hy as misdeelde pyn moet ver- 
duur wat ander nie ken nie, dat 
hy in ’n niemandsland ronddool 
waarin hy op frustrerende wyse 
gevange gehou word. Ons kom 
dit teë in Philander se gedig Die 
Sl<iaf, in Petersen se Bede, in 
Small se Ismael en in die afde- 
lings Volk en Land in Sheldon se 
bundel. 

Sheldon tob oor die aaklige in 
die lewenswyse van sommige van 
sy mense, hy sien die lelike in 
hulle omgewing: 

Smerige vodde dwarrel 

om ’n vcrmaarde skeeloog-rot 


153 


wat ylings skarrel 
deur ’n gleuf in die verlate 
krot . . . 

En dan weer beeld hy die kin- 
derlyding uit: 

Ons broodtrommel het leeg ge- 
bly . . . 

aanhoudend het jul baklei, 
mekaar gevloek . . . gesweer . . . 
só onverskillig my dieself- 
de geleer . . . 

Uit ’n donker hoekie het ek 
vreesbevange geloer 
waar my moeder bewusteloos 
lê en kreun op die vloer, 
totdat jou dronk gesnork ons 
huisie vul . . . 

Nêrens vind ons ’n pynliker 
prentjie van die hartseer van 
hierdie dinge as juis in bg. ge- 
dig Honger nie. Ook Rehabilita- 
sie druk leed en verdwasing uit: 
oor die gevolge van huwelikson- 
trou in dié geval. Verder is Shel- 
don die denker wat peins oor die 
morele lewe van sy mense, soos 
in Ouma Tempe. Wreed en skok- 
kend is die seksmisdaad wat in 
Ontvoerde Dogtertjie uitgebeeld 
word — ’n tema wat saamhang 
met die dogter se hele gedagte- 
sfeer, nl. die verwording en siels- 
verrotting die Kleurling se groot- 
ste vyand in die samelewing is. 
Soms gedy sy wanhoop tot op- 
stand soos in Swye en Oor Kruis 
en Stem. 

Vol hartseer is Begrafnis oor 
die dood van ’n geliefde „Baas 
Panie.” 

Die hartseer het ons plaasvol- 
kies getêre . . . 

Ons-goed . . . daár eenkant teen 
die wind 

in ’n gerfie hartseer saamge- 
bind. 

Speelse taalmusiek kom in 
Perdeberg se Langpad-Medisyne 
voor, waarin die stapritme van 
die liedjiesanger in die maat van 
die versreëls vloei: 

. . . die droë bokkom 
o, die droë bokkom 
jy dink vemiet jy’s slim 
maar jy is esel-dom . . . 
en ook in: 


. . . die hotnotsgod die bid 
o, die hotnotsgod die bid 
hoekom is die kombuismeidjie 
se kinners dan so wit . . . 

Onvolgroeid is die subjek- 
tiewer gedigte in die afdeling 
Self. Die beste gedig in hierdie 
kader is Hoela-Hoepel met sy ge- 
slaagde ritme-effek en die saam- 
gebondelde intellektuele inhoud 
wat in die laaste versreël lê : 

En om my moeë hart 
hoela gryse vreugde . . . gryser 
smart . . . 

Onder die religieuse gedig- 
te bevredig Kolwer met sy vol- 
gehoue simboliek die meeste; die 
kwartryne mis ’n hegte vormbou 
en is nie sonder rymdwang nie. 

Sheldon se debuutbundel is on- 
danks sy vormprobleme en die 
feit dat dit geensins die stem van 
’n sterk digter is nie, nogtans ’n 
werklike bydrae tot die digterli- 
ke segging in Afrikaans. Hier is 
nog geen poëtiese hoogspanning 
nie, ons tref selfs direkte, prosa- 
iese, ,,dowwe kiemselle” daarin 
aan, maar die genoemde positie- 
we eienskappe van Sheldon se 
taalaanleg ken aan Wee- 
klaag van die Wese ’n regmatige 
plek toe in die Afrikaanse dig- 
kuns. 

C. W. HUDSON. 

DRIE VERTALINGS. 

Dit is nog altyd so dat daar 
heeltemal te min boeke in Afri- 
kaans vertaal word, sowel as on- 
stelselmatig. Daarom is dit ver- 
blydend dat meteens drie uitste- 
kende vertalings onder ons lesers 
se aandag gebring kan word. 

Die belangrikste is sekerlik die 
oorlogsroman van Heinz G. 
Konsalik: Die SNYDOKTER 

VAN STALINGRAD (Uit Duits 
vertaal deur Leo van der West- 
huizen, Tafelberg-Uitgewers, 
Kaapstad, 1960, prys 18/-). Dis 
ongetwyfeld een van die kragtig- 
ste romans wat gebore is uit die 
ervarings van die tweede wê- 
reldoorlog, en dit beeld die ide- 
alisme uit van ’n Duitse arts wat 
as krygsgevangene in Rusland sy 
makkers in hulle hoogste nood 


154 


bystaan en vir hulle dien as laas- 
te anker teen vertwyfeling. Die 
lewe van ’n krygsgevangene uit 
’n volk wat die fout begaan het 
om die slag te verloor, word in 
al sy rouheid en onmenslikheid 
openbaar, en tog word die gren- 
se van die kiesheid nie oorskry 
nie. Met hierdie mooi verwerking 
in Afrikaans word ’n diens aan 
ons lesers bewys. 

Meer beskeie van omvang is 
die aangrypende sprokiesagtige 
verhaaltjie van Werner Bergen- 
gruen: DIE SPAANSE ROOS- 
BOOM (uit Duits vertaal deur 
Alba Bouwer, Tafelberg-Uitge- 
wers, Kaapstad, 1960 prys 9/6). 
Dit stof gaan oor ’n verloofde 
paar waarvan die jonkman op 
reis moet gaan om ’n verdien- 
ste. Hy wil aan sy verloofde die 
boodskap oordra dat liefde by af- 
wesigheid afhang van wedersyd- 
se trou en vertroeteling, en wel 
op so ’n manier dat hy nie sal 
aanstoot gee nie. Dan vertel hy 
aan haar die verhaal van die 
Spaanse Roosboom. Hier is nie die 
ruwe werklikheid nie, maar die 
romantiese atmosfeer van spro- 
kies — ’n sprokie vir volwasse- 
nes. 

Die derde is ’n vertaling deur 
Jan Rabie van die Franse verhaal 
van Paul-Jacques Bouzon: DIE 
WAAIER, wat in 1958 bekroon is 
met die Grand Prix van die Fran- 
se jeugsalon (Tafelberg-Uit- 
gewers, Kaapstad, 1960, prys 
12/6). Uiterlik is dit die verhaal 
van ’n Spaanse dogter wat ont- 
voer word, en wat uiteindelik aan 
haar moeder terug besorg word 
deur ’n arm seun se toewyding. 
Op die tweede vlak is dit die ver- 
haal van die nastrewe van ’n ide- 
aal, wat afloop met die dood as 
dit blyk dat die volle verwesen- 
liking van die ideaal maatskap- 
lik onmoontlik en onaanvaarbaar 
sou wees. 

Met hierdie drie vertalings het 
die uitgewers ’n besondere diens 
bewys aan die Afrikaanse lesers- 
publiek. 

S.E.S. 

P. H. Nortjé: DIE GROEN 

GHOEN, Tafelberg-Uitgewers, 


Kaapstad, 1960, prys 12/6. 
Dikwels word ’n mens in Af- 
rikaanse jeugboeke getrcf deur 
’n onvolkse walm wat jou uit die 
gedrukte blad bedwelm sodat jy 
onvermydelik ’n indruk behou 
van onwerklikheid. Sulke on- 
werklikhede vervaLs nie net die 
lewensbeeld van die jeugdige le- 
ser nie, maar die idealisme wat 
daarop moet stoel, wil net nie 
oortuigend tot jou deurdring nie. 

Daarom is dit dat ons met so- 
veel werklike genot melding 
maak van die jeugboeke van P. 
H. Nortjé. So pas het van hom 
verskyn DIE GROEN GHOEN, 
waarin vertel word hoe ’n gfroep 
seuns, onder die verst^uidige lei- 
ding van hulle onderwyser, 
’n arm maar begaafde medesko- 
lier bystaan om ’n hoërskool loop- 
baan te kan volg. 

Díe verhaal is iewers in ons 
land „gesitueer”; ons herken die 
Afrikaanse aarde, ons herken die 
Afrikaanse mense wat die ver- 
haal bevolk, ons beleef die sappi- 
ge taal en sêgoed as uit ons eie 
bodem. 

By dit alles beskik die skrywer 
oor ’n lewendige verhaaltrant, ’n 
sin vir die dramatiese en ’n ge- 
sonde idealisme wat nie anders 
kan as om bouend in te werk op 
die jeug van ons volk nie. 

Dit word sonder voorbehoud by 
ons lesers aanbeveel. 

S.E.S. 

Anthonie P. Roux: DIE VLAM- 
MENDE STAD, Tafelberg- 
Uitgewers, Kaapstad 1960, 
prys 12/6. 

Vir ons letterkunde is dit ’n 
verblydende teken dat daar ook 
belangstelling kom d.m.v. verta- 
lings en oorspronklike skeppings- 
werk vir die „buitelandse” langs 
die ..nasionale” stof. Naas die 
oorspronklike werk van Frans 
Venter en die vertaling van Kon- 
salik, die reisbeskrywings van 
Elize Joubert en talle ander, kry 
ons nou ’n roman van A. P. Roux 
met die geskiedenis van Kartage 
in DIE VLAMMENDE STAD. 
Die verhaal speel af in die laas- 
te bestaansjare van die Noord- 
Afrikaanse stad in die stryd om 


155 


leierskap van die wêreld wat des- 
tyds beslis is tussen Kartage en 
Rome. Ons betree ’n wêreld van 
innerlike verdeeldheid, van 
botsing tussen vaderlandsliefde 
en handelsdrif, eersug, intrige, 

Nuwe 

Audrey Blignault, Alba Bou- 
wer, Freda Linde, Elise Muller, 
M. E. R., Rykie van Reenen; DIE 
DAMMETJIE E. A. SKETSE EN 
ESSAYS, Tafelberg-uitgewers, 
Kaapstad 1960, prys 13/6. ’n In- 
teressante versameling ligte 
stukkies oor en uit die lewe, goed 
geskryf en vertel en lonend om 
op die rak te hê. 

Botha, D. P.: DIE OPKOMS 
VAN ONS DERDE STAND, Hu- 
man en Rousseau, Kaapstad, 1960 
prys 12/6. ’n Bespreking van die 
toekomsrol van die Kleurling in 
ons samelewing. Aktueel. 

Friedrich Durrenmatt : DIE 
BELOFTE, Requiem vir die 
speurverhaal. In Afrikaans ver- 
taal deur Peter Blum, Human en 
Rousseau, Kaapstad, 1960 prys 
12/6. ’n Interessante verwikke- 
ling op die gebied van die speur- 
verhaal, knap vertaal. 

Marcel Hoebeke, opnuut uitge- 
gee en ingelei deur: HET SPEL 


verraad, trou van vriende, onder- 
gang van ideale en krygsrumoer. 

Die verhaal is vlot geskryf, die 
hoofkarakters strak gebeeld — ’n 
historiese roman wat besonder 
leesbaar is. Joh. L. 

Boeke 

VAN DE V VROEDE ENDE 
VAN DE V DWAEZE MAEG- 
DEN, Zwolse drukken no.37,1959. 
Herdruk van die bekende Middel- 
nederlandse misteriespel uit die 
15e eeu. 

Elize Botha en A. P. Grové: 
N. P. VAN WYK LOUW, ’N 
KEUR UIT SY GEDIGTE, Na- 
sionale Boekhandel, Kaapstad, 
1960, prys 16/-. 

E. J. Potgieter: FLORENCE 
14 Mei — 1265 tot 1865, AAN 
Cd. BUSKEN-HUET. Uitgegee, 
ingelei en toegelig deur Dr. Ja- 
cob Smit. Zwolse drukken no. 
38,1960, prys f5.70. Herdruk van 
die digwerk van die bekende 
19de eeuse Nederlandse letter- 
kundige, wat betrekking het op 
die Dante-feeste in Florence. 

Jan Rabie: TWEE STRAND- 
LOPERS, Human en Rousseau, 
Kaapstad, 1960, prys 12/6. ’n Le- 
wendige seunsboek met die see 
as agtergrond. Bouende leesstof. 


ELATA 









/if'K 



r. 


,v' 



é^i*y 


M''í ■' ^.„ 







í 

ir 

r 

V 





Volledíge beskerming 
deur SANLAM: 

• AFTREEPENSiOEN 

• WEDUWEESPENSIOEN 

• GEREELDE INKOMSTE BY 
LIGGAAMLIKE ONGESKIKTHEID 

• OPERASIELENINGS (RENTEVRY!) 

• VOORSIENING VIR BOEDELBELASTING 

• STUDIEPOLiSSE 

• VERBANDSDEKKING 

• VENNOOTSKAPSDEKKING' 

• KONTANTBONUSSE 

• SIEKTEVERSEKERING 

(DEUR SANSOM, ONS FILIAAL) 


BESPREEK GERUS U BEHOEFTES MET U S A N L A M- VE RTE EN WOO R D I G E R. 
HY IS SPESIAAL OPGELEI I 


Versekering is 


VZ I9I3/P2»